{"id":6002,"date":"2014-04-11T07:38:31","date_gmt":"2014-04-11T07:38:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/dp-en-daniel-bestes-op-oakdale-rugbyweek\/"},"modified":"2014-04-11T07:38:31","modified_gmt":"2014-04-11T07:38:31","slug":"dp-en-daniel-bestes-op-oakdale-rugbyweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6002","title":{"rendered":"DP en Daniel bestes op Oakdale Rugbyweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>SEWE spelers uit die sentrale streek was die beste in hulle posisie tydens die jaarlikse rugbyweek wat deur Oakdale Landbou net buite Riversdal aangebied word. Ho\u00ebrskool Sentraal van Bloemfontein se losskakel, DP de Lange was boonop as die beste agterspeler tydens die week aangewys.<\/p>\n<p>Hoewel die Tralies in die hoofwedstryd van die week teen die gasheer 3-12 die knie gebuig het, het die span van die Rosestad met vier spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Hoewel di\u00e9 gekose span nie speel nie en slegs as erkenning dien is dit steeds \u2018n reuse eer. Die Springbok Meyer Bosman en Marius Delport het ook al die span gehaal.<\/p>\n<p>\u201cDit dien as aanmoediging vir my. Dit is ook lekker om te weet die keurders van die span het jou raakgesien,\u201d het De Lange ges\u00ea. Die ander vier Tralies in die span is die heelagter SJ Fourie, die slot SJ Wessels en stut Lafras Bekker. Voortrekker van Bethlehem se senter Boeta Vermaak en haker Christo van Zyl het ook die span gehaal. Die sewende lid van die streek is Ho\u00ebrskool Upington se slot, Kobus Wiese. Hy is die broer van Jasper Wiese wat verlede jaar vir Griekwas-platteland op die Cravenweek uitgedraf het. <br \/>Oakdale Landbou se agtsteman, Dani\u00ebl Maree is vir sy spel as voorspeler van die week aangewys. Die gasheer se senter JT Jackson en vleuel JP Coetzee het ook die span gehaal.<\/p>\n<p>De Lange beleef sover \u2018n goeie seisoen en sal die opwaartse kurwe in sy spel moet handhaaf indien hy die Vrystaatse nommer tien trui syne vir die 51ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole in Middelburg wil maak. \u201cEk dink het is so op 60 persent van waar ek my spelpeil graag wil h\u00ea teen die tyd van die proewe vir die Cravenweek. Ek wil graag die Vrystaat se losskakel op die Cravenweek wees en as ek daar kom my bes gee om ook in aanmerking vir \u2018n plek in die SA Skole-span te kom,\u201d het De Lange ges\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Die span wat na afloop van die week gekies is, is: <\/strong><\/p>\n<p>SJ Fourie (Sentraal), Nthokozisi (HTS Ligbron), Boeta Vermaak (Voortrekker), JT Jackson (Oakdale Landbou), JP Coetzee (Oakdale Landbou), DP de Lange (Sentraal), Wikus Badenhorst (HTS Ligbron), Dani\u00ebl Maree (Oakdale Landbou), Stefan Janse van Vuuren (Brandwag), Juanr\u00e9 van der Walt (Kemptonpark), Kobus Wiese (Ho\u00ebrskool Upington), SJ Wessels (Sentraal), Lafras Bekker (Sentraal), Christo van Zyl (Voortrekker), Kabous Voges (Brackenfell).<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SEWE spelers uit die sentrale streek was die beste in hulle posisie tydens die jaarlikse rugbyweek wat deur Oakdale Landbou net buite Riversdal aangebied word. Ho\u00ebrskool Sentraal van Bloemfontein se losskakel, DP de Lange was boonop as die beste agterspeler tydens die week aangewys. Hoewel die Tralies in die hoofwedstryd van die week teen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6002","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6002","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6002"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6002\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6002"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6002"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6002"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}