{"id":5768,"date":"2013-09-02T05:55:44","date_gmt":"2013-09-02T05:55:44","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/lanties-onttroon-wilgerivier-in-irawa-liga\/"},"modified":"2013-09-02T05:55:44","modified_gmt":"2013-09-02T05:55:44","slug":"lanties-onttroon-wilgerivier-in-irawa-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5768","title":{"rendered":"Lanties onttroon Wilgerivier in Irawa-liga"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-5767\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/NuusG_ConradduToit.jpg\" width=\"267\" height=\"178\" alt=\"NuusG ConradduToit\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/NuusG_ConradduToit.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/NuusG_ConradduToit-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 267px) 100vw, 267px\" \/>LANDBOUDAL van Jacobsdal het die Ho\u00ebrskool Wilgerivier as die kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) onttroon. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Lanties het in \u2018n taai eindstryd vir Wilgerivier op Shimlapark 19-15 geklop. Die wenspan het teen rustyd \u2018n voorsprong van 7-0 geniet. Wilgerivier het egter meer as genoeg geleenthede tydens die kragmeting gehad om die eerste span te word wat twee keer as kampioen van die Irawa-liga gekroon te word. Die span het dit egter nie die geleenthede gebruik nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die eindstryd was soos altyd weer \u2018n vertoonvenster vir skolerugby in die sentrale streek se platteland. Die nuwe kampioen se langeraat slot, Adriaan Brits is na afloop van die kragmeting as speler van die wedstryd aangewys. Die span se agtsteman, Henroux \u201cHaas\u201d Benad\u00e9 was ook goud werd vir sy span. Sy vertoning is egter versuur deurdat hy koelkas toe deur die skeidsregter, Tiaan Steyn gestuur is. Benade het veral met sy kragtige lopies met die bal onder die arm be\u00efndruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier het in hierdie tydperk vele vrae aan Landboudal se verdediging gevra. Die wedstryd het drie minute langer geduur, met Wilgerivier heeltyd op die aanval. Lanties het egter daarin geslaag om met 14 man die druk te verwerk en daarmee saam die sege te beklink. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die binnesenter, Morris Rossouw met sy flinke voetwerk en goeie oordeelsvermo\u00eb vir Landboudal op die voorvoet gehou. Hy het ook sy span se laaste drie vanuit gebroke spel gedruk en heel waarskynlik die oorwinning daarmee verseker. Sy drie het wel aan sy span \u2018n stewige voorsprong van 19-3 gegee, maar Wilgerivier het in die laaste 15 minute van die kragmeting alles in die stryd gewerp om sy titel te behou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Vir die span van Frankfort het sy losskakel Pieter Duminy met sy bedrieglike systappe in die tweede helfte \u2018n groot aandeel in die terugvegpoging gehad. Die span se slot Eric Bibbey en stut Dana Janse van Rensburg verdien ook lof vir hulle vertonings. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/strong><span style=\"color: #000000;\"><strong>Landboudal 19 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JD Mans, Haas Benad\u00e9, Morris Rossouw. Doelskoppe: Rossouw (2). <strong>Wilgerivier 15 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jan-Hendrik de Kock, De Wet Ungerer. Doelskop: Jacques van Rensburg. Strafdoel: Van Rensburg.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>LANDBOUDAL van Jacobsdal het die Ho\u00ebrskool Wilgerivier as die kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) onttroon. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie. Lanties het in \u2018n taai eindstryd vir Wilgerivier op Shimlapark 19-15 geklop. Die wenspan het teen rustyd \u2018n voorsprong van 7-0 geniet. Wilgerivier het egter meer as genoeg geleenthede tydens [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5767,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5768","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5768","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5768"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5768\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5767"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5768"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5768"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5768"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}