{"id":6101,"date":"2014-05-26T08:19:23","date_gmt":"2014-05-26T08:19:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-tem-boishaai\/"},"modified":"2014-05-26T08:19:23","modified_gmt":"2014-05-26T08:19:23","slug":"grey-tem-boishaai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6101","title":{"rendered":"Grey tem Boishaai"},"content":{"rendered":"<p>Die span wat Grey-kollege vanjaar ore wil aansit, sal eers \u2019n plan moet beraam om Suid-Afrika se beste rugbyskool se verdediging te uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Die span van Bloemfontein het gister met die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (15-10) afgereken \u2013 met sy verdediging soos vroe\u00ebr vanjaar teen Paarl Gimnasium (15-14) \u2013 as die vernaamste rede vir die sege.<\/p>\n<p>Monument se vleuel Armand Grobler het met \u2019n driekuns geskitter en sy span gister gehelp om sy aanslag in vanjaar se Beeldtrofee met \u2019n oorwinning van 32-19 oor Florida af te skop. Hy het met sy een drie oor die hele lengte van die veld genael nadat sy span omgekeerde besit by sy doellyn bewerkstellig het.<\/p>\n<p>Die span se slot Rhyno Herbst het een van sy beste vertonings in \u2019n lang tyd vir die Wit Bulle opgedis.<\/p>\n<p>Grey het met sy sege die span van die Paarl se onoorwonne status in Suid-Afrika be\u00ebindig. Die tuisspan het voor di\u00e9 nederlaag slegs teen Hamilton Boys\u2019 High van Nieu-Seeland (11-15) in die eindstryd van die jaarlikse internasionale toernooi van Sanix in Japan verloor.<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium het op sy tuisveld \u2019n agterstand van 7-14 met die omdraaislag teen Rondebosch Boys\u2019 High uitgewis om met 31-21 as oorwinnaars van die veld te stap. Die span se haastige vleuel Nico Leonard het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/p>\n<p>Die twee spanne wat waarskynlik sake later vanjaar in die eindstryd van die Vrystaatse A1-liga gaan uitspook, Louis Botha en Jim Fouch\u00e9, was in \u2019n rillerstryd van 89 punte gewikkel. Louis Botha het die wedstryd met 57-32 gewen en sodoende \u2019n belangrike sielkundige voorsprong oor JF opgebou.<\/p>\n<p>Daar was landwyd verskeie wedstryde waar albei spanne besluit het om met die bal te hardloop en verdediging moes tweede viool speel. St. Benedict-kollege het St. Stithian-kollege met 67-35 verslaan, terwyl die wedstryd tussen Brandwag van Uitenhage en Ho\u00ebrskool Punt (66-41) ook \u2019n honderdtal behaal het. Die span van Uitenhage het as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n<p>Centurion het amper daarin geslaag om die eerste keer sedert 1975 vir Affies te troef. Affies het die wedstryd tussen die twee spanne naelskraap met 21-20 gewen.<\/p>\n<p>HTS Middelburg se heelagter Barend Smit het sy skitterende spelpeil teen die Ho\u00ebrskool Nelspruit voortgesit. Smit het 23 van sy span se punte in die sege van 33-23 aangeteken.<\/p>\n<p>Oakdale Landbou het met \u2019n naelskraapse sege van 23-22 oor Outeniqua waarskynlik die status as beste span in die Suidwestelike Distrikte gekry.<\/p>\n<p>Garsfontein se vleuel Shakeel Abrahams het self \u2019n driekuns aan drie\u00eb in sy span se oorwinning van 41-29 oor Menlopark behaal.<\/p>\n<p>In die Noord-Vrystaat het Hentie Cilliers en die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met oorwinnings oor onderskeidelik Witteberg (38-29) en Goudveld-Ho\u00ebrskool (25-18) hulle kanse \u2019n hupstoot gegee om die uitspeelrondes te haal.<\/p>\n<p>Voortrekker van Bethlehem het met \u2019n weghol-oorwinning van 71-3 oor die Ho\u00ebrskool Kroonstad sy onoorwonne status in die Griffons-liga behou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die span wat Grey-kollege vanjaar ore wil aansit, sal eers \u2019n plan moet beraam om Suid-Afrika se beste rugbyskool se verdediging te uitoorl\u00ea. Die span van Bloemfontein het gister met die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (15-10) afgereken \u2013 met sy verdediging soos vroe\u00ebr vanjaar teen Paarl Gimnasium (15-14) \u2013 as die vernaamste rede vir die sege. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6101","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6101","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6101"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6101\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6101"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6101"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6101"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}