{"id":6090,"date":"2014-05-19T06:33:50","date_gmt":"2014-05-19T06:33:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/cravenweek-nie-als-in-rugby\/"},"modified":"2014-05-19T06:33:50","modified_gmt":"2014-05-19T06:33:50","slug":"cravenweek-nie-als-in-rugby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6090","title":{"rendered":"\u2018Cravenweek nie als in rugby\u2019"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>Dit was dalk nooit sy plan toe hy sy tasse destyds vir Stellenbosch gepak het om \u2019n loopbaan in rugby te volg nie, maar die Stormers se slot Jean Kleyn is nietemin die vierde geslag van sy familie wat vir \u2019n verteenwoordigende span van die Westelike Provinsie op slot uitdraf.<\/p>\n<p>Sy oupagrootjie Jan Gerber het tussen 1927 en 1929 vir die Streeptruie uitgedraf. Sy ma se een oom, Johan Gerber, het van 1965 tot en met 1970 vir Westelike Provinsie gespeel.<\/p>\n<p>Nog \u2019n oom, Jan Maree (ook aan sy ma se kant), het in sy loopbaan vir die Streeptruie, Boland en Oostelike Provinsie gespeel.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie beplan om rugby n\u00e1 skool te speel nie. Ek het maar net ingenieurswese aan Maties gaan swot en toe vir die universiteit se o.19-span gespeel,\u201d het Kleyn, \u2019n oudleerling van die Ho\u00ebrskool Linden in Johannesburg die afgelope week ges\u00ea.<\/p>\n<p>Kleyn het op skool nooit die Leeus se Cravenweek-span gehaal nie. Hy het wel die Leeus op die o.18-Akademie-week in 2010 verteenwoordig, toe hy in Graad 11 was.<\/p>\n<p>\u201cDie Cravenweek is nie die begin en einde van als as \u2019n rugbyspeler nie. Dit is steeds moontlik om dit te maak in rugby as jy nie vir die toernooi gekies word nie,\u201d het Kleyn hoop aan talle spelers gegee wat jaarliks oor die hoof gesien word.<\/p>\n<p>Die slot, wat 2.02\u2009m in sy sokkies staan en die skaal op 110\u2009kg laat kreun, het vinnig sy opgang in die rugbyw\u00eareld gemaak. Hy is na die Westelike Provinsie se o.19-proefwedstryde genooi en het in dieselfde jaar nog vir die Streeptruie se o.21-span in die eindstryd van die nasionale kompetisie gespeel.<\/p>\n<p>Die span het in die eindstryd teen die Blou Bulle die knie gebuig. Kleyn en agt van sy spanmaats van di\u00e9 eindstryd in 2012 was weer op die veld teen die Ligbloues in 2013 se eindstryd van die nasionale o.21-kompetisie \u2013\u2002en di\u00e9 keer het die Streeptruie die bordjies verhang.<\/p>\n<p>\u201cDuane (Vermeulen) het tot dusver die grootste invloed op my loopbaan gehad.<\/p>\n<p>\u201cHy is \u2019n goeie mentor en is altyd gewillig om my te help as ek iets nie verstaan nie,\u201d s\u00ea Kleyn.<\/p>\n<p>Kleyn het vroe\u00ebr vanjaar teen die Bulle op Loftus Versfeld teen die Bok-veteraan Victor Matfield sy buiging vir die Stormers gemaak. Hy is vandag op die plaasvervangersbank vir die stryd teen die Western Force.<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was dalk nooit sy plan toe hy sy tasse destyds vir Stellenbosch gepak het om \u2019n loopbaan in rugby te volg nie, maar die Stormers se slot Jean Kleyn is nietemin die vierde geslag van sy familie wat vir \u2019n verteenwoordigende span van die Westelike Provinsie op slot uitdraf. Sy oupagrootjie Jan Gerber het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6090","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6090","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6090"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6090\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}