{"id":5939,"date":"2014-03-12T05:41:50","date_gmt":"2014-03-12T05:41:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/immelman-voorste-speler-op-fichies-se-sportdag\/"},"modified":"2014-03-12T05:41:50","modified_gmt":"2014-03-12T05:41:50","slug":"immelman-voorste-speler-op-fichies-se-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5939","title":{"rendered":"Immelman voorste speler op Fichies se sportdag"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-5938\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/NuusG_GreyColllege.jpg\" width=\"227\" height=\"321\" alt=\"NuusG GreyColllege\" onmouseout=\"this.src='images\/News_Photos\/NuusG_GreyColllege.jpg';\" onmouseover=\"this.src='Henry Immelman Foto: JJ Vorster\/Photowizz';\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/NuusG_GreyColllege.jpg 317w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/NuusG_GreyColllege-212x300.jpg 212w\" sizes=\"auto, (max-width: 227px) 100vw, 227px\" \/><\/p>\n<p>DIE jaarlikse sportdag van die Ho\u00ebrskool Fichardtpark in Bloemfontein het Saterdag sy tienerwording gevier. Die sportdag groei jaarliks en is sonder twyfel getalle gewys reeds \u2018n geruime tyd die grootste sportdag van sy soort in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Nie minder as 29 skole se eerstespanne was op die sportdag in aksie nie. Dit is ook al die afgelope twee jaar nie vreemd dat van die voorste talentjagters in die land reeds spelers se vertonings hier dophou nie. Die Vrystaat se Andr\u00e9 Tredoux, Blou Bulle se Werner de Beer en die direkteur van rugby by Durban Harlequins Francois Schoeman was almal te sien by die dag. Verskeie agente het ook van die wedstryde bygewoon om moontlike kliente se spel dop te hou.<\/p>\n<p><strong>School of Rugby<\/strong> se Hannes Nienaber het die dag bygewoon en die wedstryde op die A-veld dopgehou. Hier is sy vyf spelers wat die beste vertonings op die dag gelewer het en indrukke:<\/p>\n<p>Die beste speler van die dag was ongetwyfeld Grey-kollege se heelagter, <strong>Henry Immelman<\/strong>. Hy het drie drie\u00eb in sy span se gemaklike sege van 53-0 oor Potchefstroom Gimnasium gedruk.<\/p>\n<p>Immelman het daardie rustigheid wat \u2018n goeie heelagter in hom moet h\u00ea. Dit het nooit tydens die wedstryd gelyk asof hy onder druk is nie. Grey se heelagter van verlede jaar EW Viljoen was een van die skolespelers wie se naam die meeste deur gebruikers van die internet in soektogte ingetik is. Buiten Viljoen het bekende spelers soos Gerbrand Grobler, Pieter Muller, Michael Horak, Joe Pietersen, Frans Steyn en Riaan Britz vir Grey die nommer 15-trui oor die kop getrek. Immelman behoort indien hy op sy spelpeil voortbou in die toekoms in dieselfde asem as die voorgangers genoem te word.<\/p>\n<p>Indien \u2018n skrumskakel vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span wil haal, sal hy eers verby Hentie Cilliers se <strong>Jaywinn Juries<\/strong> moet kom. Hoewel Juries se span teen Sentraal 23-25 die knie gebuig het, het die skrumskakel met sy suiwer aangeewerk beindruk. Hy het ook heelwat spiermassa gebou sedert verlede jaar. Juries het verlede jaar se Cravenweek in Polokwane weens \u2018n gebreekte gewrig misgeloop. Hy was twee jaar gelede in die nasionale o.16-oefengroep.<\/p>\n<p>Nog \u2018n speler wat in 2012 die nasionale groep gemaak het, was die slot van Sentraal<strong> SJ Wessels<\/strong>. Hy het teen Hentie Cilliers een van die beste voorspeler drie\u00eb van die dag gedruk. Wessels was ongetwyfeld die speler van die wedstryd in Tralies se sege.<\/p>\n<p>Grey se agtsteman, <strong>Alex Jonker<\/strong> het voorlangs sy span op die voorvoet gehou. Hy het die bal goed gedra en ook op die verdediging uitgestaan. Jonker was ook twee jaar gelede saam met Juries en Wessels in die nasionale o.16-oefengroep.<\/p>\n<p>Hy behoort vanjaar nog vele uitstaande vertonings vir sy skoolspan op te dis. Hy het twee van sy span se drie\u00eb gedruk en ook met sy posisionele spel beindruk.<\/p>\n<p>Sentraal se losskakel <strong>DP de Lange<\/strong> was \u2018n ware generaal in sy span se oorwinning oor Hentie Cilliers. De Lange was ook in 2012 \u2018n lid van die nasionale o.16-oefengroep. Hy behoort egter \u2018n taaier teenstand vir \u2018n plek in die Vrystaatse Cravenweek-span te verwag as Jonker en Wessels. Grey se losskakel Dwayne Wessels het self \u2018n goeie vertoning teen Potchefstroom Gimnasium gelewer. De Lange is Saterdag in sy span se interskole teen Hoerskool Waterkloof van Pretoria teen Tinus de Beer in \u2018n fynproewers-stryd betrokke<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE jaarlikse sportdag van die Ho\u00ebrskool Fichardtpark in Bloemfontein het Saterdag sy tienerwording gevier. Die sportdag groei jaarliks en is sonder twyfel getalle gewys reeds \u2018n geruime tyd die grootste sportdag van sy soort in Suid-Afrika. Nie minder as 29 skole se eerstespanne was op die sportdag in aksie nie. Dit is ook al die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5938,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5939","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5939","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5939"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5939\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5938"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5939"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5939"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5939"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}