{"id":56895,"date":"2024-09-11T12:35:12","date_gmt":"2024-09-11T10:35:12","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=56895"},"modified":"2024-09-11T12:35:12","modified_gmt":"2024-09-11T10:35:12","slug":"noordvaal-bestuur-besin-oor-die-struktuur-van-hul-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=56895","title":{"rendered":"Noordvaal bestuur besin oor die struktuur van hul reeks"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_56900\" aria-describedby=\"caption-attachment-56900\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-56900\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/TL_2230015-1-400x303.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"303\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-56900\" class=\"wp-caption-text\">TINUS DIEDERICKS, voorsitter van die Noordvaal Skolerugby-vereniging. FOTO Sydney Seshibedi\/Gallo Images<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Noordvaal Skolerugby-vereniging<\/strong> (NVSRV) sal vanaand tydens &#8216;n vergadering so bietjie poets aan die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se struktuur.<\/p>\n<p>&#8220;Die struktuur van di\u00e9 reeks moet dinamies bly. Krag teen krag bly vir ons ongelooflik belangrik. Ons het wel versoeke ontvang en daar is &#8216;n paar opsies op die tafel. So ons moet maar die politoer uithaal en so bietjie poets aan die struktuur,&#8221; het <strong>Tinus Diedericks<\/strong>, voorsitter van die NVSRV ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die huidige struktuur van die kompetisie is sedert 2018 in plek. Di\u00e9 struktuur is destyds bymekaar gesit om te verseker dat krag teen krag teen mekaar in die onderskeie afdeling sake sal uitspook.<\/p>\n<p>Die twee jaar wat die reeks weens die Covid-pandemie in 2020 en 2021 nie kon plaasvind nie, het sonder twyfel in &#8216;n impak gehad dat die reeks se model homself regskud.<\/p>\n<p>Boonop het die Ho\u00ebrskool Waterkloof van Pretoria in 2019 weer tot die reeks toegetree na hy in 2017 daaraan onttrek het. Dit het veroorsaak dat die Beker-afdeling tot nege skole gegroei het.<\/p>\n<p>Daarna was daar ook &#8216;n twis aan die einde van 2023 waarna daar besluit is dat die Ho\u00ebrskool Menlopark nie sou afskuif na die Plaat-afdeling nie. Ho\u00ebrskool Rustenburg het wel opgeskuif wat die Beker-afdeling tot tien spanne vergroot het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het versoeke ontvang om die struktuur van die reeks te hersien. Daar is skole wat &#8216;n magdom kilometers afl\u00ea in die reeks, maar ons kan ook nie wegbeweeg van krag teen krag nie. Nie alle skole is dieselfde nie en beskikbare begrotings verskil,&#8221; het Diedericks ges\u00ea.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n hele paar opsies op die tafel wat onder andere &#8216;n opsie insluit waar skole soos voor 2018 eers in hul onderskeie unies sake uitspook asook waar daar in van die afdelings eers in streke meegeding word. Die huidige struktuur is ook steeds op di\u00e9 tafel.<\/p>\n<p>Die bestuur het terugvoer vanuit al die provinsies ontvang en behoort vanaand &#8216;n finale besluit te neem. Skole betree binnekort hul begrotingstydperk en die reeks se bepalings van 2025 sal voor dan uiteengesit moet word.<\/p>\n<p>Indien die status quo vir 2025 behou word sal <strong>Transvalia<\/strong> van Vanderbijlpark volgende jaar tussen die groot honde van die Beker-afdeling grom. <strong>Marais Viljoen<\/strong> van Alberton sal afskuif na die Plaat-afdeling.<\/p>\n<p>In die Plaat-afdeling sal <strong>Wesvalia<\/strong> van Klerksdorp die nuweling wees. Wesvalia was in 2022 nog in die Bowl-afdeling in aksie. <strong>Montana<\/strong> van Pretoria sal afskuif na die Skild-afdeling.<\/p>\n<p><strong>Piet Retief<\/strong> het ook die afgelope twee jaar gesorg dat hy elke jaar die voorste skool in sy afdeling is. Hy sal dus die nuweling in die Skild-afdeling wees na hy nog in 2022 in Groep II gespeel het.<\/p>\n<p>In die Bowl-afdeling sal daar drie nuwelinge in <strong>Dinamika<\/strong> van Alberton,<strong> Ho\u00ebrskool Ermelo<\/strong> en <strong>Bergsig Akademie<\/strong> wees. Die drie skole wat sal afskuif na Groep II is Ho\u00ebrskool Alberton, Dr. Malan van Meyerton en Wagpos van Brits.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) sal vanaand tydens &#8216;n vergadering so bietjie poets aan die SDC Noordvaal Cup se struktuur. &#8220;Die struktuur van di\u00e9 reeks moet dinamies bly. Krag teen krag bly vir ons ongelooflik belangrik. Ons het wel versoeke ontvang en daar is &#8216;n paar opsies op die tafel. So ons moet maar die politoer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":56900,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-56895","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/56895","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=56895"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/56895\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=56895"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=56895"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=56895"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}