{"id":55788,"date":"2024-08-25T14:36:23","date_gmt":"2024-08-25T12:36:23","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55788"},"modified":"2024-08-25T14:36:23","modified_gmt":"2024-08-25T12:36:23","slug":"venter-wesvalia-herskryf-noordvaal-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55788","title":{"rendered":"Venter, Wesvalia herskryf Noordvaal-geskiedenis"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_55802\" aria-describedby=\"caption-attachment-55802\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-55802 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Wesvalia-final-400x265.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-55802\" class=\"wp-caption-text\">HANR\u00c9 VENTER, agsteman en kaptein van Wesvalia, lei sy span op die veld vir die eindstryd in die Noordvaal se Skild-afdeling teen Lichtenburg. FOTO: Verskaf deur Wesvalia se Facbook-blad.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit is ongetwyfeld &#8216;n dag waarvan <strong>Hanr\u00e9 Venter<\/strong> en sy Wesvalia-spanmaats hul kleinkinders eendag sal vertel.<\/p>\n<p>Herleef al die Noordvaal Skild-aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/ValiavsLiggies2024\">(www.supersportschools.com)<\/a><\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> het die Noordvaal se rekordboeke Saterdagmiddag in Klerksdorp herskryf.<\/p>\n<p>Die Wessies het vir oulaas uitmuntende verdediging tentoongestel om vir <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> in die eindstryd van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling met 23-21 te troef en hul Noordvaal-seisoen onoorwonne af te sluit.<\/p>\n<p>Daarmee het hulle ook hul eerste Noordvaal-titel verower.<\/p>\n<p>Wesvalia se agsteman en kaptein, <strong>Hanr\u00e9 Venter<\/strong>, was soos regdeur die seisoen aan die spits van sy span se sukses. Hy het gereeld waardevolle meters met sy sterk lopies gemaak, terwyl sy vermo\u00eb om die bal in kontak af te laai ook heelwat hoofbrekens vir die besoekers van Lichtenburg besorg het.<\/p>\n<p>Die ander uitblinker van die 2024, heelagter, <strong>Rickardt van Heerden<\/strong>, was ook weer op sy stukke, met di\u00e9 oorwinning wat grotendeels aan sy skopskoen toegeskryf kon word. Van Heerden het met drie strafdoele en twee doelskoppe geslaag.<\/p>\n<p>Vir die besoekers was dit &#8216;n bittersoet einde aan &#8216;n merkwaardige seisoen. Die span van Lichtenburg het hul seisoen op tuisbodem onoorwonne afgesluit en was ongetwyfeld &#8216;n waardige teenstander in die eindstryd.<\/p>\n<p>Agsteman, <strong>Abrie Coetzee<\/strong>, het sy laaste Liggie-stryd op &#8216;n ho\u00eb noot afgesluit en op sowel die aanval as verdediging &#8216;n barshou gespeel. Haker, <strong>Juan van Rhyn<\/strong>, was, nes Coetzee, oral op die veld te sien en die twee Liggie-staatmakers is elkeen met &#8216;n drie beloon.<\/p>\n<p>Die Wessies is ook as kampioen van die o.14-liga gekroon. &#8216;n Tweekuns deur <strong>Francois Cilliers<\/strong> en akkurate korrelwerk na die pale deur <strong>Zachery Janse van Rensburg<\/strong> het gesorg dat die span van Klerksdorp met 17-12 oor <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> kon se\u00ebvier.<\/p>\n<p>In die o.15-eindstryd was dit egter die beurt van die Tzaneeners om koning te kraai. Twee drie\u00eb deur Dejuan du Plessis en vyf uit vyf suksesvolle pogings pale toe deur <strong>Cohen Van Vuuren<\/strong> het vir die Tzaneeners in staat gestel om vir Wesvalia met 36-22 die loef af te steek.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n spesiale dag vir <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> se o.16-span wat in &#8216;n taai stryd teen <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> met 17-14 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Dit was die Volkies se derde Noordvaal-titel in soveel jaar, asook hul 28ste agtereenvolgende sege in die kompetisie.<\/p>\n<p>Terselftertyd was dit &#8216;n spesiale dag vir die Munro-gesin. <strong>Tristan<\/strong> en <strong>Tyrone Munro<\/strong>, een van twee stelle tweelinge in die Munro-huis het gedeel in die o.16&#8217;s se glorie, terwyl hul ouer tweeling broers, <strong>Joshua<\/strong> en <strong>Daniel Munro<\/strong>, vroe\u00ebr vanjaar van die Volkies se groot uitblinkers in die eerstespan was.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 23 (6)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Junior Kuhn, Philip Janse van Rensburg. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (2). Strafdoele: Van Heerden (3). <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 21 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Juan van Rhyn, Abrie Coetzee. Doelskop: Luan Snyman. Strafdoele: Snyman (3).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16<\/strong><\/p>\n<p><strong>Heidelberg Volkskool 17 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Vaughn Steynvaart, Albie Botha. Doelskoppe: Tristan Munro (2). Strafdoel: Munro. <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 14 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ziahn Lombaard, Ryno Mienie. Doelskop: Mienie.<\/p>\n<p><strong>o.15<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ben Vorster 36 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dejuan du Plessis (2), Risuna Mngoni, Kian Lotter. Doelskoppe: Cohen van Vuuren (4). Strafdoel: Van Vuuren. <strong>Wesvalia 22 (8)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Zander Lidell, Brand Muller, Jaco Combrinck. Doelskoppe: Michael Kinnear (2). Strafdoel: Kinnear.<\/p>\n<p><strong>o.14<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 17 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Francois de Villiers (2). Doelskoppe: Zachery Janse van Rensburg (2). Strafdoel: Janse van Rensburg. <strong>Ben Vorster 12 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Luthando Gumbo, Nkteko Mngoni. Doelskop: Delarey van der Linde.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is ongetwyfeld &#8216;n dag waarvan Hanr\u00e9 Venter en sy Wesvalia-spanmaats hul kleinkinders eendag sal vertel. Herleef al die Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Ho\u00ebrskool Wesvalia het die Noordvaal se rekordboeke Saterdagmiddag in Klerksdorp herskryf. Die Wessies het vir oulaas uitmuntende verdediging tentoongestel om vir Ho\u00ebrskool Lichtenburg in die eindstryd van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":55801,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55788","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55788","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55788"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55788\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55788"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55788"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55788"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}