{"id":6067,"date":"2014-05-10T09:55:42","date_gmt":"2014-05-10T09:55:42","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/voorbodes-teen-affies-vir-vandag-se-stryd-teen-grey\/"},"modified":"2014-05-10T09:55:42","modified_gmt":"2014-05-10T09:55:42","slug":"voorbodes-teen-affies-vir-vandag-se-stryd-teen-grey","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6067","title":{"rendered":"Voorbodes teen Affies vir vandag se stryd teen Grey"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>PRETORIA. \u2013 Die voorbodes vir die kragmeting tussen Grey-kollege en die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria se rugbyspanne lyk nie goed vir Affies nie.<\/p>\n<p>Die laaste keer wat Affies daarin geslaag het om Grey-kollege van Bloemfontein agtereenvolgens te klop, het die span van die Rosestad sy teenstanders die volgende jaar met \u2019n rekordtelling met die kous oor die kop terug huis toe gestuur.&nbsp;<\/p>\n<p>Affies spog met twee agtereenvolgende seges oor Grey in 2012 (35-29) en 2013 (37-31). Die laaste en enigste vorige keer dat die span van die Jakarandastad daarin kon slaag was in 2005 (27-20) en 2006 (18-13). Grey het toe in 2007 met Robert Ebersohn aan die spits vir Affies met 47-10 kafgedraf wat steeds die span van Bloemfontein se grootste sege oor Affies is.<\/p>\n<p>Daarby kon Affies vanjaar nog net drie keer teen Helpmekaar (36-24), Selborne-kollege (34-12) en Oakdale Landbou (21-10) die soet smaak van \u2019n sege proe. Die span van 2014 het wel in sy tuisveld \u2019n ekstra bondgenoot wat hy nie in 2007 gehad het nie.<\/p>\n<p>Grey se span is weer op volsterkte buiten die vleuel Charl Pretorius wat nog op die kantlyn is. Die buitesenter Julian Jordaan en stut Ruben Terblanche neem weer hulle plekke in die beginspan in. Louwtjie Steenkamp sal sy plek in die span behou in plek van die beseerde Pretorius.<\/p>\n<p>Di\u00e9 tweestryd op die dag om dop te hou is tussen die heelagters, Henry Immelman (Grey) en Eduan Keyter (Affies). Albei het vanjaar al ses keer vir hulle spanne agter die doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Grey se plaasvervangersbank met die stut Callie Janse van Vuuren, die flank Jacques du Preez en haker Dani\u00ebl Rust behoort ook \u2019n impak op die wedstryd te maak. Rust het vroe\u00ebr vanjaar met \u2019n afstand van 15.97\u2009m vierde op die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskap vir seuns o.17 ge\u00ebindig.<\/p>\n<p>Hoewel mens nooit wedstryde in \u2019n seisoen se tellings teen mekaar kan opweeg nie, behoort die volgende vergelyking \u2019n aanduiding van Affies se krag vanjaar te wees. Die span van Pretoria het teen Waterkloof met 38-21 verloor. Klofies het teen Sentraal van Bloemfontein met 35-21 die onderspit gedelf. Grey se tweede span, die Cherries het Tralies met 50-17 verslaan.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies:<\/strong> Eduan Keyter, Tiaan Schmullian, Ryno Lourens, Henco Jordaan, Janco Booysen, Eddie Fouch\u00e9, Divan Henning, Eduan Lubbe, Vic Meyer, Gavin Foster, Human Bodenstein, Ruan Roelofse (k), Reinhardt Goosen, Viaan Mong, DP du Plessis.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege:<\/strong> Henry Immelman, Louwtjie Steenkamp, Julian Jordaan, Mike Andrade, Niell Stannard, Dwayne Wessels, Dian Badenhorst, Alex Jonker (k), Henry Slabbert, De Wet Bezuidenhout, Kassel Rothman, Jurie Burger, Janu Botha, JC Janse van Vuuren, Ruben Terblanche.<\/p>\n<p><strong>Afskop:<\/strong> 14:15<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Die voorbodes vir die kragmeting tussen Grey-kollege en die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria se rugbyspanne lyk nie goed vir Affies nie. Die laaste keer wat Affies daarin geslaag het om Grey-kollege van Bloemfontein agtereenvolgens te klop, het die span van die Rosestad sy teenstanders die volgende jaar met \u2019n rekordtelling met die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6067","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6067","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6067"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6067\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6067"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6067"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6067"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}