{"id":6119,"date":"2014-06-06T09:56:56","date_gmt":"2014-06-06T09:56:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/eg-jansen-monnas-en-garsies-bult-spiere-in-beeldtrofee\/"},"modified":"2014-06-06T09:56:56","modified_gmt":"2014-06-06T09:56:56","slug":"eg-jansen-monnas-en-garsies-bult-spiere-in-beeldtrofee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6119","title":{"rendered":"EG Jansen, Monnas en Garsies bult spiere in Beeldtrofee"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee vir makroskole, EG Jansen van Boksburg, het reeds vanjaar sy spiere in die Valke-streek gebult.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ander skole wat in die afdeling ook na vore getree het, is Monument van Krugersdorp, die <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg en Garsfontein van Pretoria.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel Monnas nog Saterdag teen Marais Viljoen in die Leeu-streek te staan moet kom, behoort die span sake teen Florries in die Leeu-eindstryd uit te spook. Florida het Marais Viljoen Saterdag met 31-12 getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ho\u00ebrskole Nelspruit en Middelburg speel m\u00f4re in die Pumas-streek se halfeindstryd teen mekaar. Middelburg het Saterdag \u2019n naelbyt-sege van 11-10 oor die Rhinos van Nelspruit behaal. Die HTS Middelburg se Rooi Bulle het reeds tot die Pumas se eindstryd deurgedring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Garsies het tot dusver alle teenstand weggevee in die Blou Bul-streek. Die kragmeting op 21\u2009Junie tussen Menlopark en Eldoraigne sal waarskynlik bepaal wie die Bulle se vierde span sal wees. Waterkloof en Centurion behoort die tweede en derde plekke in te neem. Die derde en vierde spanne sal teen onderskeidelik Montana en Wonderboom vir \u2019n plek in die Beeldtrofee se uitspeelrondes uitspeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die afdeling vir groot skole in die Leeu-streek is die Ho\u00ebrskool Linden nog onoorwonne met 25 ligapunte. <!--n\u00e1 vyf wedstryde. -->Die span se groot stryd teen die Ho\u00ebrskool Randburg vind volgende Saterdag plaas. Bas\u00adtion is tans in die tweede plek met 18 ligapunte en net een nederlaag \u2013 teen Linden.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In di\u00e9 afdeling in Mpuma-langa is Secunda tot dusver die voorste span in die Laeveld-streek met 218 punte. <!--aangeteken en net 29 in sy vier ligawedstryde tot dusver afgestaan-->Generaal Hertzog beklee die tweede plek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Ho\u00ebveld-streek is die Ho\u00ebrskool Standerton (15) en <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">die HTS Ligbron (13) boaan die puntelys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Luiperd-streek is Lichtenburg die enigste span wat al drie sy wedstryde in die eerste ronde gewen het. Die Ho\u00ebrskool Klerksdorp, Potchefstroom Gimnasium en Volkskool is egter <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">almal nog in die kompetisie. Klerksdorp speel Saterdag <!--in Potchefstroom -->teen Gimmies. <!--in die vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-kwalifiserende kragmeting tussen die Luiperds en Suidwestelike Distrikte. --><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die afdeling vir medium skole pak Bekker<!--op sy tuisveld--> vir Goudrif in \u2019n stryd wat sal bepaal wie die tweede plek op die puntelys by die Leeus sal inneem. Trinityhouse het sy boonste plek op die puntelys feitlik reeds verseker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee vir makroskole, EG Jansen van Boksburg, het reeds vanjaar sy spiere in die Valke-streek gebult. Ander skole wat in die afdeling ook na vore getree het, is Monument van Krugersdorp, die HTS Middelburg en Garsfontein van Pretoria. Hoewel Monnas nog Saterdag teen Marais Viljoen in die Leeu-streek te staan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6119","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6119","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6119"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6119\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6119"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6119"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6119"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}