{"id":5625,"date":"2013-07-22T07:37:05","date_gmt":"2013-07-22T07:37:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hennenman-lewer-groot-verrassing-op\/"},"modified":"2013-07-22T07:37:05","modified_gmt":"2013-07-22T07:37:05","slug":"hennenman-lewer-groot-verrassing-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5625","title":{"rendered":"Hennenman lewer groot verrassing op"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">HO\u00cbRSKOOL HENNENMAN het Saterdag die bordjies verhang soos niemand nog dit hierdie seisoen op \u2018n skolerugbyveld in die sentrale streek gedoen het nie. Hennenman het Riebeeckstad in die halfeindstryd van die Sandveld-liga in die Noordwes-stadion 20-17 geklop. Riebies het in die twee spanne se twee ligawedstryde onderskeidelik 26-9 en 30-0 as oorwinnaars van die veld gestap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Na Riebies Saterdag teen rustyd 17-3 in beheer was, sou baie ander spanne die stryd gewonne gegee het. Hennenman het egter in die tweede helfte met durf vorendag gekom en sy skrumskakel Marco Pretorius het in die doodsnikke van die kragmeting gaan druk om aan sy span die oorwinning te besorg. Hy het ook sy eie drie verdoel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die besering van Zander Bester van Riebies het ook \u2018n groot invloed in sy span se insinking in die tweede helfte gehad. Hy moes die veld weens harsingskudding verlaat. Die verloorspan se losskakel, Siegie van Wyk het ook goeie spel gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hennenman kom Saterdag teen Bothaville in die eindstryd op die Noordwes-stadion te staan. Bothaville sou in die ander halfeindstryd teen Wessel Maree van Odendaalsrus gespeel het. Laasgenoemde kon egter weens te veel beserings nie die kragmeting speel nie. In die o.16-afdeling van die Sandveld-liga pak Bothaville en Wessel Maree mekaar in die eindstryd. Die twee eindstryde sal voorwedstryde vir die Curriebeker-wedstryd tussen die Griffons en die Luiperds wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">In die Oos-Vrystaatse halfeindstryde het Wilgerivier slegs 45 minute nodig gehad om Reitz 59-3 te verslaan. Die span se flank Gerrie Muller het drie keer agter die doellyn gaan kuier. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Vrede het in die ander halfeindstryd ook die bordjies verhang. Hy het Paul Erasmus 29-17 geklop na hy vroe\u00ebr in die liga-wedstryd tussen die twee spanne 12-17 die knie gebuig het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld het na Johannesburg gereis en teen Jeppe Boys\u2019 High 19-36 vasgeval. Duineveld het vir Ho\u00ebrskool Kalahari van Kuruman \u2018n drag slae van 47-7 toegedien.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p><strong>Wilgerivier 59 (38) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Gerrie Muller (3), Gerhard van Rensburg (2), Guillaume Strydom (2), De Wet Ungerer, Jacques van Rensburg. Doelskoppe: SF Meyer (7). <strong>Reitz 3 (3)<\/strong>.<br \/><strong>Vrede 29 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Charl du Toit (2), JS de Villiers, Abri Wessels, Mark Cockroft. Doelskoppe: Johan Esterhuizen (2). <strong>Paul Erasmus 17 (12)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Hennenman 20 (3) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wessel Marx, Didier Botes, Marco Pretorius. Doelskop: Pretorius. Strafdoel: Angelo Pienaar. <strong>Riebeeckstad 17 (17) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Siegie van Wyk (2), JM Uys. Doelskop: Uys.<\/p>\n<p><\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HO\u00cbRSKOOL HENNENMAN het Saterdag die bordjies verhang soos niemand nog dit hierdie seisoen op \u2018n skolerugbyveld in die sentrale streek gedoen het nie. Hennenman het Riebeeckstad in die halfeindstryd van die Sandveld-liga in die Noordwes-stadion 20-17 geklop. Riebies het in die twee spanne se twee ligawedstryde onderskeidelik 26-9 en 30-0 as oorwinnaars van die veld [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5625","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5625","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5625"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5625\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5625"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5625"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5625"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}