{"id":5668,"date":"2013-08-12T05:32:49","date_gmt":"2013-08-12T05:32:49","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/smith-s-speel-gelykop-in-stryd-tussen-diamantveld-en-nico-malan\/"},"modified":"2013-08-12T05:32:49","modified_gmt":"2013-08-12T05:32:49","slug":"smith-s-speel-gelykop-in-stryd-tussen-diamantveld-en-nico-malan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5668","title":{"rendered":"Smith&#8217;s speel gelykop in stryd tussen Diamantveld en Nico Malan"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Diamantveld en Nico Malan was nie soos die gesegde om jou suster te soen nie, maar liewer soos om jou broer te soen. Die kragmeting was deel van Ho\u00ebrskool Outeniqua se 90ste bestaansjaar vieringe Saterdag in George. Dit was Diamantveld van Kimberley se hoofafrigter, MJ Smith se laaste wedstryd aan stuur van sake van die span. Smith se jongste broer Ab\u00e9 is Nico Malan van Humansdorp se spanbestuurder. \u201cDaar was gelukkig nie \u2018n verloorder nie,\u201d het Ab\u00e9 Smith na afloop van die wedstryd ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het Vrydag op sy tuisveld gewys dat hy te veel krag vir KwaZulu-Natal se voorste span Glenwood het. Die tuisspan was 68-7 in die kragmeting baas. Die span van die Rosestad het reeds teen lemoentyd \u2018n stewige voorsprong van 30-0 opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die heelagter Henry Immelman het met sy spel in die wedstryd gewys dat hy reg is om volgende jaar EW Viljoen se tokse in die laaste vesting van die eerstespan vol te staan. Viljoen en die stut Ruan Kramer het die kragmeting weens hulle verpligtinge saam die Suid-Afrikaanse Skole-span misgeloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die flank Luan Reynders was sy span se beste speler voorlangs. Hy is goed deur die slot De Wet Bezuidenhout, stut Andrew du Plessis en slot Casper Fourie bygestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die losskakel Andr\u00e9 Swarts weer met sy spel be\u00efndruk. Hy het 23 van sy span se punte aangeteken. Hy het een drie gaan druk, ses van sy span se tien drie\u00eb verdoel en ook twee strafdoele oorgeklits. Die senter Johan Nel en vleuel Charl Pretorius verdien ook elk \u2018n klop op die skouer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Cherries het verlede week vir Sand du Plessis 58-6 afgeransel. Die wenspan het teen rutsyd wat na 31 minute se spel in die eerste gehelfte gehou is 43-6 voorgeloop. Die tweede helfte was slegs ses minute lank. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">In Upington was dit Vrydag weer Groot Interjol. Duineveld was in die jaarlikse interskole-kragmeting op die dorp 22-3 aan die wenkant. Uppies se punte het via \u2018n skepdoel van Jonathan Steenkamp gekom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 68 (30) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Johan Nel (2), Theo Ferreira (2), Andrew du Plessis, Luan Reynders, Andr\u00e9 Swarts, Charl Pretorius, Carel Durow, Stephanus Lingenfelder. Doelskoppe: Swarts (6). Strafdoele: Swarts (2). <strong>Glenwood 7 (0) \u2013<\/strong> Drie: Nkululeko Mcuma. Doelskop: Corn\u00e9 Vermaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Cherries 58 (43) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Niel Stannard (2), Albert Verwey, Glen Erickson, Dian Badenhorst, Jacques du Preez, AJ Prinsloo, Dylan Harlen, Martin van Niekerk, Ruben Terblanch\u00e9. Doelskoppe: Julian Delicado (2), Stannard (2). <strong>Sand du Plessis 6 (6) \u2013<\/strong> Strafdoele: JB la Cock (2).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Diamantveld en Nico Malan was nie soos die gesegde om jou suster te soen nie, maar liewer soos om jou broer te soen. Die kragmeting was deel van Ho\u00ebrskool Outeniqua se 90ste bestaansjaar vieringe Saterdag in George. Dit was Diamantveld van Kimberley se hoofafrigter, MJ Smith se laaste wedstryd aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5668","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5668","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5668"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5668\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5668"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5668"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5668"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}