{"id":5981,"date":"2014-03-29T06:43:16","date_gmt":"2014-03-29T06:43:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skolerugby-na-dese-besaai-met-talentvolle-losskakels\/"},"modified":"2014-03-29T06:43:16","modified_gmt":"2014-03-29T06:43:16","slug":"skolerugby-na-dese-besaai-met-talentvolle-losskakels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=5981","title":{"rendered":"Skolerugby n\u00e1 dese besaai met talentvolle losskakels"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p>DAAR is gewis \u2018n oplewing in losskakel-spel op skolevlak in Suid-Afrika. Die opgang van twee van die belowenste skole-losskakel nog Johan Goosen en Handr\u00e9 Pollard het dalk \u2018n aandeel in die gehalte van losskakels se spel op skolevlak gehad.<\/p>\n<p>Vanjaar kan dalk die jaar van die losskakels wees. Daar is vanjaar \u2018n groot aantal losskakels wat vanjaar vir hulself naam behoort te maak. Of daar toekomstige Springbok-generaals tussen hulle is, sal net tyd leer.<\/p>\n<p>Daar is egter nie twyfel dat heelwat losskakels op eerstespan vlak oor die vermo\u00eb beskik om eendag eersterangse rugby te speel.<\/p>\n<p>Drie losskakels wat deel van die nasionale o.16-groep in 2012 was wat vanjaar weer na die voorgrand kan tree is DP de Lange (Sentraal), Lohan Bennet (HTS Middelburg) en Danrich Visagie (Boland Landbou). Paul Roos se losskakel, Aidynn Cupido het verlede jaar al \u2018n hele paar goeie vertonings vir die span van die Eikestad gelewer en behoort vanjaar een van die skool se sleutelspelers te wees. Hy was Visagie se adjudant op die Grant Khomo-week in 2012 gewees.<\/p>\n<p>In die Vrystaat se span van 2012 was buiten De Lange ook Mike Andrade en Julian Jordaan wat al op skolevlak losskakel gespeel het. Die duo span nou kragte saam in Grey-kollege se middelveld. Grey se losskakel, Dwayne Wessels is ook \u2018n speler wat vir meeste spanne \u2018n aanwins sal wees.<\/p>\n<p>Daar is ook \u2018n paar spelers wat verlede jaar nog aan die Grant Khomo-week deelgeneem het. Diamantveld se Gerco Nortj\u00e9 kan die bal myle ver sool. Hy was egter Griekwas se senter op verlede jaar se toernooi, met Louwtjie Steenkamp wat die Poubloues se losskakel was. Steenkamp het verlede jaar vir net die jaar Grey-kollege vir Landboudal verruil. Hy was sedert graad een in Grey. Steenkamp het in sy laaste twee wedstryde 57 punte aangeteken waarvan een wedstryd as heelagter vir die Cherries was. Hy word ook deur Goosen se skopafrigter, Bertus Pretorius bygestaan.<\/p>\n<p>Morgan Steyn (Selborne-kollege), Bader-Werner Pretorius (Michaelhouse) en Curwin Bosch (Grey PE) was ook nog verlede jaar op o.16-vlak in aksie. Bosch is waarskynlik die opwindendste van die groep jonger spelers wat die nommer 10-trui dra.<\/p>\n<p>Twee voormalige Suid-Afrikaanse Skole-losskakels, Herschelle Gibbs (Bishops) en Chris Kasselman (Sandveld, Wesselsbron) se seuns is ook vanjaar in hulle pa\u2019s se posisie in aksie. Gibbs se seun Rashard Fuller draf vir King Edward VII in Johannesburg uit. Hy was in 2012 met 44 punte die voorste puntemaker op die Grant Khomo-week. Kasselman se seun Tokkie speel vir die Cherries.<\/p>\n<p>Kenners uit die Noord-Vrystaat meen Robbie Petzer wat vroe\u00ebr vanjaar die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad vir Noord-Kaap in Kimberley verruil het is selfs beter as Shaun Reynolds (Goudveld) wat verlede jaar die rekord vir die meeste punte op \u2018n Cravenweek ge\u00ebwenaar het.<\/p>\n<p>Dan moet daar ook nie vergeet word van EG Jansen, Garsfontein, Waterkloof en Kearsney-kollege se generaals wat hulle onderskeidelik in Forrest Roos, Arno Maree, Tinus de Beer en Tristan Tedder het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DAAR is gewis \u2018n oplewing in losskakel-spel op skolevlak in Suid-Afrika. Die opgang van twee van die belowenste skole-losskakel nog Johan Goosen en Handr\u00e9 Pollard het dalk \u2018n aandeel in die gehalte van losskakels se spel op skolevlak gehad. Vanjaar kan dalk die jaar van die losskakels wees. Daar is vanjaar \u2018n groot aantal losskakels [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5981","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5981","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5981"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5981\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5981"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5981"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5981"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}