{"id":5684,"date":"2013-08-15T05:33:19","date_gmt":"2013-08-15T05:33:19","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/noord-kaap-sy-plek-in-shimla-liga-kwyt-na-verhoor\/"},"modified":"2013-08-15T05:33:19","modified_gmt":"2013-08-15T05:33:19","slug":"noord-kaap-sy-plek-in-shimla-liga-kwyt-na-verhoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5684","title":{"rendered":"Noord-Kaap sy plek in Shimla-liga kwyt na verhoor"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DAAR het \u2018n storm in die Kimberley oor die Diamantstad se grootste skolewedstryd uitgebars. Die ENB Classic Clash tussen Ho\u00ebrskool Noord-Kaap en Ho\u00ebrskool Diamantveld wat vooraf as \u2018n versoeningstryd gebrandmerk is, se uitslag is eergister na \u2018n verhoor verander.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Northerns het vroe\u00ebr vanjaar die Classic Clash tussen die twee spanne op GWK-park in Kimberley 27-19 gewen. Die wedstryd was op SuperSport gebeeldsend. Die kragmeting het ook bepaal wie Griekwaland-Wes in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) verteenwoordig. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Kimberley subunie het na \u2018n verhoor die \u201cligapunte\u201d aan Diamantveld toegeken. Noord-Kaap gaan die beslissing appelleer. Di\u00e9 beslissing beteken dat Noord-Kaap nie sy titel as kampioen van die Shimla-liga sal kan verdedig nie. Noord-Kaap is die afgelope vier jaar kampioen van die streekliga. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 dispuut tussen die twee skole gaan oor Noord-Kaap se post-matriek en kaptein, Lehan Muller wat in die kragmeting gespeel het. Die subunie het beslis dat di\u00e9 kragmeting \u2018n liga-wedstryd is, en dat daar nie post-matrieks in die liga mag speel nie. Noord-Kaap betwyfel ondermeer dat di\u00e9 kragmeting \u2018n liga-wedstryd is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het sedert Februarie aan Diamantveld gevra of daar \u2018n probleem sou wees indien Lehan in die kragmeting speel. Ons is \u2018n week voor die kragmeting laat weet dat sy deelname in die wedstryde nie hulle goedkeuring wegdra nie. Ons betwyfel nie dat Lehan \u2018n post-matriek by ons is nie. Hy is ingeskryf vir sewe vakke en vertoon verbetering op verlede jaar se werk,\u201d het Henk Brand, skoolhoof en afrigter van Noord-Kaap ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Dit is interresant dat Griekwas nie \u2018n probleem gehad het om Muller as kaptein van hulle o.19-span na die Pukke-week in Potchefstroom vroe\u00ebr vanjaar aan te wys nie. Northerns en Diamonds het laas in 2008 in \u2018n liga in Griekwas se strukture gespeel. Drie van die ander spanne in die provinsie Landboudal van Jacobsdal, Duineveld en Ho\u00ebrskool Upington wat in 2008 saam met die twee Kimberleyse skole die Griekwa-liga gevorm het, het vanjaar in \u2018n nuwe liga teen mekaar en saam met Ho\u00ebrskool Kalahari van Kuruman en Ho\u00ebrskool Kathu sake om \u2018n kroon uitgespook. Northerns het wedstryde teen Landboudal, Duineveld en Uppies op hulle bepalings gehad, maar nie een van die kragmetings het plaasgevind nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk was verlede Woensdag by die uitvoerende hoof (Arni van Rooyen) en president (Hennie van der Merwe) was Griekwas en hulle het gevra of ons en Diamantveld nie om \u2018n tafel kan sit en die saak uitpraat nie. Ons was bereid om dit te doen, maar hulle was nie bereid nie,\u201d het Brand ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DAAR het \u2018n storm in die Kimberley oor die Diamantstad se grootste skolewedstryd uitgebars. Die ENB Classic Clash tussen Ho\u00ebrskool Noord-Kaap en Ho\u00ebrskool Diamantveld wat vooraf as \u2018n versoeningstryd gebrandmerk is, se uitslag is eergister na \u2018n verhoor verander. Northerns het vroe\u00ebr vanjaar die Classic Clash tussen die twee spanne op GWK-park in Kimberley 27-19 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5684","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5684","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5684"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5684\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5684"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5684"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5684"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}