{"id":6126,"date":"2014-06-09T06:35:32","date_gmt":"2014-06-09T06:35:32","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wilgerivier-en-vrede-in-rillerstryd-in-die-oos-vrystaat\/"},"modified":"2014-06-09T06:35:32","modified_gmt":"2014-06-09T06:35:32","slug":"wilgerivier-en-vrede-in-rillerstryd-in-die-oos-vrystaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6126","title":{"rendered":"Wilgerivier en Vrede in rillerstryd in die Oos-Vrystaat"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">DIE Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort sal n\u00e1 sy vasbyt-sege van 24-20 oor die Ho\u00ebrskool Vrede nou in die halfeindstryd van die Oos-Vrystaatse liga teen Ficksburg te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die halfeindstryde van di\u00e9 liga vind volgende kwartaal in Frankfort plaas. Vrede sal in die ander halfeindstryd vir Reitz die stryd aans\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier het teen die omdraaislag reeds 24-6 teen Vrede voorgeloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het egter in die tweede helfte verwoed terug geveg en die verdedigende kampioen behoorlik die skrik op die lyf gejaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Wilgerivier se afrigter, Frans Crous, het sy span in die eerste helfte van sy beste spel nog die seisoen opgelewer, maar in die tweede helfte het die besoekers heeltemal te veel hanteerfoute begaan. Die span se verdediging was ook nie van goeie gehalte in die tweede helfte nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vrede se pak voorspelers het die oorhand in die tweede helfte gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Reitz se senter, NP Linde, het twee keer in sy span se oorwinning van 26-21 oor Ficksburg gaan druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Erasmus van Senekal het Ladybrand met 29-7 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville het \u2019n vriendskaplike wedstryd teen \u2019n vyftiental van Wesvalia van Klerksdorp gespeel en \u2019n oortuigende sege van 61-8 behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se flank, Drikus Klopper, is as speler van die wedstryd aangewys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die losskakel, WJ Crous, kon maklik met sy goeie vertoning ook met die toekenning weggestap het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die senterpaar, Derek Beeslaar en Merwe Snyman, het soos altyd ook goeie spel gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die kaptein en agtsteman, Sakkie Bester, ook goed vertoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die voorryman, Vuysili Pika wat in sy span se Cravenweek-stut, Armand van Wyk, se plek gespeel het, verdien ook \u2019n klop op die skouer vir sy vertoning.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>\u2022 Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wilgerivier 24 (24) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jan-Hendrik Muller, Gerrie Muller, Ricardo Frade, Stean Marais. Doelskoppe: Gerrie Muller (2). Vrede 20 (6).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Reitz 26 \u2013 Drie\u00eb: NP Linde (2), Morn\u00e9 Spies, Driaan Scheepers. Doelskoppe: Pieter Henn (3). Ficksburg 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">St. Andrew 43 \u2013 Drie\u00eb: Sam Lin, JR de Bruin, Mark Brown, Kyle Hartley, Mel Pienaar, Petri le Grange. Doelskoppe: Kevin Pretorius (5). Strafdoel: Pretorius. Bryanston 3.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sandveld 33 \u2013 Drie\u00eb: Michael Fulton (2), Michael Marx, Johan Fick, Spyker Potsane. Doelskoppe: Lucky Bobb (4). Salomon Senekal 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville 61 (28) \u2013 Drie\u00eb: Sakkie Bester (2), Merwe Snyman (2), Donovan van Wyk, Ricus Alkema, Drikus Kloppers, WJ Crous, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Crous (8). Wesvalia 8 (8).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort sal n\u00e1 sy vasbyt-sege van 24-20 oor die Ho\u00ebrskool Vrede nou in die halfeindstryd van die Oos-Vrystaatse liga teen Ficksburg te staan kom. Die halfeindstryde van di\u00e9 liga vind volgende kwartaal in Frankfort plaas. Vrede sal in die ander halfeindstryd vir Reitz die stryd aans\u00ea. Wilgerivier het teen die omdraaislag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6126","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6126","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6126"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6126\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6126"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6126"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6126"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}