{"id":6077,"date":"2014-05-16T14:51:25","date_gmt":"2014-05-16T14:51:25","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/klofies-en-garsies-in-wedstryd-om-dop-te-hou-die-naweek\/"},"modified":"2014-05-16T14:51:25","modified_gmt":"2014-05-16T14:51:25","slug":"klofies-en-garsies-in-wedstryd-om-dop-te-hou-die-naweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6077","title":{"rendered":"Klofies en Garsies in wedstryd om dop te hou die naweek"},"content":{"rendered":"<p><p>Waterkloof se losskakel, Tinus de Beer staan Saterdag breed in Garsfontein se pad om \u2018n sege in die twee spanne op Klofies se tuisveld te behaal. De Beer was verlede Saterdag in die oorwinning van 55-30 oor Menlopark weer een van Klofies se staatmakers.<\/p>\n<p>Vir Garsfontein sal sy Cravenweek-senter, Franco Naud\u00e9 op sy beste wil wees indien hulle vir Waterkloof wil troef. Naud\u00e9 is \u2018n sterk aanspraakmaker om later vanjaar op binnesenter vir die Suid-Afrikaanse Skole-span uit te draf. Garsfontein het \u2018n skok-nederlaag verlede week van 28-27 teen Ho\u00ebrskool Nelspruit gely. Indien Waterkloof die wedstryd wat vandag om 13:15 in die Jakarandastad afskop wen, behoort hy as die Blou Bulle se makro-skole kampioen gekroon te word.<\/p>\n<p>In die Paarl sal Boland Landbou om 11:50 gasheer vir die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl speel. Laasgenoemde het \u2018n naelskraapse sege van 24-22 oor Wynberg Boys\u2019High verlede Saterdag behaal. Boishaai se spellers was egter nog vlugvoos nadat hulle vroe\u00ebr verlede week eers van die Sanix internasionale toernooi in Japan terug gekeer het. Die span van die Paarl het op di\u00e9 toernooi in die eindstryd teen Hamilton Boys\u2019 High van Nieu-Seeland die knie gebuig.<\/p>\n<p>In Bloemfontein sal Sentraal hoop dat sy tuisveld as bondgenoot vir hom die wa deur die drif in sy FNB Classic Clash teen Jim Fouch\u00e9 sal trek. JF kon laas in 2008 daarin slaag om Tralies op sy tuisveld ore aan te sit. Hy was toe 62-14 baas.<\/p>\n<p>Grey-kollege sal in Bloemfontein probeer om sy onoorwonne status vanjaar te behou as hy om 12:40 teen Selborne-kollege van Oos-Londen uitdraf. Die span van die Rosestad se heelagter, Tokkie Kasselman kry in die beseerde Henry Immelman sy kans in die beginspan. Kasselman se pa, Chris (Ho\u00ebrskool Sandveld, Wesselsbron) het die Suid-Afrikaanse Skole-span in 1979 en 1980 as losskakel gehaal.<\/p>\n<p>Kemptonpark sal op sy tuisveld om 12:20 die nuwe kampioene van die Tuks-reeks, EG Jansen die stryd aans\u00ea. Die span van Boksburg is ook die huidige Beeldtrofee kampioene vir Makro-skole. Kemptonpark sal op sy sege van 19-18 oor Monument van Krugersdorp wil voortbou.<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium pak om 12:50 op sy tuisveld vir Wynberg Boys\u2019High, terwyl Paarl Gimnasium om 12:00 vir Tygerberg die stryd aans\u00ea.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waterkloof se losskakel, Tinus de Beer staan Saterdag breed in Garsfontein se pad om \u2018n sege in die twee spanne op Klofies se tuisveld te behaal. De Beer was verlede Saterdag in die oorwinning van 55-30 oor Menlopark weer een van Klofies se staatmakers. Vir Garsfontein sal sy Cravenweek-senter, Franco Naud\u00e9 op sy beste wil [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6077","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6077","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6077"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6077\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6077"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6077"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6077"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}