{"id":5762,"date":"2013-08-31T05:55:33","date_gmt":"2013-08-31T05:55:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/noord-kaap-mik-vandag-na-vyfde-titel\/"},"modified":"2013-08-31T05:55:33","modified_gmt":"2013-08-31T05:55:33","slug":"noord-kaap-mik-vandag-na-vyfde-titel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5762","title":{"rendered":"Noord-Kaap mik vandag na vyfde titel"},"content":{"rendered":"<p><p>DIE eerste rugbyspan van Ho\u00ebrskool Noord-Kaap kom vandag op Shimlapark hier voor die hoogste hekkie van die afgelope vyf jaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) se eindstryd te staan. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie.<\/p>\n<p>Noord-Kaap van Kimberley is die afgelope vier jaar die kampioen van die liga, maar daar word verwag dat die span soos nog nooit in die kompetisie deur Louis Botha van Bloemfontein getoets gaan word.<\/p>\n<p>Die hele agterhoede van Louis Botha het al die Vrystaat op die Cravenweek uitgedraf. Inteendeel Northerns se losskakel Guilermo Minnie het verlede jaar uit Louis Botha vir Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Boonop het die span van die Rosestad twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers in die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta in sy voorhoede.<\/p>\n<p>Noord-Kaap se kaptein en flank Lehan Muller, agtsteman Gerhard Holtzhausen en stut Lux Khoza sal hulle span oor die voordeellyn moet kry.<\/p>\n<p>Landboudal het sy twee langerate die broers, Adriaan en Teubes Brits in sy beginspan vir vandag se stryd ingesluit. Adriaan staan 2.04m in sy sokkies, terwyl Teubes self 1.96m lank is. Die duo kan Wilgerivier problem in die lynstane besorg.<\/p>\n<p>Wilgerivier se flank Gerrie Muller en senter SF Meyer sal vir hul span staatmakers moet wees. Muller was verlede jaar die speler van die wedstryd in die eindstryd teen Zastron. Hy kan met sy bedrieglike lopies weer sy span op die voorvoet kry.<\/p>\n<p>Lanties het sy haastige vleuel JD Mans na buitesenter vir die kragmeting geskuif om hom nader aan die aksie te kry. Hulle het ook die heelagter Morris Rossouw na binnesenter geskuif. Rossouw het al voorheen skrumskakel en losskakel ook gespeel en hy sal na verwagting vir Mans moet spasie skep.<\/p>\n<p>Die onoorwonne Ho\u00ebrskool Bultfontein sal vandag waak daarteen om te oorgerus te wees wanneer hy teen Ho\u00ebrskool Sandveld van Wesselsbron in die eindstryd van die Colt-liga op die veld draf. Bultfontein het vroe\u00ebr vanjaar vir Sandveld 27-3 in hulle liga-wedstryd uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Sandveld se losvoorspelers Reinhardt Lennox en Michael Fulton ken die pad doellyn toe. Lennox het vanjaar al 15 keer in 13 wedstryde gaan druk, terwyl Fulton self al 12 keer in nege wedstryde die doellyn oorgesteek het. Bultfontein se senter Arno Taljaard is self \u2018n speler wat weet hoe om drie\u00eb te druk.<\/p>\n<p>In die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) sal Noord-Kaap as gunsteling op die veld teen Ho\u00ebrskool Sentraal draf. Northerns word deur die voormalige provinsiale afrigter, Frankel Engelbrecht gebrei. Die twee spanne het mekaar in 2010 ook in die eindstryd van di\u00e9 liga ontmoet en moes toe die louere deel.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Ho\u00ebrskool Noord-Kaap kom vandag op Shimlapark hier voor die hoogste hekkie van die afgelope vyf jaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) se eindstryd te staan. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie. Noord-Kaap van Kimberley is die afgelope vier jaar die kampioen van die liga, maar daar word verwag dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5762","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5762","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5762"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5762\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5762"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5762"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5762"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}