{"id":55623,"date":"2024-08-22T16:29:33","date_gmt":"2024-08-22T14:29:33","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55623"},"modified":"2024-08-22T16:29:33","modified_gmt":"2024-08-22T14:29:33","slug":"derde-keer-skeepsreg-vir-valia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55623","title":{"rendered":"Derde keer skeepsreg vir Valia?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53164\" aria-describedby=\"caption-attachment-53164\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-53164 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Transvalia-vs-Eldoraigne-Frans-Lombard-400x492.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"492\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53164\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Saterdag se eindstryd in die <strong>SDC Noordvaal Cup <\/strong>se Plaat-afdeling bied vir <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> hul derde en ook belangrikste geleentheid om die Rooi Bulle vanjaar te probeer troef.<\/p>\n<p>Beleef al die Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die Plaat-afdeling sal Saterdagmiddag &#8216;n nuwe kampioen kroon na afloop van die stryd wat wag tussen Valia en <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong>.<\/p>\n<p>Die span van Vanderbijlpark het reeds twee keer vanjaar, met 19-20 en 24-49, sy rieme teen die Rooi Bulle styfgeloop.<\/p>\n<p>Dit is die eerste keer, sedert die ontstaan van die Plaat-afdeling in 2018, dat hierdie twee spanne in die eindstryd verskyn.<\/p>\n<p>Die Ligbloues het laas &#8216;n Noordvaal-titel verower in 2013 toe hulle vir Ho\u00ebrskool Ermelo in die destydse grootskole-liga van die Beeldtrofee met 16-12 verslaan het.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle moes aansienlik langer wag met hul laaste titel wat sover terug strek as 1991, toe hulle vir Ho\u00ebrskool Menlopark in die Direkteurstrofee-eindstryd met 18-10 geklop het. Hulle het wel vier jaar later die titel gedeel met &#8216;n gelykopuitslag van 24-24 teen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool.<\/p>\n<p>&#8220;Alles wat tot op hede gebeur het is irrelevant,&#8221; het <strong>AJ le Roux<\/strong>, Valia se hoofafrigter ges\u00ea. &#8220;Ons sien uit daarna om vir een laaste keer in ons Ligblou alles op die veld te los.<\/p>\n<p>&#8220;Vir ons om &#8216;n eindstryd te kan aanbied is fantasties vir die gemeenskap en dit gee die jong seuns van die omgewing die geleentheid om groot te droom.&#8221;<\/p>\n<p>Valia het deur die loop van die seisoen gewys dat hy &#8216;n uiters moeilike span is om tuis te klop en die ervare losskakel, <strong>Dylan Steyman<\/strong>, het &#8216;n groot aandeel hieraan gehad.<\/p>\n<p>Nie alleen het hy vir besoekers met die stewel gelooi nie, maar hy beskik oor uitstekende visie om sy agterlyn op die voorvoet te plaas. Dit bied aan die Cravenweek-senterpaar, <strong>Brandonlee Smit<\/strong> en <strong>Tshepo Molakeng<\/strong>, die geleentheid om amok agterlangs te saai.<\/p>\n<p>Voorlangs kan die skare in Vanderbijl uitsien na &#8216;n enorme tweestryd tussen Valia se <strong>Daniel Kazambu<\/strong> en die Rooi Bulle se <strong>Sam Ndwandwe<\/strong>. Kazambu, wat in die latere stadium van die seisoen na slot geskuif het, se fisieke spel is een van die Ligbloues se grootste wapens, terwyl Ndwandwe, een van die onbesonge helde in die Rooi Bul-span, se ho\u00eb werkverrigting vir oulaas hoog op prys gestel sal word.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle moet egter sonder hul grootste staatmaker in die agterhoede, senter, <strong>Johnny dos Santos<\/strong>, klaarkom. Dos Santos se leemte word wel gevul met die terugkeer van <strong>Luhan Graaff<\/strong>, wat &#8216;n groot gedeelte van die seisoen weens beserings misgeloop het en oorgehaal sal wees om sy stempel in die eindstryd af te druk.<\/p>\n<p>Skrumskakel, <strong>Reece Botha<\/strong>, vervang vir <strong>Theunis Anthony<\/strong>, wat in verlede week se halfeindstryd in die nr. 9-trui diens gedoen het, terwyl die Middelburgers se flank en kaptein, <strong>Toy Engelbrecht<\/strong>, weer &#8216;n handvol behoort te wees.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Transvalia t. Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg om 12:15 in Vanderbijlpark<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia:<\/strong> 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stolz, 7 JP Fourie, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Daniel Kazambu, 3 Ferreire Bekker, 2 Jayden McPearson, 1 Timothy Matthews.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg:<\/strong> 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Luhan Graaff, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Eathan Kock, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Francois van Staden (Luiperds)<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16<\/strong><\/p>\n<p><strong>11:00<\/strong> &#8211; Ho\u00ebrskool Kempton Park t. Zwartkop<\/p>\n<p><strong>o.15<\/strong><\/p>\n<p><strong>09:20<\/strong> &#8211; Transvalia t. Ho\u00ebrskool Middelburg<\/p>\n<p><strong>o.14<\/strong><\/p>\n<p><strong>08:00<\/strong> &#8211; Transvalia t. Oos-Moot<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdag se eindstryd in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling bied vir Ho\u00ebrskool Transvalia hul derde en ook belangrikste geleentheid om die Rooi Bulle vanjaar te probeer troef. Beleef al die Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Plaat-afdeling sal Saterdagmiddag &#8216;n nuwe kampioen kroon na afloop van die stryd wat wag tussen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53164,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55623","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55623","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55623"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55623\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55623"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55623"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55623"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}