{"id":54875,"date":"2024-08-12T18:36:40","date_gmt":"2024-08-12T16:36:40","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54875"},"modified":"2024-08-12T18:36:40","modified_gmt":"2024-08-12T16:36:40","slug":"secunda-looi-volkies-haal-weer-halfeind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54875","title":{"rendered":"Secunda looi Volkies, haal weer halfeind"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54910\" aria-describedby=\"caption-attachment-54910\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54910\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Skild-brerig-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54910\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Verskaf deur Die Anker se Facebook blad<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> het, met sewe drie\u00eb teenoor die enkele een van <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong>, doodseker gemaak dat hy na die halfeindrondes van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling deurdring.<\/p>\n<p>Herleef al die Noordvaal Skild-aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Secunda het terselftertyd &#8216;n duidelike waarskuwing gerig dat sy agterlyn fyn dopgehou sal moet word, aangesien die agterspelers ses van die sewe drie\u00eb teen die besoekende Volkies aangeteken het vir &#8216;n wegholoorwinning van 47-7.<\/p>\n<p>Hy is ook die enigste span in die Skild-afdeling wat vanjaar weer die uitspeelrondes kon haal en gaan vir die tweede keer in drie weke na Klerksdorp reis om sake met Ho\u00ebrskool Wesvalia uit te spook.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Ryan Erasmus<\/strong>, is ongetwyfeld &#8216;n man vir die groot oomblik en het die besoekers se verdediging dikwels oorhoeks gehad met sy skerp aanvalslyne en bedrieglike vaart. Erasmus en linkervleuel, <strong>Brink La Grange<\/strong>, het puik afgerond om elk twee drie\u00eb te druk.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> het &#8216;n suksesvolle tog na Limpopo beleef deur as oorwinnaar uit die stryd te tree teen sowel <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> as <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Liggies het Donderdagaand met &#8216;n telling van 36-10 afgereken met die Pieties. Heelagter, <strong>Oratie Sekoto<\/strong>, was die Liggies se dodelikste aanvalswapen en het twee keer agter die Pieterbsurgers se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Twee dae later, het hulle oorkant die berg ook vir Ben Vorster getroef met 20-13. Hierdie keer was dit oopkantflank, <strong>KG Legodi<\/strong>, se beurt om die kollig te steel met &#8216;n tweekuns van sy eie en sy onophoudelike gewoel in die los, terwyl vaskopstut,<strong> JJ Jonker<\/strong>, ook sy aanvallende spelpeil in die vastelos voortgesit het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> beklee steeds die eerste plek in die afdeling nadat hy sy onoorwonne behou het met &#8216;n sege van 29-26 oor <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> in Klerksdorp. Die besoekers het dit egter nie maklik gemaak vir hul gashere nie en daar sou &#8216;n hele paar seer lywe gewees het na die langnaweek. Albei spanne het in hul eerste jaar in die Skild-afdeling deurgedring na die halfeindrondes.<\/p>\n<p>Die Wessies se <strong>Franco Dumond<\/strong>, wat na die kant van die skrum geskuif het, het &#8216;n barshou gespeel en die span van Brakpan op hul tone gehou met sy fisieke aanslag voorlangs.\u00a0<strong>Xander Frasier<\/strong>, Die Anker se steelkantflank, het ook sy hand opgesteek en sy beperkte geleenthede aangegryp om &#8216;n tweekuns te behaal.<\/p>\n<p>Die Anker verskuif nou sy fokus na &#8216;n taai halfeindstryd teen Ho\u00ebrskool Lichtenburg, in Lichtenburg. Die Liggies is vanjaar n\u00f3g onoorwonne in hul agterplaas.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda 47 (20)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ryan Erasmus (2), Brink la Grange (2), Divan Mulder, Bismarck Jansen, Nathan Burham. Doelskoppe: Damian de Beer (3). Strafdoele: De Beer (2). <strong>Heidelberg Volkskool 7 (0)<\/strong> &#8211; Drie: Daniel Munro. Doelskop: Marco Botha.<\/p>\n<p><strong>Wesvalia 29 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Franco Dumond, Hanre Venter, Fafa Calitz, Justin Adams. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (3). Strafdoel: Van Heerden. <strong>Die Anker<\/strong> 26 (5) &#8211; Drie\u00eb: Xander Fraser (2), Jonathan Jordaan, Ruan Smith. Doelskoppe: Ruan Smith (3).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 20 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: KG Legodi (2), Willem van Niekerk. Doelksop: Luan Snyman. Strafdoel: Snyman. <strong>Ben Vorster 13 (8)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Nikelo Moyo, Raluano Ramano. Strafdoel: Tihandre Reyneke.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 36 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Oratile Sekoto (2), Tiaan Booysen, Rea Motsusi, JJ Jonker. Doelskoppe: Luan Snyman (4). Strafdoel: Snyman. <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 10 (3)<\/strong> &#8211; Drie: Hanno van Zyl. Doelskop: Vincent Luckhoff. Strafdoel: Luckhoff.<\/p>\n<p><strong>Jeugland 48<\/strong>. <strong>Hugenote (Springs) 33<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Hendrik Eybers, Henre Oosthuizen, Musa Mahlangu, Arne Marais, Strafdrie. Doelskoppe: Corne Pretorius (3).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Heidelberg Volkskool 40, Secunda 0; Ben Vorster 80, Lichtenburg 6; Hugenote (Springs) 22, Jeugland 15; Pietersburg 92, Lichtenburg 10; Wesvalia 37, Die Anker 7.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Heidelberg Volkskool 19, Secunda 0; Ben Vorster 31, Lichtenburg 13; Hugenote (Springs) 29, Jeugland 15; Pietersburg 54, Lichtenburg 3; Wesvalia 29, Die Anker 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Secunda 26, Heidelberg Volkskool 7; Ben Vorster 43, Lichtenburg 12; Jeugland 17, Hugenote (Springs) 7; Pietersburg 41, Lichtenburg 20; Wesvalia 61, Die Anker 5.<\/p>\n<p><strong>Halfeindstryde:<\/strong><\/p>\n<p>Wesvalia t. Ho\u00ebrskool Secunda in Klerksdorp<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Lichtenburg t. Die Anker in Lichtenburg<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Secunda het, met sewe drie\u00eb teenoor die enkele een van Heidelberg Volkskool, doodseker gemaak dat hy na die halfeindrondes van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling deurdring. Herleef al die Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Secunda het terselftertyd &#8216;n duidelike waarskuwing gerig dat sy agterlyn fyn dopgehou sal moet word, aangesien die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54910,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54875","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54875","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54875"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54875\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54875"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54875"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54875"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}