{"id":5696,"date":"2013-08-18T07:46:53","date_gmt":"2013-08-18T07:46:53","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-behaal-rekord-sege-oor-paul-roos\/"},"modified":"2013-08-18T07:46:53","modified_gmt":"2013-08-18T07:46:53","slug":"grey-behaal-rekord-sege-oor-paul-roos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5696","title":{"rendered":"Grey behaal rekord sege oor Paul Roos"},"content":{"rendered":"<p>DAAR is \u2018n s\u00eading wat lui jy is so goed soos jou laaste wedstryd. En die rugbyspan van Grey-kollege van 2013 het met \u2018n oorwinning van 40-8 oor Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch gesorg dat hy vir sy laaste wedstryd onthou sal word.<\/p>\n<p>Die span van Bloemfontein was vanjaar slegs twee keer aan die verloorkant teen Ho\u00ebrskool Outeniqua en die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria. Albei die spanne spog vanjaar waarskynlik met die beste spanne in die geskiedenis van hulle skole. Affies het vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis daarin geslaag om al sy wedstryde tydens \u2018n seisoen te wen.<\/p>\n<p>Grey se oorwinning oor Paul Roos ewenaar die rekord vir die grootste oorwinning wat die span van die Rosestad nog in die interskole-kragmeting behaal het. Die punteverskil van 32 punte het die vorige rekord van die span van 2008 ge\u00ebwenaar wat destyds \u2018n sege van 47-15 behaal het. Indien die veld nie so nat en glibberig weens al die re\u00ebn was nie sou Grey ongetwyfeld sy grootste sege nog oor die span van die Eikestad behaal het.<\/p>\n<p>Die tuisspan het die meeste van die speelwerk in die eerste helfte gedoen, met Grey wat gesukkel het om balbesit te behou. Hoewel di\u00e9 span se vleuel, Joel Heugh die besoekers probleme met sy flinke voetwerk op verdediging besorg het, het hy nie sy skopskoen aangehad nie. Grey het rustyd met \u2018n skamele voorsprong van 6-3 gaan rus.<\/p>\n<p>Paul Roos se ander vleuel Edwill van der Merwe het ook \u2018n hele paar gevaarlike lopies op die aanval ingekry. Die span van Bloemfontein se voorspelers was meer fisiek in die tweede helfte as in die eerste helfte en veral die stut Andrew du Plessis, slot De Wet Bezuidenhout en flank Luan Reynders het met inklimspel by die afbreekpunte en lakwerk vir die Stellenboschers tot oorgawe gedwing.<\/p>\n<p>Agterlangs het die heelagter, Henry Immelman telkens die eerste verdediger geklop en \u2018n goeie vertoning met \u2018n drie afgerond.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Grey-kollege 40 (6) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Marius Louw, Henry Immelman, Stephen Rautenbach, Charl Pretorius, Carel Durow. Doelskoppe: Rautenbach (3) Strafdoele: Rautenbach (3). <strong>Paul Roos Gimnasium 8 (3) \u2013<\/strong> Drie: Joel Heugh. Strafdoel: Heugh.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DAAR is \u2018n s\u00eading wat lui jy is so goed soos jou laaste wedstryd. En die rugbyspan van Grey-kollege van 2013 het met \u2018n oorwinning van 40-8 oor Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch gesorg dat hy vir sy laaste wedstryd onthou sal word. Die span van Bloemfontein was vanjaar slegs twee keer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5696","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5696","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5696"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5696\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5696"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5696"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5696"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}