{"id":54604,"date":"2024-08-09T12:24:32","date_gmt":"2024-08-09T10:24:32","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54604"},"modified":"2024-08-09T12:24:32","modified_gmt":"2024-08-09T10:24:32","slug":"arende-kan-hoogste-vlieg-na-laaste-groepswedstryde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54604","title":{"rendered":"Arende kan hoogste vlieg na laaste groepswedstryde"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54654\" aria-describedby=\"caption-attachment-54654\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54654\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/PSX_20240325_131023-400x434.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"434\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54654\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit voel byna soos &#8216;n heruitsending van die 2023 <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Volg al die Noordvaal Beker-aksie op <strong>Supersport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die enigste verskil is dat die rolle tussen <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> vanjaar omgeruil is. Hierdie keer is dit die Arende wat met die aanbreek van die laaste rondomtalie-wedstryde steeds onoorwonne in die afdeling is.<\/p>\n<p>Die Jansies sal oorgehaal wees om die bordjies op Berepark te verhang en sodoende die hoogste te vlieg na voltooiing van die groepswedstryde.<\/p>\n<p>Die Arende het by twee geleenthede in 2023 daarin gefaal om die Bere te klop en het met onderskeidelik 36-42 en 22-41, waarvan die laaste in die afdeling se eindstryd op die Garsies se tuisveld, vageval.<\/p>\n<p>Dit is iets wat vars in die geheue van ver\u00e1l vaskopstut en kaptein, <strong>Duwan Potgieter<\/strong>, wat op slot in die 2023 eindstryd uitgedraf het, en buitesenter, <strong>Juandre Jacobs<\/strong>, sal wees. Hulle is vanjaar ook twee van die Jansies se grootste uitblinkers, met Potgieter se aanvalslopies wat beslis &#8216;n onderwerp van bespreking tydens die Garsies se spanpraatjies sou wees.<\/p>\n<p>Oopkantflank, <strong>Zaide-Leigh Rippenaar<\/strong>, en slot, <strong>Gerhard van Aswegen<\/strong>, se energieke spel in die vastelos sou ook gesprek ontlok het. Van Aswegen, wat die afgelope paar weke op steelkantflank uitgedraf het, skuif terug slot toe, met n\u00f3g &#8216;n groot naam, <strong>Divan Francis<\/strong>, wat terugkeer aan die kant van die skrum.<\/p>\n<p>Die Bere, daarenteen, moet klaarkom sonder staatmakers, slot, <strong>James Schnetler<\/strong>, en linkervleuel, <strong>Junaide Stuart<\/strong>, wat die res van die seisoen misloop aangesien hulle gekies is om die SA o.18-spanne in die reeks teen Engeland, Frankryk, Ierland en Georgi\u00eb te verteenwoordig.<\/p>\n<p>Stuart word vervang deur <strong>Derrick Kuhn<\/strong>, wat reeds met sy vertoning in die sege van 54-40 oor Helpmekaar Kollege be\u00efndruk het. Schnetler se skoene word deur die bekwame <strong>Thinus Oosthuizen <\/strong>volgestaan.<\/p>\n<p>Die Jansies sou verder opgelet het dat heelagter, <strong>Handre Maree<\/strong>, se skopskoen &#8216;n taamlike bedreiging inhou, nadat hy teen Helpmekaar Kollege uitgeblink het vanaf die skopkegel.<\/p>\n<p>In Rustenburg wag daar &#8216;n liplekker-stryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>. Die Parkies sou vandeesweek oorgeloop het van selfvertroue, nadat hulle vir Ho\u00ebrskool Noordheuwel met &#8216;n uitstekende oorwinning van 26-19 uitgeskakel het.<\/p>\n<p>Dit het egter teen &#8216;n prys gekom en die Parkies moes vir die soveelste keer vanjaar veranderinge aanbring vanwe\u00eb beserings. Die woelige oopkantflank, <strong>Nathen du Plessis<\/strong>, se seisoen is verby nadat hy &#8216;n skouerbesering opgedoen het, terwyl <strong>JN van Wyk<\/strong>, die Pretorianers se steelkanflank, ook ter elfder ure moes onttrek weens griep.<\/p>\n<p><strong>Anwill Prins<\/strong>, wat gereeld op senter uitdraf, skuif na oopkantflank, met <strong>Mattheus Prinsloo<\/strong> wat van slot na steelkantflank skuif. <strong>Francois Cilliers<\/strong> vervang vir Prinsloo in die enjinkamer.<\/p>\n<p>Die Rusties, wat wonde lek nadat hulle onder Monument se Wit Bulle deurgeloop het, sal vinnig moet regruk indien hulle hul eerste seisoen in di\u00e9 afdeling op &#8216;n ho\u00eb noot wil afsluit. Die Rusties het deurgaans vanjaar be\u00efndruk en selfs &#8216;n paar groot honde op hul neus laat kyk.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Lorenzo Snyers<\/strong>, sal ver\u00e1l met &#8216;n valkoog dopgehou moet word, terwyl afrigter, <strong>Naas Olivier<\/strong>, voorlangs &#8216;n paar veranderinge aangebring het. <strong>Dirk Huisamen<\/strong> speel oopkantflank in die plek van <strong>Wickus Jacobs, <\/strong>terwyl Divan Welgemoed vir <strong>Erich Potgieter <\/strong>vervang op slot.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein t. EG Jansen om 14:00 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein:<\/strong> 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Derrick Kuhn, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Henre Prinsloo, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 Thinus Oosthuizen, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.<\/p>\n<p><strong>EG Jansen:<\/strong> 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naud\u00e9, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Ettienne Smit.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Menlopark om 12:30 in Rustenburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg:<\/strong> 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Berg, 13 John-Re Jefthas, 12 Awie Alberts, 11 Wesley van Loggerenberg, 10 Tiano Combrinck, 9 Adriano George, 8 Coenraad Koetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Rickus Grobelaar, 5 Pedrie Human, 4 Divan Welgemoed, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Benedetti.<\/p>\n<p><strong>Menlopark:<\/strong> 15 Reinhardt Herbst, 14 Gustav Schaffner, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Divan Nel, 10 Anru Kuhn, 9 Phillipus de Bruyn, 8 Rocco Myburg, 7 Mattheus Prinsloo, 6 Anwill Prins, 5 Xander Roets, 4 Francois Cilliers, 3 Ruwan van Aardt, 2 Zander van Staden, 1 Chrisjan Brits.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit voel byna soos &#8216;n heruitsending van die 2023 SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Volg al die Noordvaal Beker-aksie op Supersport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die enigste verskil is dat die rolle tussen Ho\u00ebrskool Garsfontein en Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen vanjaar omgeruil is. Hierdie keer is dit die Arende wat met die aanbreek van die laaste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54655,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54604","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54604\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}