{"id":5840,"date":"2013-11-02T07:49:29","date_gmt":"2013-11-02T07:49:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-gaan-weer-na-ouderdomsgroepe-kyk\/"},"modified":"2013-11-02T07:49:29","modified_gmt":"2013-11-02T07:49:29","slug":"vrystaat-gaan-weer-na-ouderdomsgroepe-kyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5840","title":{"rendered":"Vrystaat gaan weer na ouderdomsgroepe kyk"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>Die Vrystaatse Ho\u00ebrskole-rugbyvereniging (VHSRV) sal voor die einde van die jaar weer na sy liga-stelsel se ouderdomsgroepe kyk. Dit is op die vereniging se jaarvergadering in die Vrystaat-stadion vroe\u00ebr di\u00e9 week besluit.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark het die punt op die agenda geplaas. Die Vrystaat se ligas word tans in \u201chalwe\u201d ouderdomsgroepe gespeel. Om meer uit te brei die o.14-liga (is vir o.14 en \u2018n half jariges), die o.15-liga (vir o.15 en \u2018n half jariges) en die o.16-liga (vir o.16 en \u2018n half jariges). Fichardtpark het die punt aangeraak dat hulle nie seker is of die sisteem in lyn met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) se Boksmart-program is nie.<\/p>\n<p>Boonop kwalifiseer spanne van die Vrystaat vir die Kovsiestreek-kompetisie se Volksblad-liga (vir o.15-spanne) met spelers wat nie vir die kompetisie kwalifiseer nie. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie. Louis Botha het tydens die vergadering te kenne gegee dat hulle sou sukkel om spanne in die veld te stoot indien daar besluit sou word om die huidige stelsel aan te pas.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die VHSRV, Michael Barker het reeds in sy jaarverslag Louis Botha vir hulle ontwikkelingsprogram bedank.<\/p>\n<p>Op die keurkomitee vir o.18-spelers het die vergadering \u2018n nominasie na die afsnypunt ontvang. Die vergadering het egter besluit om die genomineerde Rashied Isaacs op die keurkomitee te koopteer. Isaacs is \u2018n voormalige provinsiale speler van die Vrystaat en Griekwas.<\/p>\n<p>Die administratiewe sekretaris, Johan van Zyl is ook vir die eerste keer tot sy pos verkies. Van Zyl het die pos al vir drie jaar beman, maar weens die grondwet wat vereis dat een van die drie poste as admin sekretaris, wedstryd sekretaris en tesourier op die bestuur deur \u2018n persoon van kleur gevul moet word, is hy elke jaar tot die pos gekoopteer. Die VHSRV het sy grondwet in \u2018n spesiale jaarvergadering voor die jaarvergadering Dinsdag gewysig om Van Zyl verkiesbaar te maak.<\/p>\n<p>Die vergadering het ook twee nuwe name by sy lys van lewenslange lede gevoeg. Die twee lede Gonval Store (President Steyn) en Johan Vorster (Sentraal) het diep spore in skolerugby in die Vrystaat sowel as Suid-Afrika getrap.<\/p>\n<p><strong>Die bestuur van die Vrystaatse Ho\u00ebrskole-rugbyvereniging is: Voorsitter \u2013<\/strong> Michael Barker (Fichardtpark); <strong>Onder-voorsitters \u2013<\/strong> Jimmy Jimlongwe en Schalk Malherbe (Jim Fouch\u00e9); <strong>Wedstryd sekretaris \u2013<\/strong> Chris Kleynhans (Sand du Plessis); <strong>Administratiewe sekretaris \u2013<\/strong> Johan van Zyl (Jim Fouch\u00e9); <strong>Tesourier \u2013<\/strong> Riaan Herholdt (Fichardtpark); <strong>Keurders (o.18) \u2013<\/strong> Pieter Swanepoel, Roelf Meyer, Deon van Wyk, Schalk Malherbe, Rashied Isaacs, Jimmy Jimlongwe, Dirkie Groenewald, Corn\u00e9 Erasmus; <strong>Keurders (o.16) \u2013<\/strong> Ivan Stevens, Riaan Herholdt, Trevor Pennels, James Lekhanya, Jorrie Grobler<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse Ho\u00ebrskole-rugbyvereniging (VHSRV) sal voor die einde van die jaar weer na sy liga-stelsel se ouderdomsgroepe kyk. Dit is op die vereniging se jaarvergadering in die Vrystaat-stadion vroe\u00ebr di\u00e9 week besluit. Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark het die punt op die agenda geplaas. Die Vrystaat se ligas word tans in \u201chalwe\u201d ouderdomsgroepe gespeel. Om meer uit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5840","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5840","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5840"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5840\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5840"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5840"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5840"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}