{"id":5898,"date":"2014-02-15T05:14:25","date_gmt":"2014-02-15T05:14:25","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/ses-gewese-vs-skolesenters-in-twee-superrugby-stryd\/"},"modified":"2014-02-15T05:14:25","modified_gmt":"2014-02-15T05:14:25","slug":"ses-gewese-vs-skolesenters-in-twee-superrugby-stryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5898","title":{"rendered":"Ses gewese VS-skolesenters in twee SuperRugby-stryd"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">VYF van die agt rugbyspelers wat vandag in die eerste ronde van die SuperRugby-reeks die middelveld vir hulle onderskeie spanne sal beman het hul skoolloopbane in Bloemfontein voltooi. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vier van die senters is produkte van die Springbok-fabriek, Grey-kollege. Twee voormalige leerlinge van Grey, Frans Steyn (2005) en Paul Jordaan (2010) sal vir die Sharks teen die Bulls in Durban op senter uitdraf. Nog \u2018n Grey-man Francois Venter (2009) sal sy buiging vir die Cheetahs in Bloemfontein teen die Lions maak. Hy het egter al vir die Bulls in die kompetisie gespeel. Jan Serfontein (2011) sal teen Steyn en Jordaan vir die Bulls sy man staan. Serfontein en Jordaan het saam in 2010 vir Grey se eerstespan gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander senter van die Rosestad is die Lions se Lionel Mapoe wat in 2007 aan Ho\u00ebrskool Fichardtpark gematrikuleer het. Mapoe het in 2006 die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Die ander dries enters wat in di\u00e9 twee SuperRugby-wedstryde in di\u00e9 beginspanne sal uitdraf is Stefan Watermeyer (Waterkloof) vir die Leeus, Johan Sadie (Paarl Gimnasium) vir die Cheetahs en JJ Engelbrecht (Grey PE) vir die Bulls. Nog \u2018n oud-Grey, Alwyn Hollenbach sit op die plaasvervangersbank vir die Leeus. Hy word ook meestal in die middelveld ingespan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het tussen 2007 en 2011 nie minder as sewe Suid-Afrikaanse Skole-senters opgelewer nie. Die sewetal is Robert Ebersohn (2007), Francois Venter (2008), Piet Lindeque (2009), William Small-Smith, Paul Jordaan (albei 2010), Jan Serfontein en Dries Swanepoel (albei 2011). \u201cEk dink nie daar is \u2018n spesifieke rede hoekom ons soveel talentvolle senters oplewer nie. Baie talentvolle spelers kom na Grey toe en dan ontwikkel ons hulle verder. Ek dink tog die spelers wat voor hulle in die eerstespan se trui gespeel het inspireer ook die spelers. Die Springbokke se name is by elke posisie se sitplek in die kleedkamer en ek glo dit inspireer die spelers,\u201d het Dries van der Wal, rugbyhoof van Grey, ges\u00ea. Grey se Springbok-senter tot dusver is Louis Babrow, Helgard Muller, Heinrich Fuls, Pieter Muller, Andries Strauss, Steyn en Serftontein. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Verdere 17 spelers sal in di\u00e9 eerste ronde hulle eerste proesel van SuperRugby kry. Vir die Leeus sal Willie Britz (Diamantveld) en Schalk van der Merwe (Grey) uit die sentrale streek hulle buigings in die reeks maak.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>VYF van die agt rugbyspelers wat vandag in die eerste ronde van die SuperRugby-reeks die middelveld vir hulle onderskeie spanne sal beman het hul skoolloopbane in Bloemfontein voltooi. Vier van die senters is produkte van die Springbok-fabriek, Grey-kollege. Twee voormalige leerlinge van Grey, Frans Steyn (2005) en Paul Jordaan (2010) sal vir die Sharks teen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5898","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5898"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5898\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}