{"id":6055,"date":"2014-05-06T17:02:30","date_gmt":"2014-05-06T17:02:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/beeld-trofee-het-vanjaar-n-nuwe-toevoeging\/"},"modified":"2014-05-06T17:02:30","modified_gmt":"2014-05-06T17:02:30","slug":"beeld-trofee-het-vanjaar-n-nuwe-toevoeging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6055","title":{"rendered":"Beeld-trofee het vanjaar &#8216;n nuwe toevoeging"},"content":{"rendered":"<p>Daar is \u2019n nuwe toevoeging tot vanjaar se Beeldtrofee.<\/p>\n<p>Buiten die afdelings vir makro-, groot-, medium- en klein-skole sal daar ook vanjaar \u2019n afdeling wees vir skole wat meer seuns het as wat die re\u00ebls voorskryf vir klein skole, maar nie genoeg seuns het wat rugby speel nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 skole sal spesiale vergunning van die Noordvaal-skolerugbyvereniging (NSRV) kry om in di\u00e9 nuwe afdeling vir kleinskole te speel. Die afdeling gee aan skole waar rugby nie meer die hoofsportsoort is nie, die geleentheid om di\u00e9 sport by hul skool te bevorder.<\/p>\n<p>\u201cDie nuwe afdeling is \u2019n bewys dat ons toegewyd is om rugby by skole te bevorder,\u201d het Jackie Tredoux, voorsitter van die NSRV ges\u00ea. <br \/>Die Beeldtrofee voorheen ook bekend as die Administrateursbeker en die Direkteurstrofee is die oudste kompetisie in Suid-Afrikaanse skolerugby. Daar is in 1920 vir die eerste keer om die trofee meegeding<\/p>\n<p>Beeld is sedert 1995 as titelborg by die kompetisie betrokke. \u201cDit is my eerste jaar as redakteur en dus is dit die eerste keer dat ek persoonlik by die kompetisie betrokke is. Skole speel \u2019n groot rol in die sukses van Suid-Afrikaanse rugby en ons wil graag help om dit so te hou en verder uit te brei. Dit is ook die ideale geleentheid vir ons om terug te ploeg in die gemeenskap vir wie ons skryf,\u201d het Adriaan Basson, redakteur van die Beeld tydens die bekendstelling van die kompetisie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Skole uit Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en die Noord-Vrystaat neem aan die kompetisie deel.<\/p>\n<p>Die NSRV sal ook in 2014 deur die skole se suiwer seunsgetalle te gebruik, bepaal word in watter afdeling die skool sal meeding.<\/p>\n<p>As \u2019n skool dus 175 seuns of minder het, sal hy aanstaande jaar in die kleinskole-afdeling speel. Skole met tussen 176 en 350 seuns sal as mediumskole meeding. Di\u00e9 met seunsgetalle van tussen 351-599 sal hul slag in die afdeling vir groot skole wys, terwyl skole met 600 of meer seuns as makroskole geklassifiseer sal word.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioene in die onderskeie afdelings is EG Jansen (Makro), Transvalia (Groot), Ben Vorster (Medium) en Koster (Klein).&nbsp;Die kompetisie skop reeds Saterdag af.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2019n nuwe toevoeging tot vanjaar se Beeldtrofee. Buiten die afdelings vir makro-, groot-, medium- en klein-skole sal daar ook vanjaar \u2019n afdeling wees vir skole wat meer seuns het as wat die re\u00ebls voorskryf vir klein skole, maar nie genoeg seuns het wat rugby speel nie. Di\u00e9 skole sal spesiale vergunning van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6055","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6055","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6055"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6055\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6055"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6055"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6055"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}