{"id":5937,"date":"2014-03-10T10:19:41","date_gmt":"2014-03-10T10:19:41","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/fichies-wen-op-jaarlikse-sportdag\/"},"modified":"2014-03-10T10:19:41","modified_gmt":"2014-03-10T10:19:41","slug":"fichies-wen-op-jaarlikse-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5937","title":{"rendered":"Fichies wen op jaarlikse sportdag"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>DIE Ho\u00ebrskool Fichardtpark se rugbyspan het \u2018n klinkende sege van 35-16 oor Ho\u00ebrskool Grens in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein behaal. Die span van die Rosestad kon egter eers net voor rustyd vir die eerste keer voorloop in die wedstryd.<\/p>\n<p>Die span se heelagter, Francois van Rooyen het die vonk vir die vuur in Fichies se vertoning verskaf. Hy het \u2018n lang torpedo-skop veld afgejaag, wat Grens nie met soveel rente kon terugstuur nie. Fichies se linkervleuel, Jacques van Heerden het die bal langs die kantlyn raakgevang en met sy vaart \u2018n hele paar verdedigers na lug laat gryp. Toe hy vasgevat word net duskant die besoekers se doellyn was Van Rooyen daar vir ondersteuning wat die bal weer buite toe na die senter Emile Cloete aangegee het wat die afronding gedoen het.<\/p>\n<p>Fichies was na di\u00e9 drie \u2018n heel ander span. Die span se skrumskakel Luan Louw het veral \u2018n goeie wedstryd agter die oond beleef. Die besoekers se skrumskakel, Reinhardt Engelbrecht was sy span se beste speler. Hy het met sy dartellopies in die eerste helfte meeste van Fichies se probleme besorg.<\/p>\n<p>Buiten Louw het die slot Wieghardt Hattingh ook \u2018n stewige vertoning gelewer.<\/p>\n<p>Sentraal se span sal heelwat selfvertroue neem uit sy oorwinning van 25-23 oor die Griffon-kampioen Hentie Cilliers op die sportdag. Met die omdraaislag en die telling op 10-elk was daar nie veel tussen die twee spanne te kies nie.<\/p>\n<p>Die slot SJ Wessels het met sy drie vroeg in die wedstryd reeds sy stempel begin afdruk. Hy het saam met die stut Lafras Becker kragtige vertonings voorlangs vir Tralies opgedis. Agterlangs was die losskakel, DP de Lange se taktiese skopwerk in moeilike winderige omstandighede van hoogstaande gehalte. Die vleuel Zirk Kok het gewys dat hy gewillig en \u2018n harde werker is, hy was egter \u2018n paar keer te gretig maar het steeds \u2018n stewige vertoning gelewer. Die senter Denzil Fiff het \u2018n hele paar bresse vir die wenspan geslaan.<\/p>\n<p>Vir Henties het sy skrumskakel, Jaywinn Juries gewys dat hy oor een van die beste aangee in die land op skolevlak beskik. Die span se heelagter, Ezrick Alexander het ook \u2018n goeie vertoning gelewer.<\/p>\n<p>Duineveld het met sy pak voorspelers aan die spits daarin geslaag om Welkom-Gimnasium 10-3 te troef.<\/p>\n<p>Die span van Upington het besluit om meestal die bal voorlangs te hou<\/p>\n<p>Goudveld-Ho\u00ebrskool het Ho\u00ebrskool Upington danksy \u2018n drie deur die binnesenter, Gregan Hull 10-6 in hulle kragmeting geklop. Hull was verlede jaar die Griffons se agtsteman op die Cravenweek in Polokwane. Sy sentermaat, Carlton Coeries het sy span se ander drie gedruk. Hulle was ook hulle span se beste spelers op die dag.<\/p>\n<p>Uppies se heelagter Benna Nieuwoudt het \u2018n hele paar stelskoppe pale toe verbrou. Hy kan egter nie vir die verloor blameer word nie, want die skoppe was weens die sterk wind in moeilike omstandighede. Hy het \u2018n goeie vertoning in die laaste vesting gelewer.<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Ho\u00ebrskool Fichardtpark se rugbyspan het \u2018n klinkende sege van 35-16 oor Ho\u00ebrskool Grens in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein behaal. Die span van die Rosestad kon egter eers net voor rustyd vir die eerste keer voorloop in die wedstryd. Die span se heelagter, Francois van Rooyen het die vonk vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5937","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5937","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5937"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5937\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5937"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5937"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5937"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}