{"id":58066,"date":"2024-09-26T19:08:26","date_gmt":"2024-09-26T17:08:26","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=58066"},"modified":"2024-09-26T19:08:26","modified_gmt":"2024-09-26T17:08:26","slug":"dreyers-en-walker-woeker-vir-wessies-verwey-moker-116-vir-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=58066","title":{"rendered":"Dreyers en Walker woeker vir Wessies, Verwey moker 116 vir Helpies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_58081\" aria-describedby=\"caption-attachment-58081\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-58081 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/Marneau-Dreyer-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-58081\" class=\"wp-caption-text\">MARNEAU DREYER, een van Wesvalia se twee Dreyer-broers, speel &#8216;n kaphou. FOTO: Charl Rawlins.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nie eers <strong>Jean Oosthuizen<\/strong> se asemrowende beurt van 181 was genoeg om <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> se momentum op die <strong>Izintaba Gimmies-Krieketfees<\/strong>\u00a0te stuit nie.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Na die Wessies se Dreyer-broers haas onherstelbare skade vroeg in <strong>Ho\u00ebrskool Brackenfell<\/strong> se kolfbeurt aangerig het, het Oosthuizen die verantwoordelikheid met die kolf op homself geneem.<\/p>\n<p>Die Brakkies se voorslagkolwer het nie die doekies omgedraai nie om &#8216;n allemintige 181 lopies te moker. Sy beurt het van slegs 100 balle gekom, en 16 sesse en 14 viere ingesluit &#8211; wat beteken dat 152 ( 84%) van sy lopies deur grenshoue aangeteken is.<\/p>\n<p>Die ouer Dreyer-broer, <strong>Marneau Dreyer<\/strong>, het uiteindelik Oosthuizen se kraantjie toegedraai om sy vierde paaltjie te neem. <strong>Ethan Walker<\/strong> was ook uitstaande met syfers van 3\/46, terwyl die jonger <strong>Eduard Dreyer<\/strong> twee paaltjies vir 32 lopies laat spat het.<\/p>\n<p><strong>Marneau<\/strong> se heldedade was egter steeds nie gedaan nie en hy het die Wessies se jaagtog met &#8216;n blitsige en onoorwonne 78 lopies, van slegs 46 aflewerings, gelei. <strong>Luan Vermeulen<\/strong> het ook weer be\u00efndruk met &#8216;n puik 59.<\/p>\n<p>Die veelsydige <strong>Quewen Fourie<\/strong> het, saam met Dreyer, die Wesvalia-boot veilig tot in die hawe gelei met &#8216;n onoorwonne 51, terwyl Vermeulen en Fourie elk ook teen &#8216;n vinnige tempo gekolf het om te verseker dat die Wessies die Brakkies se telling in die 27ste beurt kon verbysteek.<\/p>\n<p>Op dag drie het <strong>Juandre Verwey<\/strong> met die kolf uitgeblink vir <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong>\u00a0om <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> met 105 lopies te troef. Die Helpies het oor die tydperk van drie dae hul kolfdiepte behoorlik uitgestal met verskeie spelers wat gesonde bydraes gelewer het.<\/p>\n<p>Verwey het die gunstige kolftoestande in Potchefstroom ten volle benut om 116 van net 82 aflewerings te moker. Sy beurt, wat teen &#8216;n treftempo van 141 gekom het, het 11 viere en vyf sesse opgelewer. Die ervare <strong>Anrich Liebenberg<\/strong> het ook sy kolfvernuf tentoongestel om 56 lopies by te dra.<\/p>\n<p><strong>Henlo van Rooyen<\/strong> was die Rusties se suksesvolste bouler op die dag en het aan die einde van sy agt beurte met syfers van 3\/42 gespog. <strong>Thian Labuschagne<\/strong> het hom bygestaan met drie paaltjies van sy eie. Verskeie ander bydraes deur die res van Helpies se kolwers was egter genoeg om die Johannesburgers tot &#8216;n reusetelling van 348\/9 in die toegelate 50 beurte te help.<\/p>\n<p>Rusties se <strong>Christivan Coetzer<\/strong> het op sy beurt vir die span van Rustenburg &#8216;n belowende platform geskep. Coetzer, wat daarvoor bekend is dat hy die bal ongelooflik skoon slaan, het sy 72 lopies van net 51 balle aangeteken.<\/p>\n<p>Net Nathan Rossouw, wat &#8216;n welverdiende vyftigtal bereik het, en <strong>Thian Labuschagne<\/strong> (37) het egter verder noemenswaardige tellings aangeteken en die Rusties moes tevrede wees met &#8216;n totaal van 243. Anrich Liebenberg het vier paaltjies vir 34 lopies geneem.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte<\/strong>:<\/p>\n<p><strong>Brackenfell 263<\/strong> (Jean Oosthuizen 181; Marneau Dreyer 4\/50, Ethan Walker 3\/46, Eduard Dreyer 2\/32); <strong>Wesvalia 264\/4<\/strong> (Marneau Dreyer 78*, Luan Vermeulen 59, Quewen Fourie 51*, Eduard Dreyer 26; Taige Niekerk 3\/29). <strong>Wesvalia wen met ses paaltjies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 348\/9<\/strong> (Juandre Verwey 116, Anrich Liebenberg 56, Zuan Joubert 37, Zander Neethling 29, Xander Jackson 21, Kevin Olivier 21; Henlo van Rooyen 3\/42, Thian Labuschagne 3\/85, Marnus de Witt 2\/54); <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 243<\/strong> (Christivan Coetzer 72, Nathan Rossouw 50, Thian Labuschagne 37, Tristan van der Linde 25; Anrich Liebenberg 4\/34, Aiden Pretorius 2\/47). <strong>Helpmekaar Kollege wen met 105 lopies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie eers Jean Oosthuizen se asemrowende beurt van 181 was genoeg om Ho\u00ebrskool Wesvalia se momentum op die Izintaba Gimmies-Krieketfees\u00a0te stuit nie. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Na die Wessies se Dreyer-broers haas onherstelbare skade vroeg in Ho\u00ebrskool Brackenfell se kolfbeurt aangerig het, het Oosthuizen die verantwoordelikheid met die kolf op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":58081,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-58066","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/58066","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=58066"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/58066\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=58066"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=58066"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=58066"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}