{"id":6123,"date":"2014-06-06T11:59:33","date_gmt":"2014-06-06T11:59:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vs-keurders-besin-nog-oor-week-se-senterpaar\/"},"modified":"2014-06-06T11:59:33","modified_gmt":"2014-06-06T11:59:33","slug":"vs-keurders-besin-nog-oor-week-se-senterpaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6123","title":{"rendered":"VS-keurders besin nog oor week se senterpaar"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse skolerugby-keurders krap nog kop oor wie vir hulle die middelveld gaan beman in die 51ste Cravenweek wat in Middelburg gehou word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die vernaamste rede waarom die Vrystaatse Ho\u00ebrskole Rugby-vereniging (VHSRV) uitstel gevra het by Saru om sy span vir die toernooi te bevestig. Al die deelnemende unies moes verlede Vrydag reeds hul spanlyste bevestig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vrystaat hou egter nog vandag by die Ho\u00ebrskool Fichardtpark finale proewe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skadu-\u2009Cravenweek-span sal om 10:30 teen die skadu- Akademieweek-span uitdraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege se vleuel Charl Pretorius, asook Niell Stannard, is die Cravenspan se senters. Stannard draf op binnesenter uit nadat hy vroe\u00ebr vanjaar van vleuel na buitesenter vir Grey geskuif het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se eerstekeuse-buitesenter voor die Wildeklawer-toernooi, Julian Jordaan, sit op die plaasvervangersbank. Die skool se eerstekeuse-binnesenter, Mike Andrade, sal saam met Jim Fouch\u00e9 se JP Steyn die Akademie-span se middelveld beman.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Andrade en die losskakel DP de Lange is die twee spelers wat in 2012 die nasionale o.16-oefengroep gehaal het, wat op die oomblik nog moet uithaal en wys indien hulle vanjaar se Cravenweek wil bywoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog \u2019n speler in die Akademie-span, Henry Slabbert, kan dalk die ongelukkigste speler wees om nie die span na Middelburg te haal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slabbert, wat vanjaar skitterspel op flank vir Grey gelewer het, speel op agtsteman in die proewe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Al hoe daar vir hom plek in die span gemaak kan word, is as Victor Maruping van flank na slot in die plek van SJ Wessels of Jurie Burger geskuif word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander flank in die beginspan is De Wet Bezuidenhout, wat verlede jaar ook in die Vrystaatse uitsoekspan was en die agtsteman is Grey se kaptein Alex Jonker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op die plaasvervangersbank is Kian Skippers van Louis Botha op die oomblik die plaasvervanger indien \u2019n losvoorspeler beseer raak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha se senter, Dale Koopman, is op vleuel in die Cravenspan. Hy het verlede jaar ook as vleuel na die toernooi gegaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar moet genoem word dat Dwayne Wessels se spelpeil waarskynlik vir hom die regmerkie bo De Lange gegee het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wessels het sedert sy heldhaftige vertoning teen Paarl Gimnasium op die Wildeklawer-toernooi weekliks op sy goeie spel voortgebou.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse skolerugby-keurders krap nog kop oor wie vir hulle die middelveld gaan beman in die 51ste Cravenweek wat in Middelburg gehou word. Dit is die vernaamste rede waarom die Vrystaatse Ho\u00ebrskole Rugby-vereniging (VHSRV) uitstel gevra het by Saru om sy span vir die toernooi te bevestig. Al die deelnemende unies moes verlede Vrydag reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6123","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6123","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6123"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6123\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6123"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6123"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6123"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}