{"id":6124,"date":"2014-06-08T05:35:55","date_gmt":"2014-06-08T05:35:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paul-roos-net-net-bo\/"},"modified":"2014-06-08T05:35:55","modified_gmt":"2014-06-08T05:35:55","slug":"paul-roos-net-net-bo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6124","title":{"rendered":"Paul Roos net-net bo"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium behoort di\u00e9 seisoen as die beste Wes-Kaapse skolerugbyspan af te sluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span het net-net die ander aanspraakmaker om die Wes-Kaapse topspan te wees, die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, met 17-13 geklop. Die span van die Eikestad se heelagter Aidynn Cupido het, toe speeltyd reeds verstreke was, n\u00e1 \u2019n breekslag deur die skrumskakel Herschell Jantjies onder die pale gaan druk om aan sy span die sege te besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voor Cupido se drie het dit gelyk of die span van die Paarl, met die telling op 13-10 in sy guns, as die oorwinnaar van die veld af sou stap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kragmeting aan die einde van die seisoen tussen Grey-kollege en Paul Roos in Bloemfontein beloof om \u2019n riller te wees. Di\u00e9 wedstryd sal heel moontlik bepaal wie vanjaar die kroon as beste rugbyspan op skolevlak sal dra. Daar word in die Rosestad verwag dat meer as 18\u2009000 toeskouers die wedstryd sal bywoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen het op sy tuisveld in Boksburg nie veel probleme ondervind om die Ho\u00ebrskool Rustenburg met 57-15 te troef nie. Die manne van Rustenburg verdien egter lof dat hulle nooit die stryd gewonne gegee het nie. Die verloorspan se flank Brenden Esterhuyse en sy halfbroer die senter Danick Pheiffer het veral met hul spel be\u00efndruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir EG Jansen was sy heelagter Martin van Wyk op \u2019n veel ho\u00ebr vlak as enige ander speler op die veld. Van Wyk het drie keer gaan druk en ook die aanvoorwerk vir twee van die vleuel Juan Botha se vier drie\u00eb gedoen. Van Wyk se derde drie was die 100ste vir sy skool sedert sy o.14-jaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument gaan nie sommer vanjaar in die Leeus-streek om die Beeldtrofee geklop word nie. Di\u00e9 span het sy oorheersing in die liga met \u2019n oortuigende sege van 77-26 oor Marais Viljoen bevestig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het 13 drie\u00eb in die wedstryd ingeryg, waarvan die vleuel Armandt Grobler en Gavin Delport elk \u2019n driekuns behaal het. Grobler het in sy span se ander ligawedstryd teen Florida ook \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein is die eerste keer in die geskiedenis as die Blou Bulle se provinsiale Makro-skole kampioen gekroon. Garsies het Centurion met 64-28 uit die pad gevee om die liga onoorwonne af te sluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het net nie teen Affies gespeel nie. Affies het hom aan di\u00e9 twee spanne se kragmeting onttrek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het Eldoraigne met 44-18 getroef. Die wenspan het mooi kop gehou nadat Eldoraigne sake vroeg in die wedstryd beheer het. Affies se vaskopstut DP du Plessis het drie keer agter Eldoraigne se doellyn gaan kuier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rhinos van die Ho\u00ebrskool Nelspruit het hul plek in Mpumalanga se eindstryd van die Makro-skole bespreek deur die bordjies met 27-12 teen die Ho\u00ebrskool Middelburg te verhang. Middelburg het verlede week die Rhinos met 11-10 te verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit se losskakel Wessel Muller het 17 van sy span se punte via \u2019n drie, drie doelskoppe en twee strafdoele aangeteken. Nelspruit kom nou in die eindstryd teen HTS Middelburg te staan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het ietwat gesweet om HTS Drostdy met 13-10 onder te kry. Bishops het \u2019n wegholsege van 94-7 oor die Ho\u00ebrskool Bellville behaal, terwyl Oakdale-Landbou vir Tygerberg met 47-17 verslaan het.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paul Roos Gimnasium behoort di\u00e9 seisoen as die beste Wes-Kaapse skolerugbyspan af te sluit. Di\u00e9 span het net-net die ander aanspraakmaker om die Wes-Kaapse topspan te wees, die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, met 17-13 geklop. Die span van die Eikestad se heelagter Aidynn Cupido het, toe speeltyd reeds verstreke was, n\u00e1 \u2019n breekslag deur die skrumskakel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6124","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6124","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6124"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6124\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6124"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6124"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6124"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}