{"id":55343,"date":"2024-08-18T06:28:44","date_gmt":"2024-08-18T04:28:44","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55343"},"modified":"2024-08-18T06:28:44","modified_gmt":"2024-08-18T04:28:44","slug":"paul-roos-gee-grey-sy-grootste-loesing-nog-om-seisoen-onoorwonne-af-te-sluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55343","title":{"rendered":"Paul Roos gee Grey sy grootste loesing nog om seisoen onoorwonne af te sluit"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_55345\" aria-describedby=\"caption-attachment-55345\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55345\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/019H7420-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-55345\" class=\"wp-caption-text\">OLIVER REID, loskopstut en instaan-kaptein van Paul Roos Gimnasium, word hier platgetrek in sy span se geskiedkundige sege van 36-3 oor Grey-kollege in die Mark\u00f6tter-stadion in Stellenbosch. Paul Roos het met di\u00e9 sege boonop vir die eerste keer sedert 1991 sy seisoen onoorwonne afgesluit. FOTO: Charmaine Sander<\/figcaption><\/figure>\n<p>Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir Grey-kollege pimpel en maroen geslaan tydens die twee spanne se interskole-kragmeting in die Mark\u00f6tter-stadion in Stellenbosch.<\/p>\n<p>Die Maroen Masjien se sege van 36-3 is by v\u00eare die grootste nederlaag wat Grey nog ooit op die lyf geloop het. Boonop het Paul Roos met di\u00e9 sege vir die eerste keer sedert 1991 welverdiend daarin geslaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit.<\/p>\n<p>In 1991 het twee toekomstige Springbokke Justin Swart en Cobus Visagie vir Paul Roos uitgedraf.<\/p>\n<p>Soos enige roemryke sege is di\u00e9 grondslag hier ook voorlangs gel\u00ea. Dit was veral die slot Charl Holwill, flank Gert Kemp en haker, Altus Rabe, wat Grey se gal voorlangs gewerk het.<\/p>\n<p>Agterlangs het die binnesenter, Samuel Badenhorst, vir die besoekers hoofbrekens besorg. Vir Grey het die skrumskakel, Philip McLaren, asook die flank Julian Cosmo moedig probeer.<\/p>\n<p>Grey se vorige grootste nederlae was met 22 punte teen Affies (1996, 3-25) en Monument (1993, 12-34).<\/p>\n<p>Charlie Hofmeyer van Ceres het ook daarin geslaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit met \u2018n klinkende sege van 29-8 oor Robertson tydens hul jaarlikse interskole.<\/p>\n<p>Die Charlies se losskakel, Luan Giliomee, het boonop sy skool se rekord vir die meeste punte as eerstespanspeler in die kragmeting verbeter.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Waterkloof kon vir die eerste keer sedert 2011 daarin slaag om tot die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup deur te dring.<\/p>\n<p>Die Klofies het \u2018n naelskraapse sege van 35-34 teen Monument van Krugersdorp op sy tuisveld in Pretoria behaal om sy plek na 13 jaar weer in die eindstryd te bespreek.<\/p>\n<p>Monnas het amper na speeltyd reeds verstreke was Waterkloof se makietie bederf. Die span se regtervleuel, Ewan van der Walt, het gaan druk om die telling op 35-34 te bring. Die binnesenter, Hugo van der Merwe, kon egter nie met die doelskop slaag nie.<\/p>\n<p>Die ervare Jan Mollentze wat as hoofafrigter vir die Blou Tornado waargeneem het, was in 2011 ook die Klofies se afrigter toe hulle die kroon as kampioen van die Beeldtrofee gedra het.<\/p>\n<p>Die span se hoofafrigter, Cobus van Dyk, sal volgende week weer die leisels neem wanneer hy van die Suid-Afrikaanse o.18-span terugkeer.<\/p>\n<p>Die Klofies sal op sy tuisveld in die eindstryd teen sy aartsvyande, Ho\u00ebrskool Garsfontein, te staan kom. Die Garsie Bere het vir EG Jansen van Boksburg met 27-25 danksy \u2018n drie kort voor die einde deur die plaasvervanger-vleuel, Brooklyn Newman, gewen.<\/p>\n<p>Newman het die nasionale o.18A-span op skrumskakel vroe\u00ebr in die week verteenwoordig.<\/p>\n<p>Dit sal die eerste keer sedert 2006 wees dat albei skole in die eindstryd van Pretoria af is. Destyds was dit Affies se laaste jaar in die reeks toe hulle vir Waterkloof met 17-7 verslaan het.<\/p>\n<p>In die Kovsiestreekkompetisie se drie ligas sal die verdedigende kampioene \u2013 Welkom Gimnasium (Shimla), Wilgerivier (Irawa) en Hoopstad (Colt) almal \u2018n kans staan om hul titel te verdedig.<\/p>\n<p><em><strong>Vir meer omvattende verslae van die onderskeie kragmetings hou SuperSport Schools Plus dop.<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP <\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 | Halfeindstryde <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Waterkloof 35, Monument 34; Garsfontein 27, EG Jansen 25. <strong>Plaat:<\/strong> Transvalia 31, Ligbron Akademie 18; HTS Middelburg 22, Ho\u00ebrskool Middelburg 17. <strong>Skild:<\/strong> Wesvalia 33, Secunda 21; Lichtenburg 32, Die Anker 29. <strong>Bowl:<\/strong> Potchefstroom Gimnasium 50, Merensky 32; Eldoraigne 24, Potchefstroom Volkskool 23.<\/p>\n<p><strong>Groep 2-5 | Eindstryde<\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 2:<\/strong> Overkruin 28, Bergsig Akademie 27<\/p>\n<p><strong>Groep 3:<\/strong> Riebeeckrand 31, Linden 18.<\/p>\n<p><strong>Groep 4:<\/strong> Kanonkop 27, Carletonville 17.<\/p>\n<p><strong>Groep 5:<\/strong> Die Wilge 21, Morgenzon Landbou 19.<\/p>\n<p><strong>Groep 5B:<\/strong> Sannieshof 24, Christiana 21.<\/p>\n<p><strong>KOVSIESTREEKKOMPETISIE | HALFEINDSTRYDE <\/strong><\/p>\n<p><strong>Shimla-liga:<\/strong> Voortrekker (Bethlehem) 24, Landboudal 22; Welkom Gimnasium 44, Duineveld 21. <strong>Irawa-liga:<\/strong> Curro Kathu 36, Ficksburg 24; Wilgerivier 29, Hendrik Potgieter 21. <strong>Colt-liga:<\/strong> Hoopstad 55, Zastron 10; Vrede 27, Douglas 20.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium 36, Grey-kollege 3; Rondebosch Boys\u2019 High 22, Bishops 5; Wynberg Boys\u2019 High 9, SACS 7; Charlie Hofmeyr 29, Robertson 8; Stellenberg 15, Ho\u00ebrskool Durbanville 8; Outeniqua 11, HTS Drostdy 0; Milnerton 36, Melkbosstrand 7; Brackenfell 25, Tygerberg 14; Ho\u00ebrskool Bellville 31, DF Malan 18; Hugenote (Wellington) 17, Swartland 15; Labori 48, Parow 15.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir Grey-kollege pimpel en maroen geslaan tydens die twee spanne se interskole-kragmeting in die Mark\u00f6tter-stadion in Stellenbosch. Die Maroen Masjien se sege van 36-3 is by v\u00eare die grootste nederlaag wat Grey nog ooit op die lyf geloop het. Boonop het Paul Roos met di\u00e9 sege vir die eerste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":55345,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55343","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55343"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55343\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}