{"id":6107,"date":"2014-05-26T08:30:01","date_gmt":"2014-05-26T08:30:01","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/louis-botha-te-sterk-vir-jf\/"},"modified":"2014-05-26T08:30:01","modified_gmt":"2014-05-26T08:30:01","slug":"louis-botha-te-sterk-vir-jf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6107","title":{"rendered":"Louis Botha te sterk vir JF"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DIE eerste rugbyspan van Louis Botha gaan moeilik in die Vrystaatse A1-liga gestuit word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was Saterdag op sy tuisveld duidelik in sy kliniese oorwinning met 57-32 oor die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het van meet af aan sy stem dik gemaak en het vroeg \u2019n drie onder die pale gaan druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF het egter geantwoord met \u2019n drie deur sy losskakel, Tiaan Schutte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Schutte was by verre die besoekers se beste speler en hy het sy agterlyn \u2019n hele paar keer momentum probeer gee. JF kon egter nie daaruit munt slaan nie en klipharde verdediging van die tuisspan het sy agterlyn dikwels op die agtervoet gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF het nog \u2019n drie gaan druk n\u00e1 \u2018n slim steekskoppie deur Schutte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit tuisspan het weer gaan druk en Schutte het twee reuse strafdoele, van agter sy eie halflyn, deur die pale geklits.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daarna was dit egter eenrigtingverkeer met Louis Botha wat soos \u2019n rooi stoomroller begin lyk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die rustydtelling van 21-18 het gou vir Louis Botha gerek n\u00e1 lemoentyd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Met die skrumskakel, Shirwin Cupido, wat sake soos \u2019n poppemeester beheer het, het die tuisspan onstuitbaar begin lyk. Sy flank Gopolang Molefe, senter Ali Mgijima en heelagter, Jeandr\u00e9 Christian, het uitgeblink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was veral Molefe se vaart wat die oog gevang het. Hy het twee drie\u00eb gedruk na sterk lopies die verdedigers raadop gehad het. Die balvaardigheid van die tuisspan was vertommend goed en die intensiteit waarmee hulle gespeel het baie hoog.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF het nooit gaan l\u00ea nie en het tot aan die einde vir nog drie\u00eb bly veg. Die besoekers was met tye hul eie grootste vyand. Doelloose hangskoppe het slegs balbesit aan Louis Botha se gevaarlike agterlyn terugbesorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir JF het sy flank Petri Kleynhans en haker, Hanno Spies, goed verdedig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U3101475271859KI\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Sentraal het weer op die wenpad teen Sand du Plessis gekom, <b>berig Hannes Nienaber<\/b>. Tralies moes egter sweet om Sannies met 29-24 die onderspit te laat delf\/<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se flank Ben Kok en slot Fanie du Randt het die noemenswaardigste bydraes tot die sege gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310147527185DdD\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>In die Vrystaatse B1-afdeling het President Steyn dit duidelik gemaak dat hy vanjaar nie sommer gestuit gaan word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het sy naaste teenstander in die liga, St. Andrew, met 37-0 gekarnuffel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Steyners se vleuel, Lee-hane Ontong het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die grondslag vir die sege is egter deur die wenspan se verdediging gel\u00ea. Saints kon net nie gapings in Steyners se verdediging vind nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort het te veel skietgoed vir Ho\u00ebrskool Bloemfontein gehad en 63-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se loskopstut, Hanno Terblanch\u00e9 het met sy kraglopies verdedigers uit die pad geloop. Hy is vir sy goeie spel met \u2019n driekuns aan drie\u00eb beloon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skakelpaar van Zandr\u00e9 Groenewald en Henco de Wet het ook goed vertoon. Groenewald se diens aan De Wet was van hoogstaande gehalte en die losskakel het met sy balverspreiding op die goeie besit voortgebou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fichardtpark het sy rieme teen Duineveld met 17-12 vasgeloop. Vir die wenspan het die losskakel Etienne Kruger, flank Adriaan Burger en skrumskakel Marius Ellis puik vertonings in die sege gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Louis Botha 57 (21) \u2013 <\/b>Drie\u00eb: Gopolang Molefe (2), Jeandr\u00e9 Christiaan, Ali Mgijima, Shirwin Cupido, Patrick Mbangi, Yamnkelani Ngodwana, Victor Maruping. Doelskoppe: Christiaan (7). Skepdoel: Cupido. <b>Jim Fouch\u00e9 32 (18) \u2013 <\/b>Drie\u00eb: JP Steyn, Hanno Spies, Ian Trollip, Tiaan Schutte. Doelskoppe: Schutte (3). Strafdoele: Schutte (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Sentraal 29 (19) \u2013<\/b> Drie\u00eb: SJ Fourie, Kobus Lombard, AJ Page, Brendan Snyman. Doelskoppe: DP de Lange (3). Strafdoel: De Lange. <b>Sand du Plessis 24 (10)<\/b>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Duineveld 17 (10) \u2013<\/b> Drie\u00eb: Bart Saayman, Marius Ellis. Doelskoppe: Ruan Matthews (2). Strafdoel: Matthews. <b>Fichardtpark 12 (5) \u2013<\/b> Drie\u00eb: Luan Louw, Emile Cloete. Doelskop: Stefan Klopper.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>President Steyn 37 \u2013<\/b> Drie\u00eb: Lee-hane Ontong (3), Kobus van Tonder, Fanie Griesel, Niel Smith, Lukas Smith. Doelskop: Niel Smith. <b>St. Andrew 0<\/b>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Brandfort 63 \u2013<\/b> Drie\u00eb: Hanno Terblanch\u00e9 (3), Pieter Reynecke (2), Berto Janse van Rensburg, Henco Pieterse, Henco de Wet, Zandr\u00e9 Groenewald. Doelskoppe: De Wet (9). <b>Ho\u00ebrskool Bloemfontein 7<\/b>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Hendrik Potgieter 31 \u2013<\/b> Drie\u00eb: Danie Muller (2), Charl Coetzee, Hans van Schalkwyk, William Casselman. Doelskoppe: Muller (3).<\/span> <b>Martie du Plessis 5<\/b>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Louis Botha gaan moeilik in die Vrystaatse A1-liga gestuit word. Dit was Saterdag op sy tuisveld duidelik in sy kliniese oorwinning met 57-32 oor die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9. Die tuisspan het van meet af aan sy stem dik gemaak en het vroeg \u2019n drie onder die pale gaan druk. JF het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6107","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6107","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6107"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6107\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6107"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6107"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6107"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}