{"id":55985,"date":"2024-08-29T13:47:34","date_gmt":"2024-08-29T11:47:34","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=55985"},"modified":"2024-08-29T13:47:34","modified_gmt":"2024-08-29T11:47:34","slug":"breedt-swart-laat-klofie-kolfrekords-spat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=55985","title":{"rendered":"Breedt, Swart laat Klofie-kolfrekords spat"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_56066\" aria-describedby=\"caption-attachment-56066\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-56066\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/cricket-waterkloof-liam-breedt-290824-400x372.jpg\" alt=\"Liam Breedt, Waterkloof se o.14-aanvangskolwer, het 531 lopies in sy laaste drie wedstryde vir die span van Pretoria gemoker. Foto: Marlette Kr\u00fcger.\" width=\"400\" height=\"372\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-56066\" class=\"wp-caption-text\">Liam Breedt, Waterkloof se o.14-aanvangskolwer, het 531 lopies in sy laaste drie wedstryde vir die span van Pretoria gemoker. Foto: Marlette Kr\u00fcger.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Om die hoogste telling vir &#8216;n erkende krieketskool soos <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> aan te teken, en dit boonop as Graad 8-leerder in die o.14-ouderdomsgroep, dui op &#8216;n rooskleurige toekoms.<\/p>\n<p>Daar blyk geen keer aan Klofies se o.14-span en nog minder die kolftalent van <strong>Liam Breedt<\/strong> en <strong>Juan Swart<\/strong>\u00a0te wees nie.<\/p>\n<p>Die twee seuns het Pretoria aan die gons na ongelooflike vertonings met die kolf in hul laaste drie wedstryde. Dit is ook danksy hierdie duo dat Klofies se o.14&#8217;s hul laaste drie teenstanders met gemak uit die pad gevee het.<\/p>\n<p>Breedt, wat sy krieketvoete by Laerskool Randhart in Alberton gevind het, spog met die gesogte kroon as rekordhouer vir die hoogste telling n\u00f3g vir die Pretoriaanse skool.<\/p>\n<p>Die o.14-openingskolwer het Maandag die kersie op die koek geplaas met &#8216;n meesterlike 241 nie uit nie, in &#8216;n ligakragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>. Di\u00e9 ongelooflike beurt het 27 viere en sewe sesse ingesluit.<\/p>\n<p>Breedt het sy lopietog &#8216;n week vroe\u00ebr van stapel gestuur deur die Klofies se eerste 200-tal sedert 2017 te moker, teen <strong>Sutherland High School<\/strong>. Die vorige speler wat di\u00e9 mylpaal kon bereik was <strong>Christian du Toit<\/strong>, wat nou sy kriekettalent by Tuks skaaf.<\/p>\n<p>Asof dit nie spesiaal genoeg was nie, het Breedt se kolfvennoot, Juan Swart besluit hy wil ook deel in die feestelikheid en in dieselfde wedstryd een lopie meer aangeteken om met &#8216;n onoorwonne 201 te pronk. Swart het sy liefde vir krieket by Bryanston Parallel Medium\u00a0 in Johannesburg begin uitleef.<\/p>\n<figure id=\"attachment_56048\" aria-describedby=\"caption-attachment-56048\" style=\"width: 375px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-56048 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Juan-Swart-375x500.jpg\" alt=\"\" width=\"375\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-56048\" class=\"wp-caption-text\">Juan Swart, topordekolwer vir Waterkloof se o.14-span, het in sy laaste drie wedstryde 451 lopies aangeteken. Foto: Marlette Kr\u00fcger.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Di\u00e9 twee se beurte het die Klofies na &#8216;n reuse totaal van 658\/3 aangevuur, wat ook die hoogste telling in Waterkloof se geskiedenis is.<\/p>\n<p>In die wedstryd teen die Woeries, was Swart ook in &#8216;n omgekrapte bui om &#8216;n aggressiewe 188 lopies van slegs 73 aflewerings te moker. Di\u00e9 pragbeurt het 16 sesse en 12 viere ingesluit.<\/p>\n<p>Breedt en Swart was ook aan die spits van die oorwinning met 213 lopies oor <strong>Pretoria Boys High<\/strong>. Breedt het die aanslag met 90 lopies gelei, terwyl Swart weer &#8216;n haastige 62 aangeteken het. Dit het die duo se gesamentlike bydra met die kolf na 982 lopies in drie wedstryde geneem, 61.7% van die gesamentlike 1590 lopies wat die Klofies as span kon aanteken.<\/p>\n<p>Om sake selfs indrukwekkender te maak het die jong aanvangsbouler, <strong>Johan Liebenberg<\/strong>, sy pond vleis ge\u00ebis deur, saam met sy tweeling broer, Jordaan Liebenberg, wat in dieselfde span speel, 14 paaltjies in di\u00e9 drie wedstryde te neem. Eersgenoemde spog met twee vertonings van vyf paaltjies elk en een van vier.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n spesiale groep seuns hierdie; almal beskik oor ongelooflike kriekettalent en daar l\u00ea nog groot dinge vir elkeen van hulle voor,&#8221; het die span se afrigter, <strong>Ruan Sadler<\/strong>, ges\u00ea. Sadler is ook in beheer van die Klofies se junior krieketstrukture, waar hy reeds vir &#8216;n geruime tyd uitstekende werk verrig.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof o.14 658\/3<\/strong> (Juan Swart 201*, Liam Breedt 200*, Wian Joubert 106*, Zian Maritz 88, Ekstras 32; Muneer Solomons 1\/116); <strong>Sutherland High School 2de XI 47\/9<\/strong> (Ahmed Chaya 16; Johan Liebenberg 5\/7, Divan Roos 3\/4). Waterkloof o.14 wen met 611 lopies.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof o.14 370\/6<\/strong> (Liam Breedt 90, Rian Klopper 73*, Wian Joubert 68, Juan Swart 62, Jordaan Liebenberg 27, Johan Liebenberg 20*; Joshua Kleynhans 3\/51, Ewan Coleman 2\/105); <strong>Pretoria Boys High o.14 157<\/strong> (Joshua Kleynhans 39, Ekstras 26, Lehako Mokoena 24, Matthew Ehlers 22*; Johan Liebenberg 4\/23). Waterkloof o.14 wen met 213 lopies.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof o.14 562\/3<\/strong> (Liam Breedt 241*, Juan Swart 188, Zian Maritz 69, Wian Joubert 35, Ekstras 26; Christian Pietersen 1\/55); <strong>Ho\u00ebrskool Centurion 122<\/strong> (Keagan Owen 39, Eben Kotze 22, Gian Grobler 20; Johan Liebenberg 5\/25, Juan Swart 2\/7). Waterkloof o.14 wen met 440 lopies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om die hoogste telling vir &#8216;n erkende krieketskool soos Ho\u00ebrskool Waterkloof aan te teken, en dit boonop as Graad 8-leerder in die o.14-ouderdomsgroep, dui op &#8216;n rooskleurige toekoms. Daar blyk geen keer aan Klofies se o.14-span en nog minder die kolftalent van Liam Breedt en Juan Swart\u00a0te wees nie. Die twee seuns het Pretoria aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":56066,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55985","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55985","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=55985"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/55985\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=55985"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=55985"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=55985"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}