{"id":588,"date":"2013-05-11T06:38:21","date_gmt":"2013-05-11T06:38:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hartpasient-grey-se-troefkaart-teen-affies\/"},"modified":"2013-05-11T06:38:21","modified_gmt":"2013-05-11T06:38:21","slug":"hartpasient-grey-se-troefkaart-teen-affies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=588","title":{"rendered":"\u2018Hartpasi\u00ebnt\u2019 Grey se troefkaart teen Affies"},"content":{"rendered":"<p>GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan sal vandag hope inspirasie nodig h\u00ea indien hy as oorwinnaar van die veld in sy kragmeting hier op sy tuisveld teen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria wil stap. Gelukkig vir die span sal sy inspirerende kaptein en flank, Marius Louw sy terugkeer tot die span in vandag se kragmeting maak.<\/p>\n<p>Daar is geen twyfel dat Louw se troepe tot meer as waartoe hulle instaat is kan vermag met hom in hul midde nie. Hy het in 2010 \u2018n opehartoperasie ondergaan en daar was nie sekerheid of hy ooit weer aan enige sport sou kon deelneem nie. \u201cHy het daardie jaar in so drie wedstryde naar geword en ons het aanvanklik gedink dit is sy slukderm en dat dit nie iets ernstig was nie. Ons het die kardioloog Steven Brown gaan sien en daar was \u2018n vergroeisel aan Marius se aorta,\u201d het Marius Louw sr. oor sy seun se terugslag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Van Louw jr. se hartkleppe is beskadig en indien hulle vervang moes word sou hy nie weer aan enige sport kon deelneem nie. \u201cMarius is nie \u2018n emosionele mens nie, maar die aand toe ons die nuus kry was hy baie emosioneel,\u201d het Louw sr. vertel.<\/p>\n<p>Die chirurg Francis Smit het die hegtings aan die hartklep behartig en Louw jr. het in Maart 2011 weer vir die eerste keer op die veld gedraf. \u201cOns spot gereeld oor \u2018n oud-leerling van Sentraal so groot rol in Marius se herstel gespeel het. Hy moet elke jaar vir \u2018n hartondersoek gaan en elke jaar is dit beter. Hy s\u00ea altyd elke keer as hy opdraf doen hy dit in dankbaarheid want dit kon so anders verloop het,\u201d het Louw sr. ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Springbokke Pierre Spies en Flip van der Merwe het Louw jr. in die hospital besoek en hom moed ingepraat na sy operasie.<\/p>\n<p>Louw jr. sal vandag in sy span se interskole teen Affies \u2018n belangrike rol op die veld vertolk. Hy was lid van Grey se span wat verlede jaar 29-35 teen Affies die knie gebuig het. Die span van die Jakarandastad is vanjaar nog onoorwonne en sal di\u00e9 status wil behou. Di\u00e9 kragmeting tussen di\u00e9 twee skole het in die verlede al \u2018n hele paar keer meer toeskouers as Cheetah-wedstryde op dieselfde dag getrek.<\/p>\n<p>\u201cMy doelwit is om elke jaar net beter as die vorige jaar te speel,\u201d het \u2018n nederige Louw jr. oor sy doelwitte vir die seisoen vertel. Hy het verlede jaar die Vrystaatse Akademie-span aangevoer waarna hy opgeroep is om Sentraal se Stefan Kruger in die Cravenweek-span te vervang.<\/p>\n<p>Kruger het sy sleutelbeen in die eerste wedstryd van di\u00e9 toernooi in Port Elizabeth teen KwaZulu-Natal gebreuk. Louw was ongetwyfeld die Vrystaat se beste speler op die Akademie-week en dit was geen verrassing toe hy nader geroep is om Kruger te vervang nie.<\/p>\n<p>Louw was ook onderkaptein van die nasionale o.18-sewespan wat vroe\u00ebr vanjaar die goue medalje op die Australiese Jeug Olimpiese-fees verower het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan sal vandag hope inspirasie nodig h\u00ea indien hy as oorwinnaar van die veld in sy kragmeting hier op sy tuisveld teen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria wil stap. Gelukkig vir die span sal sy inspirerende kaptein en flank, Marius Louw sy terugkeer tot die span in vandag se kragmeting maak. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-588","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=588"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/588\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=588"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=588"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}