{"id":54777,"date":"2024-08-10T19:26:10","date_gmt":"2024-08-10T17:26:10","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54777"},"modified":"2024-08-10T19:26:10","modified_gmt":"2024-08-10T17:26:10","slug":"oakdale-bobaas-in-die-paarl-waterkloof-kraai-koning-in-halfeind-kleed-repetisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54777","title":{"rendered":"Oakdale bobaas in die Paarl, Waterkloof kraai koning in halfeind kleed repetisie"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54780\" aria-describedby=\"caption-attachment-54780\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54780\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Happy-Makte-Waterkloof-rugby-400x309.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"309\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54780\" class=\"wp-caption-text\">HAPPY MAKATE (met bal), buitesenter van Waterkloof, hou Monument se losskakel, Hanno du Toit, op sy tone met een van sy vele dartel lopies.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nie eers die gure weer en sterk wind was genoeg om die Bulle van <strong>Oakdale Landbou<\/strong> in \u2018n modderige Agter-Paarl te stuit nie.<\/p>\n<p>Die span van Riversdal het die bordjies teen <strong>Boland Landbou<\/strong> met 21-13 verhang. Die besoekers kon in gierige weer die beste tot die omstandighede aanpas.<\/p>\n<p>Interresant is dat albei spanne, elk nou twee keer, as besoekers in die laaste vier kragmetings kon se\u00ebvier.<\/p>\n<p>Die wenspan se regtervleuel, <strong>Duraan Janse van Rensburg<\/strong>, het in die eerste minuut reeds sy span se rekening geopen. Ondanks \u2018n sterk wind agter die blaaie kon Boland Landbou slegs \u2018n voorsprong van 13-12 teen rustyd opbou.<\/p>\n<p><strong>Janse van Rensburg<\/strong> het sy skopvernuf, met vier suksesvolle strafdoele, ten toon gestel. Dit het die telbord in die tweede helfte aan die rol gehou.<\/p>\n<p>Oakdale se oopkantflank, <strong>Erick Steyn<\/strong>, is na die strawwe stryd, welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys.<\/p>\n<p>Steyn het behoorlik gewoeker in die vastelos. Die kantman het veral tuis gelyk by die afbreekpunte, wat deurslaggewend tydens die Kaapse wintersdag was.<\/p>\n<p>Die tuisspan se heelagter, <strong>Retagan van Rooi<\/strong>, was oudergewoonte een van die groot uitblinkers. Sy vermo\u00eb op die aanval, selfs in uitdagende toestande, het die besoekers se verdedigers deurgans laat kop krap.<\/p>\n<p>Sy skrumskakel, <strong>Jayden Brits<\/strong>, het hand bygesit met goeie diens en slim taktiese skopwerk om die Bulle keer op keer te laat omdraai.<\/p>\n<p>Die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker afdeling sal twee heruitsendings in die halfeindrondes beleef.<\/p>\n<p>Dit blyk of Berepark steeds <strong>EG Jansen<\/strong> se doolhof is. <strong>Garsfontein<\/strong> het soos die Bere van ouds gelyk om die Boksburgers hul eerste nederlaag van 39-15 in die afdeling toe te dien.<\/p>\n<p>Sy buitesenter, <strong>Ruan Enslin<\/strong>, en regtervleuel, <strong>Xian Erasmus<\/strong>, het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier om tot die Turkoois Bere se oorwinning by te dra. Die Garsies sal weer eerskomende Saterdag teen die Arende te staan kom.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof<\/strong> blyk of hy weer sy ritme herwin het. Die Blou Tornado het vir homself \u2018n tuishalfeindstryd, met \u2018n oorwinning van 53-45 oor <strong>Monument<\/strong> bespreek.<\/p>\n<p>Die bonuspuntsege op die Ras van Rooyen in Krugersdorp beteken dat hy die groepwedstryde as die voorste span in die Beker-afdeling, afsluit.<\/p>\n<p>Hy sal die einste Monnas Saterdag in die Jakarandastad verwelkom.<\/p>\n<p>Sy uitstaande senter <strong>Happy Makate<\/strong> sou met \u2018n glimlag na Pretoria terugkeer. Dit was immers hy wat die span van Krugersdorp, met sy vindingrykheid en individuele vaardighede, in die middelveld gelooi het.<\/p>\n<p>Tydens die grootste interskole in die Paarl het Klein Nederburg vir die eerste keer in vyf jaar daarin geslaag om New Orleans in die Faurestraat-stadion te klop. Klein Nederburg het met 5-0 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie eers die gure weer en sterk wind was genoeg om die Bulle van Oakdale Landbou in \u2018n modderige Agter-Paarl te stuit nie. Die span van Riversdal het die bordjies teen Boland Landbou met 21-13 verhang. Die besoekers kon in gierige weer die beste tot die omstandighede aanpas. Interresant is dat albei spanne, elk nou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54783,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54777","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54777","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54777"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54777\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54777"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54777"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54777"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}