{"id":5690,"date":"2013-08-16T12:13:17","date_gmt":"2013-08-16T12:13:17","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/preview-louis-botha-vs-jim-fouche\/"},"modified":"2013-08-16T12:13:17","modified_gmt":"2013-08-16T12:13:17","slug":"preview-louis-botha-vs-jim-fouche","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5690","title":{"rendered":"Preview &#8211; Louis Botha vs. Jim Fouch\u00e9"},"content":{"rendered":"<p><p>LOUIS BOTHA sal more se Vrystaatse A1-liga eindstryd sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta, ingaan. Sy teenstander in die eindstryd, die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 mik daarna om \u2018n driekuns aan titels te voltooi.<\/p>\n<p>Die twee skole oorheers die Vrystaatse liga sedert Grey-kollege in 2007 nie meer in aanmerking vir \u2018n plek in die eindstryd kom nie. Jim Fouch\u00e9 was in 2007, 2008, 2011 en 2012 kampioen van di\u00e9 liga. Louis Botha het in 2009 na die voorste liga van die unie opgeskuif en met die kroon weggestap en is ook die jaar daarna as kampioen gekroon.<\/p>\n<p>Louis Botha sal sonder sy twee nasionale skolespelers steeds as die gunsteling more op die veld draf. Sonder Nche en Rampeta het die span nog heelwat sterre om Jim Fouch\u00e9 tot oorgawe te dwing. Veral die span se agterhoede met die losskakel Luke Cyster aan die spits behoort vir JF problem te besorg.<\/p>\n<p>Buiten Cyster sal veral die senter Ali Mgijima en vleuel Sheldon Fortuin die probleme vir Jim Fouch\u00e9 op die verdediging gee. Al sewe agterspelers van Louis Botha het al vir die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Mgijima was een van die mees ongelukkiges om nie die Suid-Afrikaanse Skole-span te haal nie. Boonop was die span se veelsydige agterspeler wat op die plaasvervangerbank sit, Patrick Mbangi ook \u2018n lid van die Vrystaatse Cravenweek-span na die 50ste toernooi in Polokwane vroe\u00ebr vanjaar.<\/p>\n<p>Jim Fouch\u00e9 se sleutelspeler is sy senter, Carel-Jan Coetzee. Hy is sterk op sy bene en het al verskeie spanne se verdediging met sy lopies vanjaar oop gekloof. Die span se kaptein PC Labuschagn\u00e9 en flank Tjibbe Spoelstra sal ook fyn deur Louis Botha dopgehou moet word.<\/p>\n<p>Die span se slot Tjop Briedenhann se twee ouer broers Gys en Marnus Briedenhann het albei al provinsiale rugby vir onder meer die Griffons en Vrystaat gespeel.<\/p>\n<p><strong>Laaste vyf eindstryde van die Vrystaatse A1-liga:<\/strong><\/p>\n<p><strong>2012<\/strong> Jim Fouch\u00e9 29, Sentraal 16<br \/><strong>2011<\/strong> Jim Fouch\u00e9 24, Louis Botha 23<br \/><strong>2010<\/strong> Louis Botha 20, Sentraal 19 <br \/><strong>2009<\/strong> Louis Botha 17, Sentraal 15<br \/><strong>2008<\/strong> Jim Fouch\u00e9 42, Sentraal 7<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Louis Botha:<\/strong> 15 Olwethu Ndakisa, 14 Masego Toolo, 13 Dale Koopman, 12 Ali Mgijima, 11 Sheldon Fortuin, 10 Luke Cyster, 9 Sharwin Cupido, 8 Whaseem Galant, 7 Themba Songelwa, 6 Thando Magalankanqoa, 5 Lebohang Mosala, 4 Victor Maruping, 3 Othello Sebotsa, 2 Grayden Benn, 1 Jermaine Achilles.<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9:<\/strong> 15 Danneel Stone, 14 Thiardt Ingram, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Pieter Smith, 11 JP Steyn, 10 Ruan Wasserman, 9 Marco Vermeulen, 8 PC Labuschagn\u00e9 (kaptein), 7 Tjibbe Spoelstra, 6 JP van der Westhuizen, 5 Morn\u00e9 Griessel, 4 Tjop Briedenhann, 3 Zandr\u00e9 Pienaar, 2 Hanno Spies, 1 Eduan Wepener.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Pieter van Vuuren<br \/><strong>Grensregters:<\/strong> Tiaan Steyn en Martin Lekhanya<br \/><strong>Afskop:<\/strong> 13:00<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>LOUIS BOTHA sal more se Vrystaatse A1-liga eindstryd sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta, ingaan. Sy teenstander in die eindstryd, die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 mik daarna om \u2018n driekuns aan titels te voltooi. Die twee skole oorheers die Vrystaatse liga sedert Grey-kollege in 2007 nie meer in aanmerking [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5690","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5690","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5690"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5690\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5690"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5690"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5690"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}