{"id":6009,"date":"2014-04-14T05:53:48","date_gmt":"2014-04-14T05:53:48","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/de-beer-held-vir-klofies-teen-affies\/"},"modified":"2014-04-14T05:53:48","modified_gmt":"2014-04-14T05:53:48","slug":"de-beer-held-vir-klofies-teen-affies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6009","title":{"rendered":"De Beer held vir Klofies teen Affies"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p>WATERKLOOF se losskakel, Tinus de Beer was Saterdag sy skool se eerste rugbyspan se held in sy sege van 38-21 oor die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool Pretoria. De Beer het 23 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken.<\/p>\n<p>Die losskakel het een van sy span se vier drie\u00eb gedruk waarvan hy drie verdoel het en vier strafdoele oorgeklits het. De Beer het in die eerste helfte drie keer bresse in Affies se verdediging geslaan waarvan twee op drie\u00eb uitgeloop het en Klofies amper met die ander breekslag ook gaan druk het.<\/p>\n<p>Klofies het met die sege op sy tuisveld ook die bordjies verhang na verlede jaar se naelskraapse nederlaag van 18-19 teen Affies. In di\u00e9 wedstryd het Affies se kaptein en heelagter van Saterdag se stryd Eduan Keyter in die doodsnikke gaan druk om aan sy span die oorwinning te besorg. Hoewel Keyter sy span se beste speler Saterdag was, kon hy nie sy span weer tot \u2018n sege help nie.<\/p>\n<p>Waterkloof het teen rustyd reeds \u2018n voorsprong van 28-8 opgebou. Affies het egter in die tweede helfte sake beheer en \u2018n skitterende drie deur sy buitesenter, Tiaan Schmullian het die gaping tussen die twee spanne na 31-21 vir Klofies laat krimp.<\/p>\n<p>Waterkloof het nou in drie van die laaste vyf kragmetings tussen die twee spanne koning gekraai. Klofies sal na die sege ook voel dat hulle seisoen uiteindelik momentum gekry het. Die span het vroe\u00ebr vanjaar teen Sentraal in Bloemfontein 21-35 die onderspit gedelf en was ook teen Paarl Gimnasium (10-24) aan die verloorkant.<\/p>\n<p>Affies het dalk die prys betaal vir die feit dat di\u00e9 wedstryd slegs die span se tweede kragmeting van die seisoen is.<\/p>\n<p>Menlopark het op sy tuisveld vir Diamantveld van Kimberley oortuigend 36-10 verslaan.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof 38 (28) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JP Snyman, Tiaan Erasmus, Tinus de Beer, Dewald Lindeque. Doelskoppe: De Beer (3). Strafdoele: De Beer (4). <strong>Affies 21 (8) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Rohan Roelofse, Tiaan Schmullian. Doelskop: Janco Booysen. Strafdoele: Booysen (3).<\/p>\n<p><strong>Menlopark 36 (26) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Armand Buys (2), Ruan de Beer, Juanr\u00e9 van der Walt, Justin Meintjies. Doelskoppe: Marco D\u00f6nges (4). Strafdoel: Andle Loubser. <strong>Diamantveld 10 (3) \u2013<\/strong> Drie: Janco Cloete. Doelskop: Nortje. Strafdoel: Nortje.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>WATERKLOOF se losskakel, Tinus de Beer was Saterdag sy skool se eerste rugbyspan se held in sy sege van 38-21 oor die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool Pretoria. De Beer het 23 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken. Die losskakel het een van sy span se vier drie\u00eb gedruk waarvan hy drie verdoel het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6009","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6009"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6009\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}