{"id":5928,"date":"2014-03-02T06:39:45","date_gmt":"2014-03-02T06:39:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/brandfort-verdedig-trotse-rekord-teen-bothaville\/"},"modified":"2014-03-02T06:39:45","modified_gmt":"2014-03-02T06:39:45","slug":"brandfort-verdedig-trotse-rekord-teen-bothaville","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5928","title":{"rendered":"Brandfort verdedig trotse rekord teen Bothaville"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>DIE eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort sal vandag in die hoofwedstryd van sy 15de jaarlikse sportdag teen Ho\u00ebrskool Bothaville sy trotse onoorwonne rekord verdedig.<\/p>\n<p>Die span van Brandfort was sedert die ontstaan van die sportdag nog nie aan die verloorkant op di\u00e9 dag nie. <br \/>Grey-kollege sal ook vir die eerste keer sedert 2000 weer op di\u00e9 sportdag in aksie wees. Daar sal twee spanne van Grey teen onderskeidelik Welkom-Gimnasium en Goudveld-Ho\u00ebrskool kragte meet. Die span van die Rosestad gebruik die wedstryde as proewe.<\/p>\n<p>Grey se breier, Tewis de Bruin was in Grey se laaste wedstryd in Brandfort in aksie. Grey het op daardie dag vir Fichardtpark 106-0 kaf gedraf. De Bruin het 26 van sy span se punte aangeteken. Hy het 13 doelskoppe oorgeklits.<\/p>\n<p>Grey se Mike Andrade wat van Brandfort af kom sal weens \u2018n enkelbesering nie aan die sportdag deelneem nie. Hy het twee jaar terug vir Brandfort op die sportdag teen Parys uitgedraf.<\/p>\n<p>In die vernaamste voorwedstryd van die sportdag pak Sentraal en Noord-Kaap mekaar. Tralies het vroe\u00ebr die week teen Landboudal van Jacobsdal 16-27 die knie gebuig. Northerns se agtsteman, Gerhard Holtzhausen is in die nasionale skole-sewesgroep. Tralies se losskakel DP de Lange en slot SJ Wessels was twee jaar gelede in die nasionale o.16 groen groep.<\/p>\n<p>In Jacobsdal op Landboudal se jaarlikse sportdag sal Louis Botha se nuwe Suid-Afrikaanse Skole aanwins, Joseph Dweba sy buiging vir die span van die Rosestad maak. Dweba het verlede jaar vir Florida en die Leeus op die Cravenweek gespeel.<\/p>\n<p>Hy is egter nie verkiesbaar vir vanjaar se Cravenweek-toernooi in Middelburg nie.<\/p>\n<p>Die stryd in die kragmeting om dop te hou is tussen die gasheer se senterpaar Kat Mabaleng en Guillaume Oberholster teen hulle eweknie\u00eb van Louis Botha Ali Mgijima en Dale Koopman. Koopman en Mgijima het verlede jaar vir die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig, terwyl Mabaleng vir Griekwas gespeel het. <br \/>Vandag se skolerugbybepalings:<\/p>\n<p>Brandfort Rugbydag: A-veld \u2013 07:35: Bultfontein t. Goudveld III; 08:45: Hendrik Potgieter t. Hennenman; 09:55: President Steyn t. Hentie Cilliers II; 11:05: Grey Barbarians t. Welkom-Gimnasium; 12:15: Fichardtpark t. AHS Kroonstad; 13:25: Grey XV-tal t. Goudveld; 14:35: Zastron t. Hentie Cilliers; 15:45: Sentraal t. Noord-Kaap; 17:00: Brandfort t. Bothaville; B-veld \u2013 15:30 \u2013 Theunissen t. Bohmer; 16:30: Martie du Plessis t. Zastron II. Ander \u2013 12:20 \u2013 Sand du Plessis t. Ficksburg; 12:30: Duineveld t. Diamantveld; 13:30: Ho\u00ebrskool Klerksdorp t. Jim Fouch\u00e9; 16:30: Landboudal t. Louis Botha<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort sal vandag in die hoofwedstryd van sy 15de jaarlikse sportdag teen Ho\u00ebrskool Bothaville sy trotse onoorwonne rekord verdedig. Die span van Brandfort was sedert die ontstaan van die sportdag nog nie aan die verloorkant op di\u00e9 dag nie. Grey-kollege sal ook vir die eerste keer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5928","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5928","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5928"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5928\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5928"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5928"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5928"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}