{"id":5963,"date":"2014-03-24T06:34:55","date_gmt":"2014-03-24T06:34:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-jf-behaal-oortuigende-seges\/"},"modified":"2014-03-24T06:34:55","modified_gmt":"2014-03-24T06:34:55","slug":"grey-jf-behaal-oortuigende-seges","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5963","title":{"rendered":"Grey, JF behaal oortuigende seges"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>DIE Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 se regtervleuel, Thiardt Ingram het Vrydag op sy tuisveld \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span \u2018n klinkende sege van 46-5 oor Ho\u00ebrskool Witteberg van Behtlehem behaal.<\/p>\n<p>Ingram ken gewis die pad doellyn toe. Hy het reeds sewe drie\u00eb in sy span se drie wedstryde tot dusver ingeryg. Hy het in albei sy span se vorige twee wedstryde teen Ho\u00ebrskool Klerksdorp en Voortrekker van Bethlehem twee keer agter die doellyn gaan draai. JF het vanjaar voorwaar \u2018n agterlyn wat nie bang is om die bal lug te gee nie. Die span se senter Ruan Wasserman en JP Steyn het die besoekers probleme in die middelveld besorg. Wasserman se verspreiding was ook van hoogstaande gehalte.<\/p>\n<p>Die heelagter, Danneel Stone het ook \u2018n goeie vertoning opgedis. Voorlangs het die kaptein JP van der Westhuizen sy span van voor gelei.<\/p>\n<p>Nog \u2018n regtervleuel wat vanjaar op volspoed aangepak het is Grey-kollege se Charl Pretorius. Hy het \u2018n driekuns Vrydag teen Menlopark behaal en sodoende sy totaal vir die seisoen na 11 drie\u00eb in vyf wedstryde opgestoot. Die span se skrumskakel, Dian Badenhorst het self ook \u2018n driekuns aan drie\u00eb in die gemaklike sege van 68-15 behaal. Badenhorst het verlede week teen Hentie Cilliers sy direkte teenstander Jaywinn Juries oorskadu en teen Menlopark was hy weer uitstaande.<\/p>\n<p>Grey het teen rustyd reeds \u2018n voorsprong van 37-3 opgebou. Menlopark het egter in die tweede helfte met \u2018n reuse aanslag vorendag gekom en twee drie\u00eb deur sy kaptein en flank Justin Meintjies en die slot Willem Hofmeyr behaal.<\/p>\n<p>Die span van die Rosestad se heelagter, Henry Immelman het weer die punte opgestapel. Hy het 28 van die wenspan se punte aangeteken. Al drie sy strafdoele wat hy oorgeklits het was van binne sy eie halfgebied.<\/p>\n<p>Hy het ook sewe doelskoppe deur die pale gejaag en ook \u2018n keer die doellyn oorgesteek.<\/p>\n<p>Voorlangs het die flank Henry Slabbert inklimspel gelewer en die fisieke aanslag van Menlopark met vuur beveg. Die haker, JC Janse van Vuuren het met sy ingooiwerk by die lynstane be\u00efndruk.<\/p>\n<p>Grey het twee drie\u00eb gedruk wat nog lank onthou sal word. Pretorius het sy driekuns voltooi deur \u2018n drie te druk na hy die bal in sy eie kwartgebied ontvang het. Hy het tussen die besoekers van Pretoria se verdedigers gevleg om te gaan druk. Die ander drie was deur die kaptein, Alex Jonker gedruk nadat Grey op sy doellyn omgekeerde besit bewerkstellig het en besluit het om die bal die praatwerk te laat doen. Immelman, die senter Mike Andrade, vleuel Glenn Erickson en senter Julian Jordaan het elkeen \u2018n aandeel in die drie gehad met Jonker wat vir sy goeie opvolgwerk 100 meter verder beloon is.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Grey-kollege 68 (37) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Dian Badenhorst (3), Charl Pretorius (3), Henry Immelman, Henry Slabbert, Alex Jonker. Doelskoppe: Immelman (7). Strafdoel: Immelman (3). <strong>Menlopark 15 (3) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Willem Hofmeyr, Justin Meintjies. Doelskop: Marko D\u00f6nges. Strafdoel: D\u00f6nges.<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9 46 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Thiardt Ingram (3), JP Steyn (2), Daneell Stone, JP van der Westhuizen. Doelskoppe: Tiaan Schutte (4). Strafdoel: Schutte. <strong>Witteberg 5<\/strong>.<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 se regtervleuel, Thiardt Ingram het Vrydag op sy tuisveld \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span \u2018n klinkende sege van 46-5 oor Ho\u00ebrskool Witteberg van Behtlehem behaal. Ingram ken gewis die pad doellyn toe. Hy het reeds sewe drie\u00eb in sy span se drie wedstryde tot dusver ingeryg. Hy het in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5963","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5963\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}