{"id":6114,"date":"2014-05-31T06:43:10","date_gmt":"2014-05-31T06:43:10","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/garsies-se-oor-huursoldate\/"},"modified":"2014-05-31T06:43:10","modified_gmt":"2014-05-31T06:43:10","slug":"garsies-se-oor-huursoldate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6114","title":{"rendered":"Garsies s\u00ea oor \u2018huursoldate\u2019"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Garsfontein het gister teruggeslaan op beweringe deur die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool Pretoria dat hulle van sogenaamde \u201chuursoldate\u201d en post-matrieks gebruik maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is luidens \u2019n verklaring wat gister deur Garsfontein uitgereik is. Affies het aan sy interskole teen Garsfontein onttrek weens sy beleid dat hy nie teen skole speel wat sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik inspan nie. Affies se skoolhoof, dr. Pierre Edwards het dit as vernaamste rede voorgehou hoekom die twee skole se wedstryde afgelas is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaar is geen post-matriek in Garsfontein se span nie, soos beweer word. Die persepsie word geskep dat Garsfontein leerders doelbewus een akademiese jaar terughou ten einde \u201couer\u201d spelers in spanne te h\u00ea \u2013 dit is van alle waarheid ontbloot en ons rekords kan dit staaf. Voorts, Affies het onlangs teen ander bekende skole gespeel, wat 19-jariges in hul span gehad het. Affies het selfs ook al met 19-jarige seuns gespeel.\u201d lui die verklaring deur Garsfontein.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het gister gese dat hulle nie verdere kommentaar oor die aangeleentheid sal gee nie. Di\u00e9 skool voel hulle het reeds hulle redes vir die afstelling van die wedstryd verskaf en het niks om daarby te voeg nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit is vreemd dat die eksamen nou skielik voorgehou word as rede vir die onttrekking. Toe die wedstryde geskeduleer is, was albei skole bewus dat dit in die eksamen sou gebeur. Garsfontein het gevolglik pro-aktief planne gemaak om die seuns te akkommodeer. Dit laat mens wonder oor die werklike redes vir hul onttrekking aan die wedstryde teen twee topskole, Menlopark en Garsfontein. Dr. Edwards is geen verduideliking aan Garsfontein verskuldig nie \u2013 net aan sy eie skool se kinders en ouers,\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit is betreurenswaardig dat dr. Edwards na leerders in \u2019n skool as \u201chuursoldate\u201d verwys en is ook hoegenaamd nie ter ondersteuning van die wyer transformasie-inisiatiewe in ons land nie,\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Edwards gaan dit ook oor die deelname van Affies se seuns. Interskole-byeenkomste waar al die spanne van die skool speelkans kry, kry voorrang bo ander geleenthede.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Garsfontein is hulle nie \u2019n seunsskool wat soveel spanne in die veld kan stoot nie. Die skool se aantal rugbyspanne het egter die afgelope vier jaar van tien tot 15 spanne toegeneem. Die skool se leerlinge was glo so entoesiaties dat hulle selfs in \u2019n posisie was om 16 spanne teen Affies te laat speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies kom vandag op sy tuisveld teen Eldoraigne in \u2019n Beeldtrofee-wedstryd te staan. Affies speel teen Jeppe Boys\u2019 High op laasgenoemde se tuisveld in Johannesburg om 13:30.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Garsfontein se volledige verklaring:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p><strong>REAKSIE OP BERIG IN BEELD VAN 29 MEI 2014 <\/strong><\/p>\n<p>Dit is nie die beleid van Ho\u00ebrskool Garsfontein om in die openbaar in oor en weer bewerings met ander skole betrokke te raak nie, maar wanneer onwaarhede en verdraaide opinies versprei en kinders en ouers daarmee verneder word, is \u2018n sterk reaksie nodig, nie net ter wille van die integriteit van ons kinders en ouers nie, maar ook ter wille van die waarheid. Gevolglik volstaan Ho\u00ebrskool Garsfontein met die onderstaande verklaring, terwyl ander sensitiewe aspekte regstreeks met die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool opgeneem sal word.<\/p>\n<p><strong>Stelling:<\/strong> In Beeld van 29 Mei, bladsy 3 staan geskryf: \u201cAffies het \u2019n beleid dat ons nie teen skole speel wat sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik nie,\u201d het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, ges\u00ea.