{"id":5947,"date":"2014-03-17T07:51:50","date_gmt":"2014-03-17T07:51:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sentraal-sit-klofies-koud\/"},"modified":"2014-03-17T07:51:50","modified_gmt":"2014-03-17T07:51:50","slug":"sentraal-sit-klofies-koud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5947","title":{"rendered":"Sentraal sit Klofies koud"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p>DIE eerste rugbyspan van Ho\u00ebrskool Sentraal het Saterdag \u2018n verdere waarskuwing aan sy teenstanders van 2014 gestuur toe hy Ho\u00ebrskool Waterkloof van Pretoria 35-21 verslaan het.<\/p>\n<p>Tralies se losskakel, DP de Lange was aan die spits van sy span se oorwinning. Hy het 20 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook die aanvoorwerk vir die vleuel, Zirk Kok se drie net voor rustyd gedoen. Die tuisspan het rustyd 18-6 voorgeloop. Klofies het egter in die tweede helfte terrug geveg en sake gelyk getrek tot 18-elk. Die span van die Jakarandastad het selfs op \u2018n stadium 21-18 die voortou geneem.<\/p>\n<p>Sentraal het minder balbesit as Klofies geniet, maar die span het sy kanse beter benut. De Lange se taktiese skopwerk was ook van hoogstaande gehalte. Sy 20 punte het via \u2018n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele gekom.<\/p>\n<p>Die besoekers se losskakel, Tinus de Beer het self \u2018n stewige vertoning gelewer. Waterkloof het egter in die eerste helfte besluit om \u2018n hele paar strafskoppe binne trefafstand nie pale toe te korrel nie. De Beer is \u2018n sterk aanspraakmaker om later vanjaar die Blou Bulle op die Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole in Middelburg te verteenwoordig.<\/p>\n<p>Tralies se flank, EP Nel het self goeie spel tydens die sege voorlangs gelewer. Hy het dubbele driedruk-plesier ervaar. Die slot SJ Wessels het ook \u2018n stewige vertoning gelewer. <br \/>Sentraal het nou drie indrukwekkende seges agtereenvolgens oor Noord-Kaap van Kimberley, Hentie Cilliers van Virginia en Waterkloof behaal.<\/p>\n<p>Die Vrystaatse A1-liga beloof om vanjaar een van die taaiste en opwindendstes nog te wees. Louis Botha en Jim Fouch\u00e9 se spanne het reeds ook al vanjaar hulle spiere gebult. Albei is nog onoorwonne, terwyl Fichardtpark ook vanjaar al gewys het dat hy nie vanjaar die aftog gaan blaas nie. Sentraal kon nog nooit sedert die ontstaan van di\u00e9 liga met die kroon wegstap nie<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sentraal 35 (18) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: EP Nel (2), DP de Lange, Zirk Kok. Doelskoppe: De Lange (3). Strafdoele: De Lange (3). <strong>Waterkloof 21 (6)<\/strong>.<\/span><\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Ho\u00ebrskool Sentraal het Saterdag \u2018n verdere waarskuwing aan sy teenstanders van 2014 gestuur toe hy Ho\u00ebrskool Waterkloof van Pretoria 35-21 verslaan het. Tralies se losskakel, DP de Lange was aan die spits van sy span se oorwinning. Hy het 20 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook die aanvoorwerk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5947","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5947","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5947"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5947\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5947"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5947"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5947"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}