{"id":5842,"date":"2013-11-16T14:56:11","date_gmt":"2013-11-16T14:56:11","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wildeklawer-bepalings-vir-2014\/"},"modified":"2013-11-16T14:56:11","modified_gmt":"2013-11-16T14:56:11","slug":"wildeklawer-bepalings-vir-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5842","title":{"rendered":"Wildeklawer bepalings vir 2014"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">DIE eerste rugbyspan van Grey-kollege sal weer op 2014 se Wildeklawer-toernooi op Ho\u00ebrskool Diamantveld se hoofveld in Kimberley behoorlik op die proef gestel word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Grey sal teen Ho\u00ebrskool Outeniqua van George en Monument van Krugersdorp in sy twee wedstryde te staan kom. Die toernooi vind van 28 tot 30 April in die Diamantstad plaas. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Rosestad is die enigste skool wat met \u2018n vlekkelose rekord sedert die ontstaan van die toernooi spog. Die land se voorste rugbyfabriek het verlede jaar teen die Kwaggas van George die knie op Kearsney-kollege se jaarlikse Paastoernooi gebuig. Dit was tweede keer wat die span van George daarin kon slaag om Grey te troef. Monnas is op hulle beurt die span wat met die beste rekord teen Grey-kollege spog. Die span van Bloemfontein het behoorlik verlede jaar op Wildeklawer gesweet om Monnas te klop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer pak HTS Middelburg wat weer terug verwelkom word na hulle vanjaar se toernooi by Maritzburg-kollege in Pietermaritzburg misgeloop het. Diamonds sal in sy tweede wedstryd vir Maritzburg-kollege die stryd aans\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die ander span van die streek Ho\u00ebrskool Noord-Kaap van Kimberley sal teen Oakdale Landbou sy toernooi afskop. Northerns kom op die tweede dag teen een van die nuwelinge van die toernooi King Edward VII te staan. Die span van Johannesburg maak sy eerste verskyning op die toernooi en die voormalige Protea-krieketspeler en SA Skole-rugbyspeler Herschelle Gibbs se seun behoort in di\u00e9 span te wees. Sy seun Rashard Fuller het verlede jaar as 16-jarige reeds vir sy skool se eerste span uitgedraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die enigste ander nuweling op die toernooi van 2014 is Selborne-kollege van Oos-Londen. Die wedstryd op die eerste dag tussen Affies en Paarl Gimnasium behoort een van die hoogtepunte van die toernooi te wees. Asook die stryd tussen Monument en Outeniqua op die tweede dag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><strong><span style=\"color: #000000;\">Die voorlopige bepalings is: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Maandag, 28 April 2014 \u2013<\/strong> Affies t. Paarl Gimnasium; Grey-kollege t. Outeniqua; Waterkloof t. Glenwood; Noord-Kaap t. Oakdale Landbou; Monument t. Maritzburg-kollege; Grey PE t. EG Jansen; Paul Roos t. King Edward VII; HTS Drostdy t. Selborne-kollege; Boland Landbou t. Wildeklawer XV; Diamantveld t. HTS Middelburg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Woensdag, 30 April 2014 \u2013<\/strong> Affies t. Oakdale Landbou; Grey-kollege t. Monument; Noord-Kaap t. King Edward VII; Paarl Gimnasium t. EG Jansen; Waterkloof t. Grey PE; Outeniqua t. Glenwood; Paul Roos t. Selborne-kollege; HTS Drostdy t. Wildeklawer XV; Boland Landbou t. HTS Middelburg; Diamantveld t. Maritzburg-kollege.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Grey-kollege sal weer op 2014 se Wildeklawer-toernooi op Ho\u00ebrskool Diamantveld se hoofveld in Kimberley behoorlik op die proef gestel word. Grey sal teen Ho\u00ebrskool Outeniqua van George en Monument van Krugersdorp in sy twee wedstryde te staan kom. Die toernooi vind van 28 tot 30 April in die Diamantstad plaas. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5842","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5842","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5842"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5842\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5842"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5842"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5842"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}