{"id":6049,"date":"2014-05-05T07:17:44","date_gmt":"2014-05-05T07:17:44","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/school-of-rugby-se-wildeklawer-span-van-2014\/"},"modified":"2014-05-05T07:17:44","modified_gmt":"2014-05-05T07:17:44","slug":"school-of-rugby-se-wildeklawer-span-van-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6049","title":{"rendered":"School of Rugby se Wildeklawer-span van 2014"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>DIT is hoogs waarskynlik dat meer as die helfte van die die Suid-Afrikaanse Skole-span wat later vanjaar op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg gekies gaan word op die Wildeklawer-toernooi in Kimberley in aksie was. In die lig dat bykans 60 persent van verlede jaar se SA Skole-span op Wildeklawer te sien was, het <em><strong>School of Rugby<\/strong> <\/em>besluit om \u2018n span van die toernooi te kies.<\/p>\n<p>Twee kwellinge wat tydens die toernooi uitgestaan het is die akkuraatheid van die stelskoppers sowel as die ongooiwerk van die hakers. Hoewel daar skitterende spel deur losskakel was, was dit net Tinus de Beer (Waterkloof), Reinhard Fortuin (Paul Roos), Morgan Steyn (Selborne) en Wikus van Biljon (Monument) wat se korrelwerk akkuraat was.<\/p>\n<p>Die twee posisies met die minste diepte op die toernooi was haker en binnesenter. Heelagters en losskakels van gehalte was vollop.<\/p>\n<p>Op heelagter kies ons vir Louwtjie Steenkamp van (Grey-kollege) en hoewel Grey se Henry Immelman soos gewoontlik vir sy span \u2018n rots in die laaste vesting in die tweede wedstryd teen Paarl Gimnasium was, het Steenkamp met sy aanvallende spel in die eerste wedstryd teen Outeniqua be\u00efndruk.<\/p>\n<p>Immelman is boonop te oud om vanjaar aan die Cravenweek vir ho\u00ebrskole deel te neem. Steenkamp kan dalk vir die Vrystaat op die toernooi die laaste vesting beman. Hy was verlede jaar vir Griekwas op die Grant Khomo-week (vir o.16-spelers) in aksie.<\/p>\n<p>Nog twee spelers wat vanjaar o.19 is Vean Roodt (Monnas) en Callie Janse van Vuuren (Grey-kollege) is nie vir die span weens hulle ouderdomme oorweeg nie. Ons het wel op \u2018n Zimbabwier op vaskopstut in Maritzburg-kollege, Tanaka Chikwezvero besluit het, wat ook nie in aanmerking vir \u2018n plek in die nasionale skolespan sal kan kom nie.<\/p>\n<p>Die ongelukkiges om nie ons span te haal nie, wat uitstaande spel tydens die toernooi opgedis het is \u2013 James Venter, MacMillan Muller (albei flanke, Glenwood), Barend Smit (heelagter, HTS Middelburg), Morn\u00e9 Joubert (heelagter, Glenwood), Driaan Bester (slot, HTS Middelburg), JT Jackson (senter, Oakdale Landbou) en Charl Barkhuizen (skrumskakel, EG Jansen).<\/p>\n<p><strong><em>School of Rugby<\/em><\/strong> se span van die toernooi:<\/p>\n<p>15 Louwtjie Steenkamp (Grey-kollege), 14 Nico Leonard (Paul Roos), 13 Keanu Vers (Grey PE), 12 David Brits (Selborne), 11 Xolisa Guma (Maritzburg-kollege), 10 Tinus de Beer (Waterkloof), 9 Herschel Jantjes (Paul Roos), 8 HJ Luus (Paarl Gimnasium), 7 Juandr\u00e9 Michau (Waterkloof), 6 Henry Slabbert (Grey-kollege), 5 Eduard Zandberg (Outeniqua), 4 Rhyno Herbst (Monument), 3 Tanaka Chikwezvero (Maritzburg-kollege), 2 Robin Stevens (Grey PE), 1 Gavin van den Berg (Paarl Gimnasium).<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIT is hoogs waarskynlik dat meer as die helfte van die die Suid-Afrikaanse Skole-span wat later vanjaar op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg gekies gaan word op die Wildeklawer-toernooi in Kimberley in aksie was. In die lig dat bykans 60 persent van verlede jaar se SA Skole-span op Wildeklawer te sien was, het School [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6049","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6049","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6049"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6049\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6049"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6049"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6049"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}