{"id":5954,"date":"2014-03-20T04:52:14","date_gmt":"2014-03-20T04:52:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/die-skole-kan-op-nr-1-plek-meeding\/"},"modified":"2014-03-20T04:52:14","modified_gmt":"2014-03-20T04:52:14","slug":"die-skole-kan-op-nr-1-plek-meeding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5954","title":{"rendered":"Die skole kan op nr. 1 plek meeding"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>SKOLERUGBY RANGLYSTE is kontroversie\u00ebl en kan weens die feit dat elke span nie teen elke span jaarliks meeding nie ook misleidend wees. Daar bestaan egter geen twyfel dat di\u00e9 onderwerp ongetwyfeld die meeste reaksie onder skolerugby ondersteuners op sosiale netwerke en ook webtuistes ontlok.<\/p>\n<p>Ek gaan my nek uitsit deur so vroeg in die seisoen reeds te voorspel wie die vyf voorste spanne in die land vir 2014 gaan wees.<\/p>\n<p>Die onbestwiste rugbyfabriek van Suid-Afrika, Grey-kollege se eerstespan gaan vanjaar nie maklik geklop word nie. Die span se heelagter, Henry Immelman is een van die mees opwindendste aanvallende spelers op skolevlak en die skool se sleutelspeler vir 2014. Di\u00e9 skool het soos verskeie ander ook \u2018n nuwe afrigterskorps met Wessel du Plessis en Tewis de Bruin aan die stuur van sake.<\/p>\n<p>Op my webtuiste, School of Rugby se ranglys van 2013 het Grey die jaar op die derde posisie afgesluit. <br \/>Grey Boys\u2019 High School van Port Elizabeth is ook \u2018n span wat vanjaar onder die voorstes behoort te tel. Die span het \u2018n opwindende losskakel in Curwin Bosch, terwyl die span ook met in nuwe afrigter in Brian Matthews spog.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium behoort vanjaar ook weer \u2018n krag te wees. Gimmies het verlede jaar die voorste posisie op School of Rugby se ranglys beklee. Die skool stoot jaarliks soos Affies van Pretoria \u2018n gedugte span in die veld.<\/p>\n<p>In die Noorde van die land behoort Monument van Krugersdorp die span wees om te klop. Monnas het in Hans Coetzee een van die beste skolebreiers in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua van George het verlede jaar seker sy beste span in die skool se geskiedenis in die veld gestoot. Die Kwaggas behoort egter vanjaar ook onder die voorste vyf spanne te tel. Die span se sleutelspeler behoort sy skrumskakel Keenan Tarentaal te wees. Die span het ook die dienste van een van die land se beste agterlyn afrigters, Abr\u00e9 Minnie as tegniese adviseur bekom.<\/p>\n<p>Soos elke jaar is daar ook buiteperde en ek sou \u2018n fout began om buiten my voorspelling vir die voorste vyf spanne die volgende spanne se name nie te noem nie. Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch sowel as die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het die dienste van Brendan Venter en Sean Erasmus onderskeidelik bekom. Albei behoort die spanne se vertonings te lig.<\/p>\n<p>Dan is daar nog die buiteperd van die seisoen, Maritzburg-kollege van Pietermaritzburg. Die matriek-jaargroep van die skool het nie op o.15 of o.16-vlak verloor nie. Boonop is die span versterk deur veral die vleuel Xolisa Guma van Swartland. Die span het ook die dienste van die nasionale skolekeurder, Kevin Smith voorheen van Kearsney College bekom, wat die span saam met Ryan Strudwick sal afrig.<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SKOLERUGBY RANGLYSTE is kontroversie\u00ebl en kan weens die feit dat elke span nie teen elke span jaarliks meeding nie ook misleidend wees. Daar bestaan egter geen twyfel dat di\u00e9 onderwerp ongetwyfeld die meeste reaksie onder skolerugby ondersteuners op sosiale netwerke en ook webtuistes ontlok. Ek gaan my nek uitsit deur so vroeg in die seisoen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5954","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5954","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5954"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5954\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}