{"id":5929,"date":"2014-03-02T17:57:28","date_gmt":"2014-03-02T17:57:28","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sentraal-behaal-spog-oorwinning-oor-northerns\/"},"modified":"2014-03-02T17:57:28","modified_gmt":"2014-03-02T17:57:28","slug":"sentraal-behaal-spog-oorwinning-oor-northerns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5929","title":{"rendered":"Sentraal behaal spog-oorwinning oor Northerns"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p>DIE rugbyspan van Ho\u00ebrskool Sentraal het \u2018n houvas wat Noord-Kaap van Kimberley oor hom sedert 2010 gehad het Saterdag op Brandfort se jaarlikse sportdag verbreek. Die Tralies was 20-12 in die wedstryd baas.<\/p>\n<p>Di\u00e9 oorwinning sal ook die span se selfvertroue help nadat hy Maandag teen Landboudal van Jacobsdal 19-26 aan die verloorkant was. Die kragmeting het laat begin weens vervoer probleme wat die span van die Diamantstad ondervind het. Die span se bus het twee keer tot stilstand gekom weens gebarste buitebande. Die kragmeting is ook verkort tot \u2018n eerste helfte van 24 minute en \u2018n tweede helfte van 17 minute.<\/p>\n<p>Vir Tralies het sy stut, Lafras Bekker uitmuntend vertoon. Hy het die bal goed gedra, terwyl hy en Doctor Booysen van Northerns mekaar \u2018n opdraende stryd in die skrums gegee het. Die losskakel, DP de Lange het agterlangs \u2018n stewige vertoning gelewer.<\/p>\n<p>Fichardtpark het op die sportdag \u2018n sege van 22-13 oor die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad behaal. Die span wat deur Dirkie Groenewald gebrei word het ook Maandag \u2018n goeie vertoning teen Diamantveld van Kimberley opgesit. Die span van die Diamantstad het 21-14 gewen.<\/p>\n<p>Vir Fichies was sy losskakel Stefan Klopper Saterdag \u2018n staatmaker. Hy het 17 punte met sy skopskoen bygedra.<\/p>\n<p>\u2018n Driekuns deur die skrumskakel en kaptein van Hentie Cilliers, Jaywinn Juries het sy span tot \u2018n sege van 43-0 oor Zastron aangevuur. Juries is \u2018n speler wat vanjaar \u2018n sterk aanspraakmaker op \u2018n plek in die nasionale skolespan behoort te maak.<\/p>\n<p>Voorlangs het Damain May op flank ook goed vertoon, terwyl die heelagter Ezrick Alexander \u2018n hele paar gevaarlike aanvalle vanuit die laaste vesting geloods het.<\/p>\n<p>Hennenman het met sy vleuel Mzwake Xalisa aan die spits vir die Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg 27-14 geklop. Mzwake het twee drie\u00eb gedruk, met twee doelskoppe geslaag en ook \u2018n strafdoel tussen deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Diamantveld het \u2018n sege van 20-11 oor Duineveld in Upington behaal. Vir die wenspan het sy losskakel, Gerco Nortj\u00e9 sy skopskoene aangehad. Hy was met twee doelskoppe, \u2018n strafdoel en \u2018n skepdoel in die kol. Vir Duineveld het die flank Erik Jordaan, heelagter Ruan Matthews en stut Stefan Hanekom goeie vertonings gelewer.<\/p>\n<p>Louis Botha het op Jacobsdal sy seisoen met \u2018n klinkende sege van 32-8 oor Landboudal afgeskop. Die span se losskakel, Ewan Adams het \u2018n driekuns aan drie\u00eb behaal en ook \u2018n persoonlike bydrae van 22 punte gelewer. Vir die wenspan het sy stut Joseph Dweba en flank Victor Maruping saam met Adams uitgeblink.<\/p>\n<p>Sand du Plessis was te sterk vir Ficksburg op sy tuisveld en het 38-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se haker en kaptein Rudo Peens was saam met die agtsteman JB la Cock voorlangs sterre gewees. Reinhardt de Villiers kan op losskakel ook tevrede met sy vertoning voel.