{"id":5930,"date":"2014-03-02T18:01:18","date_gmt":"2014-03-02T18:01:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/brandfort-vir-die-eerste-keer-op-sportdag-verslaan\/"},"modified":"2014-03-02T18:01:18","modified_gmt":"2014-03-02T18:01:18","slug":"brandfort-vir-die-eerste-keer-op-sportdag-verslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5930","title":{"rendered":"Brandfort vir die eerste keer op sportdag verslaan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>\u2018n TROTSE rekord het Saterdag op Pagepark in Brandfort in die slag gebly. Die gasheer van die jaarlikse sportdag hier, die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart is vir die eerste keer in die 15 jarige bestaan van di\u00e9 dag verslaan.<\/p>\n<p>En dit het \u2018n kliniese vertoning van Ho\u00ebrskool Bothaville gekos om die kragmeting 29-14 te wen en sodoende \u2018n uitsonderlike rekord in die slag te laat bly. Bothaville het feitlik al die balbesit sowel as die gebiedsvoordeel in die kragmeting geniet. Die tuisspan het egter verwoed verdedig en rustyd slegs 7-15 agtergeloop ondanks \u2018n reuse aanslag deur Bothaville op sy doellyn. Brandfort het slegs een keer balbesit in&nbsp;Bothaville se helfte geniet en toe het sy flank Ernst Victor gaan druk, na goeie samespel deur die senter Vlam Groenewald en Henco de Wet.&nbsp;<\/p>\n<p>Vir Bothaville het sy kaptein en agtsteman Sakkie Bester en losskakel WJ Crous uitstaande vertonings gelewer. Hoewel Crous \u2018n geelkaart vir \u2018n ontoelaatbare duikslag ontvang het, het hy ook twee van sy span se drie\u00eb gedruk en drie doelskoppe oorgeklits. Brandfort se lynstaanwerk en skrumwerk was sy grootste swakpunte.<\/p>\n<p>Grey-kollege se XV-tal, die skool se waarskynlike eerstespan sonder krieketspelers en atlete, het nie veel meer as skadu-rugby teen Goudveld-Ho\u00ebrskool gespeel nie. Die span van Grey het Goudveld in 35 minute 111-0 verneder. Die eerste helfte was slegs 22 minute lank, terwyl die tweede helfte net 13 minute lank was. Die skeidsregter, Sakkie Meyer het slegs sy fluitjie vir die 18 drie\u00eb, agt doelskoppe, die twee afskoppe en vir die sewe skrums van die wedstryd geblaas. Hy het nie een strafskop toegeken nie.<\/p>\n<p>Hoewel di\u00e9 nie Goudveld se eerstespan was nie, het die program van die dag daarmee verskil. Gouties se eerstespan het \u2018n kamp die naweek gehad, dit was dus \u2018n tweede span. Daar is baie ander skole wat baie sou doen vir \u2018n geleentheid om hul trots teen die land se voorste rugbyskool te meet, die span van Welkom het sy geleentheid en waarskynlik toekomstige geleenthede verspeel.<\/p>\n<p>Grey se Barbarians het veel taaier teenstand van Gouties se aartsvyand, Welkom-Gimnasium ontvang. Die Barbarians het 26-16 as oorwinnaars van die veld gestap danksy skitterspel deur Julian Jordaan. Jordaan het die kragmeting as skrumskakel begin en toe hy as binnesenter weer op die veld kom het hy eers die aanvoorwerk vir die vleuel Godfrey Simelane se tweede drie gedoen en di\u00e9 verdoel om sy span 17-16 te laat voorloop. Hy het daarna weer soos \u2018n warm mes deur botter deur Gimmies se verdediging geglip om self te gaan druk. Gimmies moes vir lank met 14 spelers klaarkom omdat twee spelers Nazo Nkala en Ediaan Badenhorst wat koelkas toe gestuur is. Vir Gimmies was sys enter Danie Hendriks \u2018n yster op verdediging.<\/p>\n<p>Hentie Cilliers se tweede span het President Steyn 40-5 die loef afgesteek.&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p><strong>Bothaville 29 (15) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: WJ Crous (2), Sakkie Bester, Armand van Wyk. Doelskoppe: Crous (3). Penalty: Derick Beeslaar.<strong> Brandfort 14 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ernst Victor, Pieter Reynecke. Doelskoppe: Henco de Wet (2).<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege XV-tal 111 (76) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Charl Pretorius (4), Niel Stannard (3), Henry Slabbert (2), Glen Erickson (2), Dwayne Wessels (2), Marius Kruger, CJ L\u00f6tter, Louwtjie Steenkamp, Diaan Gouws, Julian Jordaan. Doelskoppe: Henry Immelman (5), Steenkamp (3), Erickson. <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Grey Barbarians 26 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Godfrey Simelane (2), AJ Barkhuizen, Julian Jordaan. Doelskoppe: Jordaan (2), Tokkie Kasselman. <strong>Welkom Gimnasium 16 (10) \u2013<\/strong> Drie: SJ Malherbe. Doelskop: JL Carry-Smith. Strafdoele: Carry-Smith (3).<\/p>\n<p><\/span><\/span><\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n TROTSE rekord het Saterdag op Pagepark in Brandfort in die slag gebly. Die gasheer van die jaarlikse sportdag hier, die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart is vir die eerste keer in die 15 jarige bestaan van di\u00e9 dag verslaan. En dit het \u2018n kliniese vertoning van Ho\u00ebrskool Bothaville gekos om die kragmeting 29-14 te wen en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5930","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5930","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5930"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5930\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5930"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5930"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5930"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}