{"id":6112,"date":"2014-05-29T04:51:03","date_gmt":"2014-05-29T04:51:03","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gehuurde-spelers-dryf-affies-uit\/"},"modified":"2014-05-29T04:51:03","modified_gmt":"2014-05-29T04:51:03","slug":"gehuurde-spelers-dryf-affies-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6112","title":{"rendered":"\u2018Gehuurde\u2019 spelers dryf Affies uit"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria het besluit dat vanjaar se rugby-kragmetings met onderskeidelik Garsfontein en Menlopark nie di\u00e9 jaar sal plaasvind nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk het die redes vir ons besluit persoonlik aan mnr. Leon Bantjes (hoof van Garsfontein) oorgedra. Affies het \u2019n beleid dat ons nie teen skole sal speel wat van sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik maak nie,\u201d het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Edwards gaan dit ook suiwer oor die deelname van Affies se seuns. Interskole-byeenkomste waar al die spanne van die skool speelkans kry, geniet voorrang bo ander geleenthede.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit is hoekom ons jaarliks teen skole soos Grey Kollege, Boys High, Maritzburg College en Waterkloof speel.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns groot probleem is die feit dat o.19-spelers van die hele land (deur sekere skole) bymekaar gemaak word. Skole vanuit die Kaap waarmee ons \u2019n goeie verhouding het, is woedend oor van hul spelers wat afgerokkel is,\u201d het Edwards ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Francois de Kock, Garsfontein se hoof van rugby, het ges\u00ea dat hoewel hulle teleurgesteld is, eerbiedig hulle Affies se besluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tesame daarmee dat die wedstryde boonop in die eksamentyd sou plaasvind, is daar volgens di\u00e9 voormalige Springbok-heelager te veel op die spel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd teen Menlopark sou aanvanklik op 15 Maart beslis gewees het, dit is egter geskuif na 4 Junie omdat Affies weens die ho\u00eb re\u00ebnval destyds nog nie proewe kon hou nie. Di\u00e9 wedstryd van 4 Junie is afgestel oor dit in eksamentyd sou plaasvind. \u201cOns interskole met Menlopark is nie af nie. Ons sal volgende jaar teen hulle speel,\u201d het Edwards ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel Affies se eerstespan nie vanjaar die krag is wat hy verlede jaar was nie, tel die skool se juniorspanne onder die voorstes in die land.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie wedstryde teen Affies was veral vir ons junior-spanne belangrik ter voorbereiding vir die Beeld-trofee. Hulle sou ons junior-spanne se grootste toets in die liga gewees het,\u201d het Dean van der Watt, rugbyhoof van Menlopark, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Edwards s\u00ea voorts ook dat gerugte wat die ronde doen dat hulle bang is, van alle waarheid ontbloot is. \u201cAs ons bang was, sou ons nie teen skole soos Grey-kollege gespeel het nie,\u201d het Edwards ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het verlede Saterdag \u2019n naelskraapse sege van 21-20 oor Centurion behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion het Menlopark vroe\u00ebr vanjaar met 35-32 getroef. Affies se onttrekking teen Menlopark het waarskynlik die span se kanse om bo Centurion op die puntelys te eindig be\u00efnvloed.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark se nederlae teen Waterkloof (55-30) en Garsfontein (41-29) beteken dat die span se kragmeting met Eldoraigne op 21 Junie nou waarskynlik sal bepaal wie die Blou Bulle se vierde span in die Makro-afdeling van die Beeldtrofee sal wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span wat vierde in die Bulle se liga eindig, speel uit teen die wenner van die afdeling waarin Wonderboom, Montana, Zwartkop en HTS John Vorster meeding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit maak di\u00e9 span se pad in die Beeldtrofee aansienlik moeiliker as die voortste drie spanne in die liga.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nadat verskeie skole in die verlede teen Affies onttrek het, het di\u00e9 skool verlede jaar gevra dat dit op die Blou Bulle se ho\u00ebrskole-vereniging se jaarvergadering bespreek word. Daar is besluit dat \u2019n skool al sy sal verbeur as hy onttrek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die besluit raak Affies egter nie omdat hulle nie aan die Beeldtrofee deelneem nie.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria het besluit dat vanjaar se rugby-kragmetings met onderskeidelik Garsfontein en Menlopark nie di\u00e9 jaar sal plaasvind nie. \u201cEk het die redes vir ons besluit persoonlik aan mnr. Leon Bantjes (hoof van Garsfontein) oorgedra. Affies het \u2019n beleid dat ons nie teen skole sal speel wat van sogenaamde post-matrieks of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6112","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6112","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6112"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6112\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6112"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6112"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6112"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}