{"id":6102,"date":"2014-05-26T08:22:06","date_gmt":"2014-05-26T08:22:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-enigste-onoorwonne-span-oor-onder-die-voorstes\/"},"modified":"2014-05-26T08:22:06","modified_gmt":"2014-05-26T08:22:06","slug":"grey-enigste-onoorwonne-span-oor-onder-die-voorstes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6102","title":{"rendered":"Grey enigste onoorwonne span oor onder die voorstes"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste rugbyspan van Grey-kollege is na sy oorwinning van 15-10 oor die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl op laasgenoemde se tuisveld die enigste van die land se voorste skolespanne wat nog met \u2019n onoorwonne rekord spog.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het egter Grey se onoorwonne status behoorlik op die proef gestel. Die span van die Rosestad se verdediging was egter rotsvas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die nat en winderige toestande van die Paarl het veral Grey se lostrio Alex Jonker, Henry Slabbert en De Wet Bezuidenhout op die voorgrond getree. Jonker wat ook die span aanvoer is nie bang vir die fisieke aspekte van die spel nie en het ook die bal goed gedra. Bezuidenhout het by die afbreekpunte vir Boishaai besig gehou. Slabbert is \u2019n speler wat beter speel hoe tawwer \u2019n wedstryd raak. Hy het ook sy gebruiklike drie gedruk. Slabbert het vanjaar al tien keer vir Grey agter die doellyn gaan kuier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die bonkige stut, Callie Janse van Vuuren was soos altyd toe hy sy speelkans van die plaasvervangersbank gekry het, moeilik om grond toe te bring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het voor di\u00e9 nederlaag vanjaar nog slegs teen Hamilton Boys\u2019 High van Nieu-Seeland (11-15) in die eindstryd van die jaarlikse internasionale toernooi van Sanix in Japan verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het met die omdraaislag \u2019n naelskraapse voorsprong van 7-5 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na rustyd het Grey se heelagter, Louwtjie Steenkamp met \u2019n strafdoel geslaag, maar weens die regoppale wat so kort is het die grensregters nie die skop oorgegee nie. Slabbert het sy drie kort hierna gedruk en waarskynlik verhoed dat di\u00e9 skop se verhaal die meeste aandag na die wedstryd geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Drie minute voor die einde van die wedstryd het Boishaai se heelagter, Ryan Lafite met \u2019n strafdoel poging die kans gehad om aan sy span \u2019n voorsprong van 13-12 te gee. Die skop was slegs 33 meter van die pale af, maar weens die sterk wind van voor kon Lafite se skop nie pale haal nie.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Grey-kollege 15 (5) \u2013 <\/b>Drie\u00eb: Glenn Erickson, Henry Slabbert. Doelskop: Louwtjie Steenkamp. Strafdoel: Steenkamp. <b>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 10 (7) \u2013<\/b> Drie: Tristan Solomons. Doelskop: Ryan Lafite. Strafdoel: Lafite.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van Grey-kollege is na sy oorwinning van 15-10 oor die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl op laasgenoemde se tuisveld die enigste van die land se voorste skolespanne wat nog met \u2019n onoorwonne rekord spog. Die tuisspan het egter Grey se onoorwonne status behoorlik op die proef gestel. Die span van die Rosestad se verdediging [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6102","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6102","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6102"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6102\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6102"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6102"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6102"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}