<\/p>\n<p>In Klerksdorp het Jim Fouch\u00e9 sy seisoen ook op \u2018n ho\u00eb not afgeskop deur Ho\u00ebrskool Klerksdorp 26-0 te verslaan. Die span van die Rosestad het nie baie balbesit geniet nie, maar het sy kanse beter benut. Die voorspelers het goed verdedig met die stut Anton Noordman wat \u2018n klop klop op die skouer verdien.<\/p>\n<p>Agterlangs was die vleuel Thiardt Ingram en heelagter Danneel Stone uitstaande.<\/p>\n<p><p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Sentraal 20 (13) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: SJ Wessels, AJ Page. Doelskoppe: DP de Lange (2). Strafdoele: De Lange (2). <strong>Noord-Kaap 12 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Thomas Fortuin, Gerhard Holtzhausen. Doelskop: Robbie Petzer.<\/p>\n<p><strong>Hentie Cilliers 43 (26) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jaywinn Juries (3), Damian May, Siyabonga Luwaca, Melton Wentzel, Emile Seconds. Doelskoppe: Juries (4). <strong>Zastron 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 22 (16) \u2013<\/strong> Drie: Erhard Smith. Doelskop: Klopper. Strafdoele: Klopper (5). <strong>AHS Kroonstad 13 (13) \u2013<\/strong> Drie: Francois Stemmet. Doelskop: Jeandr\u00e9 Uys. Strafdoele: Uys (2).<\/p>\n<p><strong>Hennenman 27 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Mzwake Xalisa (2), Angelo Pienaar, Daniel Mokopane. Doelskoppe: Xalisa (2). Strafdoel: Xalisa. <strong>Hendrik Potgieter 14 (7)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Diamantveld 20 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Michael Rodrigues, Marno Willemse. Doelskoppe: Gerco Nortj\u00e9 (2). Strafdoel: Nortj\u00e9. Skepdoel: Nortj\u00e9. <strong>Duineveld 11 (11) \u2013<\/strong> Drie: Ryno Karstens. Strafdoele: Ruan Matthews (2).<\/p>\n<p><strong>Louis Botha 32 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ewan Adams (3), Jeandr\u00e9 Christiaan, Dale Koopman. Doelskoppe: Adams (2). Strafdoel: Adams. <strong>Landboudal 8 (8)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Sand du Plessis 38 (26) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Rudo Peens (2), Reinhardt de Villiers, Dale Nel, Gustav Greyling, JB la Cock. Doelskoppe: La Cock (4). <strong>Ficksburg 7 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9 28 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Thiardt Ingram (2), Marco Vermeulen, Strafdrie. Doelskoppe: Tiaan Schutte (4). <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Theunissen 28 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Sylvester Seseane (2), Atmuan Kok (2). Doelskoppe: Ennock Rakotsoane (4). <strong>B\u00f6hmer 7<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Landboudal 26 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Kat Mabaleng, Erick Reinecke, CD Wilke, Petri Fourie. Doelskoppe: Reinecke (3). <strong>Sentraal 19 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: AJ Page, Stefano Eckhard, SJ Wessels. Doelskoppe: DP de Lange (2).<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE rugbyspan van Ho\u00ebrskool Sentraal het \u2018n houvas wat Noord-Kaap van Kimberley oor hom sedert 2010 gehad het Saterdag op Brandfort se jaarlikse sportdag verbreek. Die Tralies was 20-12 in die wedstryd baas. Di\u00e9 oorwinning sal ook die span se selfvertroue help nadat hy Maandag teen Landboudal van Jacobsdal 19-26 aan die verloorkant was. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5929","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5929","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5929"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5929\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5929"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5929"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5929"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}