{"id":54225,"date":"2024-08-04T07:50:33","date_gmt":"2024-08-04T05:50:33","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54225"},"modified":"2024-08-04T07:50:33","modified_gmt":"2024-08-04T05:50:33","slug":"skeidsregter-gaan-ons-te-lyf-rugbyspelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54225","title":{"rendered":"Skeidsregter gaan \u00f3ns te lyf &#8211; rugbyspelers"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54227\" aria-describedby=\"caption-attachment-54227\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54227\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Rassie-Erasmus-Paviljoen-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54227\" class=\"wp-caption-text\">Die Rassie Erasmus-paviljoen van die Ho\u00ebrskool Despatch. FOTO: Ho\u00ebrskool Despatch Facebook<\/figcaption><\/figure>\n<p>Twee rugbyspelers van die Ho\u00ebrskool Despatch het klagte by die polisie ingedien nadat hulle glo tydens \u2019n wedstryd deur \u2019n skeidsregter aangerand is.<\/p>\n<p>Die klagte volg kort op die hakke van \u2019n aantyging deur die Oostelike Provinsie-skeidsregtersvereniging vroe\u00ebr in die week dat die blaser, Mzo Sotyana\u00ad, deur Despatch se spelers aangeval is. Die skool ontken di\u00e9 bewering.<\/p>\n<p>Despatch se kaptein en flank, Louis Fourie (18), s\u00ea in sy polisieverklaring dat Sotyana gedreig het dat hy hom sal \u201cbliksem\u201d n\u00e1 die kragmeting met Muir College.<\/p>\n<p>\u201cOns was op die verdediging en een van my spanmaats het homself gereed gemaak vir \u2019n duikslag toe die skeidsregter tussen die aanvallende speler en my spanmaat inbeweeg het. Hy het sagkens met die skeidsregter gebots. Die skeidsregter was woedend en het hom voor die bors gegryp voordat hy hom rofweg weggestoot het.<\/p>\n<p>Fourie het die Oostelike Provinsie op die Akademie-week in Johannesburg verteenwoordig.<\/p>\n<p>Hy het verskeie aanbiedinge ontvang om sy rugbyloopbaan n\u00e1 skool voort te sit, maar vrees dat dit nou in die weegskaal is.<\/p>\n<p>\u201cEk het as kaptein dadelik na die skeidsregter gegaan en vir hom ges\u00ea dat dit ontoelaatbaar vir hom is om spelers rond te stamp. Ek het die skeidsregter op sy skouer getik om sy aandag te kry. Hy het omgedraai en my voor die bors gegryp en teruggestoot voordat hy my met sy vuis op die bors geslaan het. Dit was baie seer,\u201d lui Fourie se verklaring.<\/p>\n<p>Fourie se spanmaat wat 17 jaar oud is en wie se naam aan Rapport bekend is, beaam in sy verklaring Fourie se weergawe van gebeure.<\/p>\n<p>Elric van Vuuren, hoofafrigter van Despatch, het vir sy spelers in die bres getree.<\/p>\n<p>\u201cHoekom het die skeidsregter nie die wedstryd gestop na hy volgens hom deur die spelers aangerand is nie? Hy het nie eens \u2019n rooikaart aan enige van die twee spelers gegee nie,\u201d het die breier ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die OP-skeidsregtersvereniging het Dinsdag \u2019n sterk bewoorde brief aan al die skole in die unie gestuur waarin daar aangedui is dat hy nie skeidsregters vir enige skolewedstryde in die nabye toekoms sal voorsien nie.<\/p>\n<p>\u201cVerskeie voorvalle van skeidsregter-mishandeling, verbaal en fisies, is die afgelope maand aan ons gerapporteer, waarvan die mees onlangse oor die afgelope naweek gebeur het. Ons het dus geen ander keuse as om \u2019n beroep op die hoofde en beheerliggame van skole te doen om streng op te tree teen hierdie oortreders nie,\u201d lui die brief wat deur Fernando Uithaler, asook Dante Rademeyer, onderteken is.<\/p>\n<p>Uithaler is voorsitter van die OP-skeidsregtersvereniging, terwyl Rademeyer die bestuurder van skeidsregtersake is. Die besluit is egter n\u00e1 \u2018n vergadering by die Ho\u00ebrskool Framesby in die Baai herroep en skolewedstryde in die unie kon Saterdag voortgaan.<\/p>\n<p>Ondanks herhaalde pogings kon Rapport nie kommentaar by Uithaler of Rademeyer verkry nie.<\/p>\n<p>Tydens die vergadering by Framesby het skeidsregters, asook die onderskeie hoofde van skole in die unie, hul bekommernisse en ook moontlike oplossings gedeel.<\/p>\n<p>Daarna is besluit dat die skeidsregters wel gister in aksie sou wees en groot interskole-kragmetings tussen Grey High School en Selborne College, Marlow Landbou en Framesby, Nico Malan en Ho\u00ebrskool Punt kon onder andere plaasvind. Die Ho\u00ebrskool Despatch was ontsteld omdat die skeidsregters \u2019n brief uitgestuur het voordat \u2019n ondersoek na die voorval glo plaasgevind het.<\/p>\n<p>Sotyana was verlede jaar ook in \u2019n voorval in \u2019n klubwedstryd tussen Star of Hope en Joubertina United betrokke, waar hy na bewering deur spelers verbaal mishandel is.<\/p>\n<p>Sover vasgestel kon word, is daar geen beeldmateriaal van die Despatch-voorval beskikbaar nie. Muir College het die kragmeting by die Danie Gerber-sportterrein met 26-18 gewen. Sowel Gerber as Rassie Erasmus het hul eerste groot tree as rugbyhelde op di\u00e9 veld gegee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee rugbyspelers van die Ho\u00ebrskool Despatch het klagte by die polisie ingedien nadat hulle glo tydens \u2019n wedstryd deur \u2019n skeidsregter aangerand is. Die klagte volg kort op die hakke van \u2019n aantyging deur die Oostelike Provinsie-skeidsregtersvereniging vroe\u00ebr in die week dat die blaser, Mzo Sotyana\u00ad, deur Despatch se spelers aangeval is. Die skool ontken [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":54227,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54225","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54225","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54225"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54225\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54225"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54225"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54225"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}