{"id":55615,"date":"2024-08-22T18:06:11","date_gmt":"2024-08-22T16:06:11","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55615"},"modified":"2024-08-22T18:06:11","modified_gmt":"2024-08-22T16:06:11","slug":"garsie-agttal-hoe-later-hoe-kwater","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55615","title":{"rendered":"Garsie-agttal: Hoe later, hoe kwater"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_55644\" aria-describedby=\"caption-attachment-55644\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55644\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/James-Schnetler-vs-Monnas-400x344.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"344\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-55644\" class=\"wp-caption-text\">JAMES SCHNETLER, slot van Garsfontein, op pad om te gaan druk teen Monument. FOTO: Marius Nortje<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar is \u2018n rede hoekom die verdedigende kampioen van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling weer in die eindstryd is.<\/p>\n<p>Beleef al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> \u2013 <strong>(<a href=\"http:\/\/www.supersportschools.com\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> se dieselenjin voorlangs is oorgehaal om vir die soveelste keer vanjaar die grondslag vir \u2018n sege te l\u00ea. Hierdie slag is dit in sy grootste stryd van die jaar, teen <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> in die eindstryd van die Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Dit is ver\u00e1l in die skrums, waar die Bere, onder leiding van vaskopstut, <strong>Luan van den Berg<\/strong>, hul stempel sal wil afdruk.<\/p>\n<p>Van den Berg, wat nog in Graad 11 is, het die Blou Bulle by vanjaar se Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig. \u2018n Kragtige vertoning in vanjaar se eindstryd kan beslis vir die SA o.18-skrumafrigter en Klofies se hoofbreier, <strong>Cobus van Dyk<\/strong>, oorreed om sy naam ook in die hoed te gooi vir volgende jaar.<\/p>\n<p>Die Bere is in hul laaste vier wedstryde onoorwonne, met di\u00e9 segetog wat verseker het dat hulle in &#8216;n derde agtereenvolgende eindstryd verskyn en die kans staan om hul 2023-titel te verdedig.<\/p>\n<p>Daarenteen is dit die Klofies se eerste eindstryd in 13 jaar. Hulle het in die eindstryd van 2011 met \u2018n telling van 41-21 teen Ho\u00ebrskool Florida as oorwinnaars uit die stryd getree. Dit word allerwe\u00eb beskou as die Klofies se droomspan en het verskeie groot name, onder andere Springbok-senter, Rohan Janse van Rensburg, opgelewer.<\/p>\n<p>In die eerste ontmoeting tussen die twee spanne vroe\u00ebr vanjaar was dit die Blou Tornado wat, na \u2018n puik vertoning in die eerste helfte, daarin geslaag het om met 47-36 koning te kraai.<\/p>\n<p>\u201cOns weet wat om te verwag en ons weet hoe Garsfontein die spel benader. Ons sien uit om hulle vir \u2018n tweede keer vanjaar op ons tuisveld te verwelkom,\u201d het Van Dyk ges\u00ea.<\/p>\n<p>Waterkloof kom hierdie keer egter teen \u2018n Berespan te staan wat taamlik anders daar uitsien. <strong>Junade Passensie<\/strong>, wat in die vorige kragmeting op heelagter uitgedraf het, het sedertdien na losskakel geskuif, waar hy \u2018n reuse verskil gemaak het.<\/p>\n<p>Die Bere se kaptein, <strong>Luann Olivier<\/strong>, het van oopkantflank na senter geskuif, waar hy ook dikwels hoofbrekens besorg vir teenstanders met sy bedrieglike lopies, terwyl die gevaarlike duo bestaande uit <strong>Junaide Stuart<\/strong> en <strong>Brooklyn Newman<\/strong> ook hul terugkeer tot die beginspan maak.<\/p>\n<p>Voorlangs behoort die SA o.18-slot, <strong>James Schnetler<\/strong>, vir die Bere se pak verder te versterk, nadat hy die laaste paar kragmetings weens harsingskudding moes misloop.<\/p>\n<p>Dit maak inderdaad die stryd voorlangs meer interessant. Die Klofie-pak het verlede week ietwat lusteloos voorgekom in die sege oor Ho\u00ebrskool Monument (35-34) en sal hierdie week teen die Bere op alle silinders moet vuur.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Ruan Jacobs<\/strong>, en oopkantflank, <strong>Divan Botha<\/strong>, het uitgeblink teen die Wit Bulle en sal die dosis wil herhaal, met <strong>Stephan de Beer<\/strong>, wat verlede naweek teruggekeer het op slot, kort op hul hakke.<\/p>\n<p>Skrumskakel, <strong>Migael Prinsloo<\/strong>, was uitstaande\u00a0 as speler van die wedstryd in die halfeindstryd en sal met &#8216;n valkoog dopgehou moet word, terwyl die senterpaar van <strong>Happy Makate<\/strong> en\u00a0<strong>Riwan van Aswegen <\/strong>(kaptein) vir vuurwerke kan sorg in hul laaste uitstappie vir die Klofies.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Ronan Bastiaanse<\/strong>, is die top-puntemaker in vanjaar se kompetisie en sal oudergewoonte met elke geleentheid wat hy kry die telbord laat aanrol. Bastiaanse het reeds 124 punte vanjaar aangeteken.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof t. Ho\u00ebrskool Garsfontein om 12:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof:<\/strong> 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dylan Botha, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein :<\/strong> 15 Handre Maree, 14 Brooklyn Newman, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Hanru van Rooyen (Blou Bulle)<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16<\/strong><\/p>\n<p><strong>11:00<\/strong> &#8211; Noordheuwel t. Helpmekaar<\/p>\n<p><strong>o.15<\/strong><\/p>\n<p><strong>09:30<\/strong> &#8211; Noordheuwel t. Monument<\/p>\n<p><strong>o.14 <\/strong><\/p>\n<p><strong>08:00<\/strong> &#8211; Monument t. Rustenburg<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n rede hoekom die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling weer in die eindstryd is. Beleef al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools \u2013 (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Garsfontein se dieselenjin voorlangs is oorgehaal om vir die soveelste keer vanjaar die grondslag vir \u2018n sege te l\u00ea. Hierdie slag is dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":55644,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55615","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55615","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55615"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55615\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55615"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55615"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55615"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}