{"id":5851,"date":"2014-01-09T09:33:02","date_gmt":"2014-01-09T09:33:02","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/brendan-venter-sluit-aan-by-paul-roos-afrigtingspan\/"},"modified":"2014-01-09T09:33:02","modified_gmt":"2014-01-09T09:33:02","slug":"brendan-venter-sluit-aan-by-paul-roos-afrigtingspan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5851","title":{"rendered":"Brendan Venter sluit aan by Paul Roos afrigtingspan"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die 2013 \u2013 seisoen is iets van die verlede, en steeds word daar in die sosiale media gegons oor dit wat was, en dit wat kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Globaal gesproke was dit vir Paul Roos \u2018n uitsonderlike seisoen \u2013 die 26 spanne het \u2018n wenpersentasie van 85% behaal \u2013 wat uitsonderlik is indien die kwaliteit van die opposisie in ag geneem word. Paul Roos kon ook talle Saterdae daarin slaag om bykans al die wedstryde van die dag te wen, en het boonop teen Grey College meer wedstryde gewen as verloor \u2013 wat altyd \u2018n baie bevredigende situasie is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die eerstespan was dit \u2018n teleurstellende jaar \u2013 tog is goeie oorwinnings oor skole soos SACS, Rondebosch, Wynberg, Maritzburg College en Glenwood behaal, en baie goeie vertonings teen skole soos Paarl Gim , Affies, HJS en Selborne gelewer. Daar was egter veel meer teleurstellings as vreugde \u2013 en uit die aard van die saak is dit \u2018n aangeleentheid wat indringend bespreek is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerstespan is in goeie hande. Hein Kriek as hoofafrigter het \u2018n bewese suksesrekord, is baie entoesiasties, beskik oor goeie kennis, en is nie bang om sy hande vuil te maak nie. Hy is ook uitgesproke daaroor dat hy sy eie toekoms in rugby sien, en nie noodwendig in die onderwys nie. Daar is dus baie op die spel vir hom \u2013 en ons weet ook dat hy vir ander afrigtingsgeleenthede aspireer \u2013 veral waar hy voltyds in diens van rugby kan staan. Die skool ondersteun die beginsel om personeel sowel as leerders optimaal te ontwikkel en te bemagtig. Paul Roos deins nie terug van hierdie verantwoordelikheid ter wille van korttermyn resultate nie. Vandaar die betrokkenheid van onder andere persone soos Dawie Snyman, Brendan Venter en Tiaan Snyman(skop-afrigter) wat Paul Roos se sport-filosofie ondersteun. Die skool het 100% vertroue in hierdie groep mense soos in al sy ander personeel. Lojaliteit, toewyding en passie vir Paul Roos is ononderhandelbare vereistes wat gestel word aan enige persoon aan wie ons die leerders toevertrou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dawie Snyman is \u2018n ervare en deurwinterde afrigter \u2013 en die waarde wat hy toevoeg is enorm. Hy is een van die min ware rugby-filosowe, \u2018n lewende ensiklopedie van kennis \u2013 en wat \u2018n voorreg dat ons seuns en afrigters aan hom blootgestel kan word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boonop word die afrigtingspan vir die nuwe seisoen versterk met die betrokkenheid van Brendan Venter \u2013 wie se sukses by Saracens en die Sharks algemeen bekend is. Hy is \u2018n goeie vriend van Paul Roos, en sy insette sal beslis baie waardevol wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stephan Jordaan wat vanjaar die baie suksesvolle onder 16 span afgerig het sluit hom aan by die senior groep en sal verantwoordelik wees vir die Bituas en die C-span wat \u2018n onder 17 span sal wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die buite seisoen se ontwikkelingsprogram wat aangebied word deur die Stellenbosche Akademie vir Sport word baie goed deur die seuns ondersteun met baie positiewe resultate. Braam van Straaten, bygestaan deur Tiaan Snyman, het \u2018n twee dae skopkliniek aangebied, ander interessante besluite is geneem , bv oor die struktuur waarvolgens die 0\/19-spanne gaan funksioneer, hul wedstrydskedule, ens. Daar heers dus \u2018n algehele gees van opgewondenheid en afwagting vir die nuwe seisoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Realisme is egter ook nodig. Uit die aard van die saak sal die feit dat Paul Roos nie finansi\u00eble aanbiedinge aan voornemende skoliere maak, beurse bied aan leerders om ooglopende leemtes in spanne te versterk nie, die skool se globale fokus op \u201call-round excellence\u201d, die feit dat deelname aan somersport aangemoedig word [en rugby dus nie verabsoluteer word nie], en die werklikheid dat top hokkie-skole [wat Paul Roos inderdaad is] dit dikwels moeiliker vind om ook in rugby te presteer, dit veel moeiliker maak om weer \u2018n top 3-span in Suid-Afrika te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos se trotse rugbytradisie, die passie en lojaliteit van al die betrokkenes, en die sterk wil om te presteer, sal egter verseker dat Paul Roos spoedig weer sy regmatige plek tussen die top rugbyskole van die land inneem.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 2013 \u2013 seisoen is iets van die verlede, en steeds word daar in die sosiale media gegons oor dit wat was, en dit wat kom. Globaal gesproke was dit vir Paul Roos \u2018n uitsonderlike seisoen \u2013 die 26 spanne het \u2018n wenpersentasie van 85% behaal \u2013 wat uitsonderlik is indien die kwaliteit van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5851","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5851"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5851\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}