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Antwoord 1:<\/strong> Eerstens, akademie is die belangrikste prioriteit by Ho\u00ebrskool Garsfontein en dit sal altyd so bly (ons top-posisie as akademiese skool in Gauteng is voldoende bewys hiervan). Tweedens, daar is geen post-matriek in <br \/>Garsfontein se span nie, soos beweer word. Die persepsie word geskep dat Garsfontein leerders doelbewus een akademiese jaar terughou ten einde \u201couer\u201d spelers in spanne te h\u00ea \u2013 dit is van alle waarheid ontbloot en ons rekords kan dit staaf. Voorts, die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool het onlangs teen ander bekende skole gespeel, wat 19-jariges in hul span gehad het. Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool het selfs ook al met 19-jarige seuns gespeel. Bowenal was die <br \/>Beeldreeks sedert sy ontstaan \u2018n o.19-reeks.<\/p>\n<p><strong>Antwoord 2:<\/strong> Garsfontein se beheerliggaam het in 2011 besluit dat ontwikkeling, transformasie en integrasie op alle vlakke van skool moet gebeur. As top Afrikaanse skool in Pretoria het ons die leiding op die gebied geneem.&nbsp;Gevolglik word geleenthede vir leerders van dieselfde kulture en taal op verskeie vlakke geskep, nie net op sportgebied nie, maar ook op die gebied van kultuur, akademie en sorg. Die huidige leerders in die eerste rugbyspan is dus nie soos beweer word huursoldate nie, maar is deel van die stelsel wat nou in sy vierde jaar is.&nbsp;<\/p>\n<p>Verskeie van die oud-leerders het reeds verlede jaar matriek met groot sukses geslaag in \u2018n jaar waar Garsfontein as top akademiese skool in Gauteng aangewys is deur die Gauteng departement van onderwys. Dit is <br \/>betreurenswaardig dat dr. Edwards na leerders in \u2018n skool as \u201chuursoldate\u201d&nbsp;verwys en is ook hoegenaamd nie ter ondersteuning van die wyer transformasie-&nbsp;inisiatiewe in ons land nie. Die geleenthede wat geskep word vir hierdie leerders word ongelukkig totaal misken deur die bewerings.<\/p>\n<p>In verskeie gevalle is Ho\u00ebrskool Garsfontein deur die leerders en ouers genader,&nbsp;waarna die versoek deeglik evalueer is voor \u2018n besluit geneem is. Talle sosiale&nbsp;faktore word in so \u2018n besluit in ag geneem en deeglike kommunikasie en&nbsp;terugvoering oor die leerders se totale vordering word gereeld aan ouers&nbsp;verskaf.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stelling:<\/strong> Volgens Edwards gaan dit ook oor die deelname van Affies se seuns.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Antwoord 1:<\/strong> Garsfontein is nie \u2018n seunskool nie en die oorhoofse doel is om&nbsp;totale opvoeding te verskaf aan alle leerders. Deelname aan \u2018n aktiwiteit is uiters&nbsp;belangrik vir Garsfontein. Sedert Garsfontein vier jaar gelede met die&nbsp;ontwikkelings- en transformasieproses begin het, het die aantal rugbyspanne&nbsp;van 10 tot 15 toegeneem. Dit is dus nie \u2018n \u201cwenmotief ten alle koste\u201d aspek nie,&nbsp;maar van groter belang is om geleentheid vir deelname aan soveel as moonlik&nbsp;leerders te bied. Dieselfde geld ander sportoorte en op die vlak van kultuur waar&nbsp;deelname sterk gegroei het. Dit toon dat indien \u2018n projek reg aangepak word,&nbsp;sukses moontlik is. So entoesiasties was die leerders om te speel dat&nbsp;Garsfontein in \u2018n posisie was om 16 spanne teen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool&nbsp;te laat deelneem \u2013 meer as wat in die vermo\u00eb van baie ander gemengde skole&nbsp;is.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Antwoord2:<\/strong> Dit is vreemd dat&nbsp;die eksamen nou skielik voorgehou word as rede vir die&nbsp;onttrekking. Toe die wedstryde geskeduleer is, was albei skole bewus dat dit in&nbsp;die eksamen sou gebeur. Garsfontein het gevolglik pro-aktief planne gemaak om&nbsp;die seuns te akkommodeer. Dit laat mens wonder oor die werklike redes vir hul&nbsp;onttrekking aan die wedstryde teen twee topskole, Menlopark en Garsfontein,&nbsp;albei op hulle voorstoep. Dr Edwards is geen verduideliking aan Garsfontein&nbsp;verskuldig nie \u2013 net aan sy eie skool se kinders en ouers.<\/p>\n<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Garsfontein het gister teruggeslaan op beweringe deur die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool Pretoria dat hulle van sogenaamde \u201chuursoldate\u201d en post-matrieks gebruik maak. Dit is luidens \u2019n verklaring wat gister deur Garsfontein uitgereik is. Affies het aan sy interskole teen Garsfontein onttrek weens sy beleid dat hy nie teen skole speel wat sogenaamde post-matrieks of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6114","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6114\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}