{"id":5936,"date":"2014-03-10T10:17:23","date_gmt":"2014-03-10T10:17:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-bo-baas-teen-potch-gimnasium\/"},"modified":"2014-03-10T10:17:23","modified_gmt":"2014-03-10T10:17:23","slug":"grey-bo-baas-teen-potch-gimnasium","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5936","title":{"rendered":"Grey bo-baas teen Potch Gimnasium"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>Indien \u2018n buitestaander Saterdag op Fichardtpark se 13de jaarlikse sportdag na al die wedstryde op die A-veld gekyk het, sou sy vernaamste waarneming heel moontlik gewees het dat die Vrystaat vanjaar na die Cravenweek in Middelburg \u2018n gedugte span behoort te stuur.<\/p>\n<p>Grey-kollege, Louis Botha, Sentraal en Fichardtpark het almal getoon dat hulle vanjaar oor goeie spanne beskik. Grey het met sy sege van 53-0 oor Potchefstroom Gimnasium sy seisoen op \u2018n goeie not afgeskop. Die span se agterlyn het reeds tekens begin toon dat hy vanjaar \u2018n hele paar spanne hoofbrekens gaan besorg. Veral die heelagter, Henry Immelman is op die aanval \u2018n doring in Gimmies se vlees gewees. Hy het drie keer gaan druk en verskeie kere geruisloos verby verdedigers gesweef.<\/p>\n<p>Die losskakel Dwayne Wessels het saam met sy senterpaar Mike Andrade en Julian Jordaan spel goed dikteer. Die vleuel Charl Pretorius was egter saam met Immelman die groot uitblinkers agterlangs.<\/p>\n<p>Voorlangs het die agtsteman, Alex Jonker gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word. Hy het twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier en telkemale met goeie lopies sy span op die voorvoet geplaas. <br \/>Vir Gimmies het sy flank Marcel Burger moedig prober.<\/p>\n<p>Grey se naasbestes, die Cherries het die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad 44-15 verslaan. Die span se losskakel Tokkie Kasselman en flank Lappies Labuschagn\u00e9 het goeie spel vir die wenspan gelewer. In die tweede helfte het die vleuel Albert Verwey en haker Daniel Rust \u2018n impak gemaak toe hulle van die plaasvervangersbank op die veld gekom het.<\/p>\n<p>Diamantveld het vir Louis Botha behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Louis Botha het die kragmeting 15-13 gewen na sy skrumskakel Shirwin Cupido laat in die wedstryd met \u2018n strafdoel geslaag het. Boonop is Diamonds se vleuel, Nico Roets na twee gevaarlike duikslae met \u2018n rooikaart deur die skeidsregter Johan Wasserman van die veld gejaag. Roets het \u2018n geelkaart in die eerste helfte vir die eerste gevaarlike duikslag ontvang. Sy tweede duikslag was met nog 20 minute se spel oor in die wedstryd.<\/p>\n<p>Die span van Kimberley was op daardie stadium 13-12 voor. Die span van die Rosestad se stut Joseph Dweba, flank Victor Maruping en senter Ali Mgijima het goeie vertonings gelewer. Vir Diamantveld het sy losskakel Gerco Nortj\u00e9 gewys dat hy ook \u2018n gevaarlike skopskoen besit. Die besoekers se beste speler was egter sy flank Janco Cloete wat puik op verdediging was.<\/p>\n<p>Landboudal van Jacobsdal het Witteberg van Bethlehem in die eerste wedstryd van die dag op die A-veld 15-10 getroef. Die wenspan se Cravenweek-senter, Kat Mabaleng het goed vertoon.<\/p>\n<p>Op die B-veld het Zastron kragtige spel gelewer om Riebeeckstad 56-7 te verslaan. Hangklip van Queenstown het Staatspresident Swart van Brandfort naelskraaps 18-17 uitoorl\u00ea. Hennenman het ook naelskraaps 25-26 die knie gebuig in sy kragmeting teen Aliwal-Noord.<\/p>\n<p>Hoopstad was 18-11 baas oor Hendrik Potgieter van Reddersburg, terwyl Ho\u00ebrskool Middelburg van die Oos-Kaap 30-7 oor Koffiefontein in die hoofwedstryd op die B-veld koning gekraai het. Die span van De Aar het \u2018n sege van 19-14 oor \u2018n vyftiental van Grey-kollege behaal. Die span van Grey is saamgestel gewees uit spelers wat nie in die toergroepe van Grey se eerste twee spanne was nie. Daar is ook nog soos met meeste spanne krieketspelers en atlete wat nie vir die span oorweeg kon word nie<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien \u2018n buitestaander Saterdag op Fichardtpark se 13de jaarlikse sportdag na al die wedstryde op die A-veld gekyk het, sou sy vernaamste waarneming heel moontlik gewees het dat die Vrystaat vanjaar na die Cravenweek in Middelburg \u2018n gedugte span behoort te stuur. Grey-kollege, Louis Botha, Sentraal en Fichardtpark het almal getoon dat hulle vanjaar oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5936","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5936\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}