{"id":55203,"date":"2024-08-16T16:48:08","date_gmt":"2024-08-16T14:48:08","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55203"},"modified":"2024-08-16T16:48:08","modified_gmt":"2024-08-16T14:48:08","slug":"overkruin-het-een-laaste-berg-om-te-klim-in-die-sdc-noordvaal-cup","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55203","title":{"rendered":"Overkruin het een laaste berg om te klim in die SDC Noordvaal Cup"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_55205\" aria-describedby=\"caption-attachment-55205\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55205\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/WhatsApp-Image-2024-08-16-at-07.24.30-400x277.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"277\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-55205\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Overkruin<\/strong> het vanjaar reeds berge versit in Groep 2 van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong>. Die Ovies kom Saterdag in die eindstryd van di\u00e9 reeks teen <strong>Bergsig Akademie<\/strong> in Rustenburg voor sy laaste berg te staan.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria het die Noordvaal-reeks as die Blou Bulle se vyfde verteenwoordiger betree. Die span moes dus nie &#8216;n kans gestaan het om tot in die eindstryd te vorder nie.<\/p>\n<p>Bergsig Akademie het die reeks as die Ligbloues se tweede gekeurde span betree. Hoewel die Ovies vir Bergsig tydens die liga met 35-26 die loef afgesteek het. Dit blyk dat die span van die Jakarandastad net op die regte tyd van die seisoen hul ritme gevind het.<\/p>\n<p>Die Ovies het in sy eerste uitspeelwedstryd van die SDC Noordvaal Cup die Valke se kampioen, <strong>Ho\u00ebrskool Oosterlig<\/strong>, met 29-13 uitgeskakel. Daarna het hy ook die verdedigende kampioen van afdeling asook Blou Bul-kampioen, <strong>Midstream College<\/strong>, met 42-37 huis toe gestuur.<\/p>\n<p>Overkruin het sy plek in die eindstryd bespreek danksy &#8216;n naelskraapse sege van 30-29 oor die Puma-kampioen, die <strong>Ho\u00ebrskool Ermelo<\/strong>, op laasgenoemde se tuisveld in die halfeindronde van di\u00e9 reeks.<\/p>\n<p>Midstream College, Bergsig Akademie, HTS John Vorster en Wonderboom het die Noordvaal-reeks almal vanuit &#8216;n sterker posisie as Overkruin betree.<\/p>\n<p>Die span se kantman <strong>Okuhle Hini<\/strong> was uitmuntend met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb in die sege oor Ermelo. Hy sal teen Bergsig nog &#8216;n groot vertoning moet opdis. Die span se losskakel, <strong>Marnus Rademeyer<\/strong>, is &#8216;n staatmaker agterlangs wat die Ovies se gevaarlike agterlyn moet ontsluit.<\/p>\n<p>Bergsig se twee vleuels, <strong>Garreth Hofsta<\/strong> en <strong>Lundro Scheepers<\/strong>, is ook twee spelers wat daarvan hou om agter die doellyn te kuier. Daar sal dus &#8216;n goeie tweestryd tussen die twee en Overkruin se snellers, <strong>Waylon Oncke<\/strong> en <strong>Tao Fabri<\/strong>, wees.<\/p>\n<p>Overkruin het al die Noordvaal-reeks die trofee omhoog gehou op eerstespanvlak toe hy in 2005 as kampioen van die Beeldtrofee vir mediumskole gekroon is. Bergsig het verlede jaar in die eindstryd van Groep 2 die knie met 15-20 teen Midstream College gebuig.<\/p>\n<p>Ses spelers wat verlede jaar in die beginspan vir die gasheer was &#8211; <strong>Paulo dos Santos<\/strong> (skrumskakel), <strong>Juhandr\u00e9 Steyl<\/strong> (agtsteman), <strong>Bhongo Sakie<\/strong> (stut), <strong>MJ Pretorius<\/strong> (buitesenter), <strong>Dewald Potgieter<\/strong> (flank) en en <strong>Taffa Luyanda<\/strong> (slot) sal vanjaar weer teen Overkruin uitdraf.<\/p>\n<p>In die o.16-eindstryd sal die Ho\u00ebrskool Centurion teen Bergsig Akademie te staan kom. Die Woeries het verlede jaar die o.15-eindstryd met 25-23 teen die Ho\u00ebrskool Randburg koning gekraai.<\/p>\n<p>In vanjaar se o.15-eindstryd s\u00ea die Ho\u00ebrskool Ermelo en Leeuwenhof Akademie mekaar die stryd aan, terwyl die o.14-titel aan Lydenburg of Dinamika van Alberton sal behoort.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Bergsig Akademie:<\/strong> 15 Alzandro dos Santos, 14 Gareth Hofstra, 13 MJ Pretorius, 12 Dan Bogopane, 11 Lundro Scheepers, 10 Luan Duvenhage, 9 Paulo dos Santos, 8 Juhandr\u00e9 Steyl, 7 Dewald Potgieter, 6 Christian de Abreu, 5 Taffa Luyanda, 4 Caleb Kihoro 3 Bhongo Sakie, 2 Phillo Thomas, 1 Tjaard Bernard. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 PJ Muller, 17 Thabang Machubene, 18 Trenton Coleman, 19 TK Bagwase, 20 Renaldo Prinsloo, 21 Carlo de Jager, 22 Jacque du Plooy, 23 Marlow Mowers.<\/p>\n<p><strong>Overkruin:<\/strong> 15 Jiftal Langeveldt, 14 Waylon Oncke, 13 Leequine Fredricks, 12 Owam Freempong, 11 Tao Fabri, 10 Marnus Rademeyer, 9 Christon de Kooker, 8 Victory Akinwunmi, 7 Marco Smith, 6 Okuhle Hini, 5 Divan Mar\u00e9, 4 Musa Vukela, 3 Justin Kunz, 2 Barend Buys, 1 Jandr\u00e9 Pieters. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Phillip Jacobs, 17 Jason Skiepers, 18 Pedrie Kruger, 19 Tshoki Masuabi, 20 Dameon Seallie, 21 Koketso Zulu, 22 JJ Matlala, 23 KG Makubela.<\/p>\n<p><strong>Afskop:<\/strong> 13:00<br \/>\n<strong>Skeidsregter:<\/strong> Richard Schwulst (Goue Leeus)<\/p>\n<p><strong>Junior Eindstryde | Groep II\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16 &#8211; 11:30 &#8211;<\/strong> Centurion vs Bergsig Akademie | <strong>Skeidsregter:<\/strong> Imano Williams (Goue Leeus)<br \/>\n<strong>o.15 &#8211; 10:15 &#8211;<\/strong> Ermelo vs Leeuwenhof Akademie | <strong>Skeidsregter:<\/strong> Francois van Staden (Luiperds)<br \/>\n<strong>o.14 &#8211; 09:00 &#8211;<\/strong> Lydenburg vs Dinamika | <strong>Skeidsregter:<\/strong> Paul Schoeman (Luiperds)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Overkruin het vanjaar reeds berge versit in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup. Die Ovies kom Saterdag in die eindstryd van di\u00e9 reeks teen Bergsig Akademie in Rustenburg voor sy laaste berg te staan. Die span van Pretoria het die Noordvaal-reeks as die Blou Bulle se vyfde verteenwoordiger betree. Die span moes [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":55205,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55203","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55203"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55203\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/55205"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}